Wasdaguitdaging: Vrywillige hulp

Scrapydo se wasdaguitdaging vir hierdie week gaan oor vrywillige diens wat jy verrig sonder om iets terug te verwag. Sonder betaling. Net mooi vanoggend is dit presies waaroor Angus Buchan se boodskap gaan: Om juis hulle te dien wat vir jou niks kan teruggee nie. Hy verwys na Matteus 25:40:

Maar die Koning sal vir hulle sê, Amen. Ek sê vir julle: wat julle ook al vir een van hierdie geringste broers van My gedoen het, het julle vir My gedoen. (Die Bybel 2020-vertaling)

Maar dit is baie keer juis in daardie soort dien wat jy die meeste terugkry. Daar waar jy net met ‘n oop dienhart dien, oop geehart gee, wat die beloning soveel groter is as wat jy ooit so verwag. Daardie ‘Die Here sal u seën vir wat u doen.‘. Daardie verbaasde, bly gesigsuitdrukking. Daardie dankbaarheid. Daardie verligting wat iemand kry met ‘n TPM-sessie. Daardie ongeloof dat iemand hom raakgesien het en gehelp het.

Ons kan so maklik in ons eie lewe vasgevang raak dat ons die klein geleentheidjies wat oor ons pad kom om goed te doen, miskyk. Soos om ‘n ouer persoon te help om haar kruideniersware in die kar te laai. Soos om iemand wat ver loop met haar sakke vol inkopies, op te laai en ‘n geleentheid te gee tot by haar huis. Soos om ‘n leë joghurtbakkie vol lekkers of meer gesonde eetgoed te maak, selfs sop of oorskietkos en dit sommer net vir iemand te gee wat dit glad nie verwag nie, iemand wat jy selfs nie ken nie. Soos om vir iemand te bid, hoorbaar te bid. Soos om uit die bloute vir iemand te sê sy is mooi of dat sy ‘n mooi rok aanhet. Soos om die kerk of watter organisasie ookal te help by hulle sopkombuis. Soos om ‘n afspraak met ‘n kind te maak en vir hom ‘n heerlike tyd met baie aandag te gee en sodoende vir hom én sy mamma help. Soos om dalk ‘n kind wie se ma werk of een wat nie toegang tot goeie hulp het nie, op ‘n gereelde basis te help met sy huiswerk en hom sodoende vir hom ‘n beter toekoms te help skep. Soos om iemand te leer hekel of brei of watter vaardigheid ookal en vir hom daardeur ‘n deur oop te maak om dalk ‘n geldjie te verdien. Soos om op ‘n kerklike uitreik te gaan. Soos om vir ‘n kind ‘n boek te lees. Soos om vir die munisipale werkers wat in jou straat werk ‘n bietjie water of koeldrank aan te bied. Soos om van jou oorskietkossies in ‘n weggooibare bakkie te skep en dit vir iemand langs die straat te gee. Soos om ‘n serp te brei of te hekel en dit iewers oor ‘n boomtak te hang vir iemand wat dit nodig het. Soos om alles wat jy nie meer in jou huis wil gebruik nie, ou klere, komberse, vir hulle in nood te gee. Soos om uit te kyk vir iemand wat eensaam is is en hulle te nooi vir tee. Selfs net ‘n vriendelike glimlag vir iemand. Soos om musiek te maak in die kerk of om Sondagskool te gee.

Diens hoef nie moeilik of ongemaklik te wees nie. Soms is dit net nodig dat ons ons oë ‘n kleine bietjie oopmaak en rondkyk. Of soms vra dit van ons om net so effens buite ons gemaksone te beweeg …

Toortsie

9 thoughts on “Wasdaguitdaging: Vrywillige hulp

  1. Die weg beweeg uit jou gemaksone is baie nodig. Dankie, jy het hier sommer baie voorbeelde genoem van naaste hulp genoem. Ek het bv n seun gehelp toe hy matriek moes skryf. Hy het gereeld in die bib gekuier terwyl ek aan die s was. Hy was ouerloos en moes staande bly teen menigte leegle- ers. Hy het goed geslaag en jare na die tyd nog kontak behou veral met kersfees en my verjaarsdag.

    Liked by 1 person

    1. Ek noem dit Koninkrykswerk. Werk met ewigheidswaarde. Die beloning wat jy self daaruit kry deur te sien hoe die ander persoon floreer, is ongelooflik. Ek sien hoe mense groei danksy TPM. Fantasties.

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s