Fotostorie -Middagslapie

Dis jare gelede wat ons op ‘n John Deere toer was na Amerika en Duitskand. Wonderlik! Die borge het ons behoorlik bederf.

Ons was sowat 50 boere en boervrouens bymekaar en het elke moontlike John Deere fabriek besoek -die trekkerfabriek, stroperfabriek, enjins. Ook elke liewe John Deere winkel, die indrukwekkende hoofkantoor, tot die partestore in Duitsland. Ongelooflik! Ek het dit geweldig baie geniet.

Wat my opgeval het, is die ordentlikheid, die erkentlikheid van die mense wat in die fabrieke werk. Wanneer ons verby hulle stap, of in die groter fabrieke ry, stop hulle ‘n sekonde of twee om vir ons te kyk en te groet. Ook die presiesheid.

Wel, soms het ons moeg geword ook en was al plek vir ‘n middagslapie ‘n trekker se rim. Soos die foto vertel.

Toortsie

Fotostorie – Christa se bloguitdaging.

14 thoughts on “Fotostorie -Middagslapie

Gesels saam, asseblief!