Ons is ‘n groep vroue, bloggers, en tussen ons klompie het ‘n dorp ontstaan, Rebusfontein. Iewers in Suid-Afrika. Iewers in ons lieflike land.
Hierdie hoofstuk sluit by ‘n menigte voriges aan. Jy sal dalk frons, jy sal dalk wonder. Ja, Rebus bestaan. Vir ons, en dalk vir jou.
Rebus is ons wegloop-plek, en soms ons wegkruipplek. Maar feite is, Rebus is ONS s’n.
As jy ooit lus is om deel te word, om deel te neem, sê net, en jou droom sal bewaarheid word.
Volg skakel https://fresh.inlinkz.com/party/7978d243e406473ca23727d75a9a2a46 om by die Inlinksblad te kom waar al die stories in hierdie reeks gelys word.
…………………………………………

Die Goue Vroue is besig om groot reg te maak vir die ABBA-partytjie. Groot, soos hulle mos maar kan! Una het afgeskop, sy wil graag kareoke. Natuurlik wil álmal nou saam kareoke, hoe ken julle ons dan? Aalsie het dadelik ywerig ons almal aan die werk gekry en ‘n verhoog gebou. As daar gekareoke wil word, het ons ‘n verhoog nodig. Man! Dit gaan ‘n lekker besigheid wees, hoor vir my.
En as daar gekareoke wil word, sal ons moet lyndans ook. Almal sal mos saam op die verhoog wees. Een (of almal) sing en ons danse moet daarby pas. Die choreografie moet reg wees, ons kan nie net op een plek staan en trap, trap, trap en nie weet wat om te doen nie, ons is mos professioneel. Of hoe?
Daarom, tussendeur oefen ons ons passies. Elke liedjie het sy eie passies, ek en van die ander Goues moes help uitwerk daaraan. Ons begin met I do, I do, I do, I do. Ons begin op die regtervoet, 8 passies vorentoe. Love me or leave me make your … dan staan ons stil op ons linkervoet en net met die regtervoet heen en weer vanaf choice, but believe me, I love (ook 8 passies, 4 maal heen en weer), dan in die rondte op een plek 8 passies you, I do, I do, I do, I do, I (dan op een plek, 8 passies, net links en regs) do, m, m, m …
Waar jy kyk loop iemand en passies oefen en sing. Party twee-twee. Soms sukkel ons. Party het twee linkervoete, terloops, ek wonder hoekom dit linkervoete is en nie twee regtervoete nie? Sommige kry dit makliker reg as ander. Ons help mekaar. Oral klink ABBA-liedjies op.
Daar kom WoordNoot en Una nou net aan, jy moet hulle net sien! Perfek! Elke stappie in ritme. Nee, hulle is reg, hoor! Skielik hoor ek Frannie se klokhelder laggie. “Hoekom lag jy so lekker, Frannie?” vra Positief. “Ek bekyk nou die spannetjie hier bo uit my toring uit. Dit is tog te mooi om almal te sien. Daar anderkant kom Appeltjie en VirgoC aan. Lyk my Virgo is ‘n bietjie onseker, Appeltjie is nou besig om vir haar mooi te wys hoe, sy sal mooi regkom. En Trommeltjies is heeltemal in vervoering, sy swaai haar lyf met toe oë. Dis tóé wat sy nie Una se Danie voor haar in die pad sien staan nie. Dit was so hittete of daar was ‘n groot ongeluk, maar gelukkig het hulle mekaar betyds gewaar. En jy moet vir Sonell sien! Sy het haar roeping heeltemal gemis! Sy moet ‘n ABBA-lyndanser word.” “Sowaar?”, sê Aalsie, “dan moet ons haar beslis voor op die verhoog plaas. Seegogga dans net so lekker. En julle moet vir Christa sien, ‘n mens sou sweer sy doen dit haar lewe lank! Maar julle, ek sukkel nog lekker, hoor. Daar by die in die rondte draai weet my voete nie lekker hoe en waar nie.” “Ag,” sê Positief, “ek sukkel ook hier en daar, maar jy moenie jou daardeur laat afsit nie. Ons gaan so mooi in ons kostuums lyk, so mooi sing, teen daardie tyd sal ons almal perfek wees.”
Ja, Abba word gehoor, gevoel, gesing, gedans, gedroom, gepraat … op Rebusfontein! Dit gaan GROOT wees. Dit gaan LEKKER wees! Want as ons Goue Vroue iets doen, doen ons dit VOLUIT. Ja! Lekkerrrrrrr!
Seegogga sal volgende vertel.
Toortsie
Ai Toortsie, hulle was my gunsteling groep. Chiqitita was my en my tweede kêrel se lied, dit is nou die een wat my gelos het vir ander meisie omdat ek die vakansie Ermelo toe was. En nie beskikbaar was nie. Natuurlik good ridance, al was my hart seer. My eerste twee kêrels het gerook, en ek het gepes om hulle te soen as hulle ‘n dampie gemaak het. Ek dans altyd op hulle musiek, sommer so met myself ….
LikeLiked by 1 person
Hulle musiek vra dat jy dans daarop. Uitstekende musiek. Ja, jou hart sou seer wees, maar kan jy jou indink aan ‘n lewe saam met die man waar jy elke sekond van die dag net beskikbaar moes wees vir elke hik en stik van hom af? 🙂 Gelukkig het die lewe vir jou heeltemal anders uitgedraai met ‘n wonderlike man, né 🙂
LikeLiked by 1 person
Hy was ‘n rebound. En gelukkig het ek sommer binne ‘n week of ses uitgevind hy is nie betroubaar nie.
LikeLiked by 1 person
Ai genade.
LikeLiked by 1 person
Glad nie, ek sink sommer net aan universiteit as ek die lied hoor. Nie aan hom nie, nog nooit eers probeer uitvind wat van hom geword het nie. Ek het nie tyd vir mans gehad nie. Was soet, het klas gedraf.
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLike
Ek was in standerd 4 in die koshuis toe ek abba gehoor het. Waterloo was toe n sukses. En vandag nog mooi
LikeLiked by 1 person
Ons het darem lekker mysiek gespeel in die koshuis. 😁
LikeLike
Mensig maar ons dans en sing lekker. Ek begin spiere voel wat ek nie meer geweet het bestaan nog nie. Wag, hier kom van die goues aan vir nog ń oefen sessie.
LikeLiked by 1 person
Aitsa!
LikeLike
Giegiegie 😊 dis ook net ‘n linkshandige wat sal wonder oor die twee linkervoete 😘
LikeLiked by 1 person
Natuurlik! 😁❤️
LikeLiked by 1 person
Nee kyk, my lyf kerm ook effe onder al hierdie ge-oefen! Dans kom nie sommer so vanself vir my nie, ek moet hard konsentreer! Het iemand vir my ń blonde pruik om te leen?
LikeLiked by 1 person
Ons moet soek daar in die kratte. 😁
LikeLike
😂😂😂
LikeLike
Of ons kan jou hare kleur!
LikeLike
Toort, my hare het met die jate dun geword! Ek soek ń welige bos blonde, gepermde krulle!
LikeLiked by 1 person
Jajaja ek verstaan. 😁
LikeLike
Lekker! My skoene is al amper deur gedans en die konsert het nog nie eens begin nie.
LikeLiked by 1 person
Praat jy!
LikeLike