Gehuggie

Ou woorde wat totaal in onbruik verval. Ons taal wat totaal verarm omdat Anglisismes mode geword het. Ons soek nie meer die goeie, gevestigde Afrikaanse woord nie, maar gryp die eerste die beste Engelse woord en Verafrikaans dit. En skep nuwe, lelike woorde terwyl daar reeds mooi Afrikaanse woorde bestaan. Die taal groei, sê hulle. Jaja, daar moet altyd nuwe Afrikaanse woorde geskep word vir nuwe dinge, maar hoekom die oues weggooi? Ook ek maak my skuldig daaraan. Jaarn in die plek van wol of hekeldraad of katoengare. Australianers in die plek van Australiërs. Venue in plaas van plek of lokaal. Van lokaal gepraat, die ‘lokale’ mense. God het vir ons iets in ‘stoor’.

Scrapy het ons hierdie week ‘n bloguitdaging gegee oor ou bokwoorde. Ek moet erken dat ek ook al die betekenis van ‘n hele paar van hulle vergeet het.

Gister lees ek in die nuwe, 2020-vertaling van die Bybel in Josua 15 die woord, gehuggie, raak. Kan jy nou meer! Ons het altyd gesê dat Ouplaas net ‘n gehuggie is en dan was ek altyd bang dat iemand aanstoot sal neem. Ek het gaan kyk in die 1983 vertaling en Die Boodskap. Hulle praat van omliggende dorpe en stede.

‘n Gehuggie is ‘n klein plekkie, te klein om regtig ‘n dorp genoem te word. Soos byvoorbeeld Ouplaas. Ouplaas het ‘n skool, ‘n winkel en ‘n kerksaal gehad en ‘n paar mense wat daar bly. En Protem en Klipdale.

Gehuggie is ‘n woord wat selfs in my kinderjare nie regtig gebruik is nie en as ek nie van Ouplaas af gekom het en my ma die woord geken het nie, twyfel ek of ek dit sou ken.

In ons huis het ons die woord, vaneffe, gebruik. Toe gaan ek dorp se skool toe en hulle gebruik netnou. In ons huis was vaneffe verlede tyd en netnou toekomende tyd. Ek het dit vaneffe gedoen, bedoelende ‘n rukkie terug. Ek gaan dit netnou doen, bedoelende oor ‘n rukkie. Nouja, ek het ook vaneffe vergeet. Dalk moet ek dit weer begin gebruik, sommer ter ere aan my pa.

In blogland praat ons van ‘n emmerskoplysie. Iemand vertel my nou die dag hy het gehoor van ‘n kluitklaplysie en per ongeluk al weer gepraat van die kissieklaplysie.

En ‘n toorts! My pa het van ‘n toorts gepraat. ‘n Flits, vir die wat nie weet nie. Ek dink tog maar ek moet die R5 000 aan die WAT betaal en toortsie by hulle koop. ‘n Mens kan ook R300 betaal, maar dan kan ander ook die woord koop. Met R300 deel jy die woord met ander, vir R5000 kry jy eienaarskap.

In my kinderjare het ons pakkies klei gekoop met ‘n paar kleure in die pakkie. Kort voor lank was al die kleure deurmekaar en het ek een groot grys bol klei gehad. Ons is tans besig om dit te skep met ons taal, ons geloof, ons kultuur, ons mense, ook selfs al seksualiteit. Met honde. Ons maak groot, grys massas. Alles dieselfde. Kleurloos. Grys.

Ag, nou ja, nuwe woorde kom, oues raak verlore, idioom is iets wat heeltemal vreemd geraak het. Nuwe dae, nuwe dinge.

Toortsie

32 thoughts on “Gehuggie

  1. Ek het ook R300 betaal vir n woord liefdesteleurstelling. Ek wou eenmaal die Engels daarvoor opsoek en het tot my skok agtergekom dat die woord nerens in n woordeboek is nie- nie in die Afr- Engelse woordeboeke nie en ook nie in die ou HAT nie.

    Liked by 1 person

  2. Ja-nee, die liewe anglisismes tog! Omdat ek nie Afrikaans as moedertaal gehad het nie’het ek skool Afrikaans geleer praat. Dis ‘n voordeel vir my gewees omdat my taal lank baie suiwer was as mens dit so kan noem. Selfs my uitspraak was amper meer suiwerder gewees ook. Nou ja, met die skoolhou saam en kinders wat ook maar onsuiwerhede gebruik raak mens gewoond aan die verandering van woorde. Dis steeds vir my lekker om suiwerder Afrikaans te gebruik. Die ouer woorde is ver my baie meer beskrywend as die aangenome woorde. Gehuggie was vir ons meer n huisie op sy eie. Dis goed om te weet wat ‘n gehuggie is. Lekker stof tot nadenke Toorts.

    Liked by 1 person

  3. ‘n Gehuggie is ‘n hamlet of village in Engels: ‘n klein plek waar die mense mekaar ken en vir mekaar help as dit nodig het. Hierdie woorde word deesdae ook min gebruik in Engels. Die Amerikaanse invloed op beide taale is groter as wat ons besef.

    Liked by 1 person

  4. Ik hoop dat dat mooie Afrikaans dat zo geweldig lijkt op mijn Vlaams niet verloren gaat.
    Ik vind het altijd zo geweldig als ik teksten in Het Afrikaans kan lezen.
    Groetjes uit Vlaanderen (samen met Nederland de voorouders van De Afrikaanse Boeren en dus de Moeder van Het Afrikaans)😀
    Theo

    Liked by 3 people

  5. Ek het nie gaan kyk nie, maar is die Engels van ń gehuggie dan iets soos ń “hamlet?” Ek het ook gedink ń gehuggie is ń klein, afgeslonsde enkel huisie. Jy leer ons mooi, Toortsie.

    Liked by 1 person

  6. Stem saam, soms voel dit reg. Soos emmerskoplysie. Want die idioom Hy het die emmer geskok beteken dat hy dood is. Dus is dit vir my mooier as die twee woorde wat genoem is, wat dit te letterlik maak. Ek hou van die figuurlike verwysing. Minder grafies. Ek stem saam – ek verpes verAfrikaansde woorde.

    Liked by 1 person

  7. YES!!!! Dan het ek sestig geword in ‘n gehuggie…Plooysburg in die Noord Kaap is presies net dit! Love die woord! SKuus….ons praat nou net van suiwer afrikaans en hier neuk ek nou weer die appelkar om…lief die woord!

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap na Dr Christa van Staden Kanselleer antwoord

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s