Pinkstertyd

Pinkstertyd. Die tyd ná die Here opgevaar het na die hemel, die tien dae wat die dissipels moes wag vir die uitstorting van die Heilige Gees op Pinkstersondag. Pinkster was nog altyd vir my ‘n spesiale tyd. Kleintyd se bidure op Ouplaas vir tien aande lank. Later Protem, in Kluitjieskraal se saaltjie. Bredasdorp se groot kerk.

Die baie sing, ek dink dit is maar wat dit vir my ekstra kosbaar gemaak het. Die baie liedjies wat ons elke aand gesing het, alreeds van ‘n kwartier voor die tyd af. Die hele Hallelujaboek deur. Later die rooi Jeugsangbundel en die groene. Nog later die saambestelde boek wat ons gemeente self opgestel het. Die gemeentelede se boekies was blou, die kerk se eiendom blou. Of andersom. Nou sing ons wanneer die diens begin om 7 nm drie liedjies. Tjop-tjop en dis verby. Maar steeds baie lekker. Dit is altyd lekker. Die ou mense het die Hallelujas so lekker getrek, nou is dit kosbare herinneringe. Snaaks, die Psalms en Gesange wat tydens eredienste gesing is, het die mense nie voluit gesing nie. Asof hulle bang was om te sing. Netnou hoor iemand anders hulle. Hoekom sou dit wees? Dit is ook nie meer so nie. Of dalk word die begeleiding harder gespeel en dan sing die mense beter saam.

Dit is nou weer Pinkster hierdie week. Gisteraand toe ek my vinnig moet regmaak vir die diens, kies ek warm klere. Want dit is koud. Vanoggend is dit nat en koud hier by ons. Wonderlik! Ag, dit sal so goed wees vir die gesaaides. Ons wêreld is besig om in ‘n prentjieparadys te verander met die groot reën van twee weke gelede, weer lekker reën verlede week en nou al weer ‘n bietjie. Ons is dankbaar verby!

Ek sien myself kleintyd in so ‘n pragtige kerkrokkie met ‘n jassie van dieselfde materiaal bo-oor. My ma het my mooi aangetrek. Tè mooi eintlik. My mooi klere het soms my persoonlikheid oorheers. Die mooiste kerkrokke. Een aand in Pinkstertyd was daar nog kuiergaste en ek het solank gaan bad. Beslis te lank gebad en toe ek, netjies aangetrek, uit die badkamer kom, was my pa reeds weg. Hy het nie besef dat ek wou saamgaan nie. Ek was bitter hartseer daaroor.

Vanjaar is dit ‘n nat Pinkster. Hoeveel keer het ons saans gery terwyl die stof wie weet waar trek. Uiters droog. Nat en droog. Die weer. Dit speel maar altyd ‘n rol in ons boerelewens. Pinkstertyd is gewoonlik in saaityd hier by ons. Daarom dat ek dit nog meer ervaar, die nat en die droog. Vanjaar is dit nat. Hoe wonderlik! Ja, ek lees van Struisbaai Noord wat nog steeds onder water is en my hart gaan ook uit na hulle.

Toortsie

6 thoughts on “Pinkstertyd

  1. Tradisie wat begin het by Ds van Lingen in die Strooidakkerk, Paarl. Sy pa was ‘n sendeling wat onder uiterste omstandighede gewerk het. Wyle Elsa Joubert het dit beskryf in Die Missionaris.

    Liked by 1 person

    1. Ja, en dit is vanjaar presies 160 jaar later, dink ek. Ek is nou nie seker van die getal nie. Dit is ‘n wonderlike tradisie. Het dit nie gevolg na ‘n groot herlewing nie?

      Like

    1. Wat ek ook hierdie jaar telkens in my geestesoog gesien het was die twee groepe koshuiskinders. Die seuns aan die diakenkant en die ouderlinge aan die ouderlingkant.

      Like

Laat 'n boodskap na Toortsie Kanselleer antwoord

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s