Kwaaikofski maak baie harte bly

Ons blogmaat, Christa, het mos ‘n baie slim kleinseun wat graag lees en dan is hy so oulik om resensies oor die boeke te skryf sodat ander oumas en mammas ook kennis neem van oulike boeke wat hy lees. Ek het toe sy raad gevolg en die eerste Kwaaikofski Omnibus op my Kindle gekoop wat ek vir my kleinseun gelees het toe ons kort gelede in die Kruger Wildtuin was.

Kwaaikofski deur Jürgen Banscherus vir 7-11 jariges

Ek en hy was mal daaroor. Ons het saans gelees voor ons gaan slaap het, maar soms ook in die bus en dis dan wat ek stilweg gegelimlag het, want wanneer ons van Kwaaikofski se stories gelees het, was almal in die bus tjoepstil en al sou hulle dit nie erken nie, het hulle almal geluister! Ja, almal in die bus weet van Kwaaikofski, die privaatspeurder wat die beste privaatspeurder in die stad is, al is hy net nege jaar oud.

Kwaaikofski los allerhande moeilike sake op, soos wie die kougom gesteel het, die spook in die skool, ens. En elke keer is sy betaling ‘n paar pakkies van sy gunsteling kougom.

Intussen het ouma sommer die tweede en derde omnibus ook bestel, in gedrukte formaat hierdie keer en toe die kleinkinders weer by oupa en ouma kom kuier het, het ons natuurlik saans daaruit gelees. En soms was die versoek in die oggend ook: “Ouma, lees asseblief vir ons van Kwaaikofski.”

Ja, Kwaaikofski het nie net my kleinseun se hart gesteel nie, maar ook my kleindogter s’n. Selfs al is dit eerder ‘n seuntjieboek, geniet dogters dit net so baie. Dis lieflike boeke vir voorlees, maar dit is in ‘n formaat gedruk dat kinders wat graag self lees, dit met gemak sal lees. Ons leer dat Kwaaikofski slim is, planne maak, en ook lojaal is, selfs teenoor sy ou vriend wat sy rug op hom gedraai het.

Ek hoop dat Christa se kleinseun nog baie boeke gaan voorstel, want hierdie ouma sit die ene oë en ore om te sien watter oulike boeke sy nog kan aanskaf om dit lekker te maak wanneer haar kleinkinders by haar kuier. Want saamlees is lekker.

Toortsie

23 thoughts on “Kwaaikofski maak baie harte bly

  1. Dis nou oulik. EK moet begin soek vir boeke vir n 14jarige seun en ‘n 13jarige dogter…vir Kersfees…laat weet asb as julle van iets weet. My stiefkleindogter is ook 14 maar sy lees nie kinder verhale nie. Sy lees grootmens spioenasie stories…..daai klink asof dit ek was. Het mos ook op so jong ouderdom Heinz Konsalik gelees!….Ja, jul kan maar na jul asem snak….Haha

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s