Ons is ñ groep vroue, bloggers, en tussen ons klompie het ñ dorp ontstaan, Rebusfontein. Iewers in Suid-Afrika. Iewers in ons lieflike land.
Hierdie hoofstuk sluit by ñ menigte voriges aan. Jy sal dalk frons, jy sal dalk wonder. Ja, Rebus bestaan. Vir ons, en dalk vir jou.
Rebus is ons wegloop-plek, en soms ons wegkruipplek. Maar feite is, Rebus is ONS s’n.
As jy ooit lus is om deel te word, om deel te neem, sê net, en jou droom sal bewaarheid word.
Volg hierdie skakel om by die Inlinksblad te kom waar al die stories in hierdie reeks gelys word.
………
Met die Goue Vroue is daar net nooit ‘n vervelige oomblik nie. As hulle nie besig is om ‘n kalender saam te stel of kos te maak nie, besoek hulle ‘n kasteel, ontdek wonderlike geheime kamers en los sommer so terloops daardie land se politieke probleme ook op. Dit is immers hoekom die koning ons soontoe genooi het! Of hulle skryf die hartseer wat hulle uit hulle boek gesny het, terug. Die mooiste stories denkbaar.
Nou is ons lus vir partytjie hou. Soos in die ou dae. ‘n Regtige Rebusfonteinpartytjie. Una het ‘n rukkie gelede uitgespreek wat in ‘n klomp van ons se harte gelê het.
My eerste gedagte was ‘n ‘Punk Partie’ soos in die 80’s. Maar sien, ons klomp het ‘n manier om heeltemal uit te haak en ons wil darem nou nie vir die punks ‘n ding of twee wys nie. Dalk tog? Maar daar is iets anders wat al lank in sommige van ons se harte lê en dit is ‘n … ABBA partie. Ja!
So, dames, hier gaan ons! Vir die partytjie is daar heelwat reëlings wat getref moet word. Daar moet musiek gereël word, lyndans, kostuums, dekor, kos … ag julle weet tog wat alles! Elke Goue Vrou wat graag wil saamskryf, kan self besluit waarvoor sy verantwoordelik wil wees vir die partytjie. Ons gaan weer volgens ons verjaarsdagmaande skryf, maar hierdie keer van Desember af terug tot by Januarie. Laat waai! Kom vertel van die partytjie!

Wie is eerste? Desemberdames? Ons voete jeuk alreeds!
Toortsie
Klink nou na vet pret.
LikeLiked by 1 person
Ja! Kan nie wag nie!
LikeLiked by 1 person
Kriewel jou dansvoetjies ookal?
LikeLike
Ja man ek het die ritme en die moves!
LikeLiked by 1 person
Lekker man. Gaan n fees wees.
LikeLiked by 1 person
ABBA, my gunsteling!
LikeLiked by 1 person
Jy weet jy magsaamskryf as jy ‘n kansie kry. 😁
LikeLiked by 1 person
Sien uit om te kyk wat julle daarmee maak, ek lees graag.
LikeLiked by 1 person
Reg so. 😁❤️
LikeLiked by 1 person
Een van myne ook. Ek het later jare so hartseer gevoel vir die 2 vroue wat in die groep moes blyal was hul huwelike op die rotse
LikeLiked by 2 people
Ekke ook.
LikeLiked by 1 person