
Iewers het ek ‘n resensie gelees van Hekel en word heel 2 wat my aandag getrek het. Ek het ook kennis geneem toe Hekel en word heel, die eerste een, uitgegee is. Die ding is, op daardie stadium is ‘n hele paar bundels uitgegee waarin mense van hulle swaarkry vertel, dis eintlik iets waarin ek belangstel, maar die sak boeke wat nog gelees moet word raak net groter en voller. Ek bedoel, ek het nog van CUM se boeke wat gelees moet word, maar ek het ook ‘n klomp boeke aangeskaf, boeke wat ek bitter graag wil lees, maar nie by uitkom nie. En ek is so besig met my hekelwerk en ander handwerke, ek sal minstens 200 of selfs ouer moet word om alles gedoen te kry voor ek doodgaan en dan is dit nie dat ek nog sommer weekliks ekstras bylaai nie, hoor!
Wat my toe trek van die tweede Hekel en word heel, is dat die hekelpatrone anders benader word. Jy neem jou mates, besluit self watter dikte en tipe wol jy gaan gebruik en volg dan hulle aanwysings. Want sien, ek het ‘n wakis vol wolle, maar as ek ‘n patroon soek, pas dit nie noodwendig by die wol wat ek het nie en koop dan maar nog. Maar hierdie boek se patrone sal ek kan aanpas by my wol wat ek het. Of nie. Al woord wat hulle graag gebruik waarmee ek nog nie gemaklik voel nie, is ‘jaarn’, maar dit is blykbaar al deurgetrap en wel ‘n erkende Afrikaanse woord. Een woord is beslis nie genoeg rede om die boek oor neer te sit nie.
So sit ek en blaai deur die boek, my eie een, sommer om na die mooi patrone te sit en kyk, wat ek begin om die stories te lees. En ek hou aan met lees en hou aan en kan dit nie neersit nie. Want niks is so mooi soos ‘n ware verhaal nie, veral as daar heelword in die proses was nie. Party van die stories is baie nader aan die vel as wat ek sou wou dink, party laat my hart ongemaklik klop omdat dit so bekend voel, net om te besef dat dit iets is wat ek ook al deur is, maar nie net deur nie, ook redelik ver heen verwerk het. Eintlik klaar verwerk het.
En dan is ek dankbaar. Dankbaar vir elke persoon wat deur haar pyn kon hekel of hoe sy dit ookal verwerk het, maar ook vir my eie lewe wat in God se hande is en dat Hy saam met my deur die oppe en awwe van die lewe gaan, dat Hy vir my kreatiwiteit gegee het om my in uit te leef. Ag, sommer vir alles.
As jy lief is vir lees en vir hekel, is dit nogal ‘n boek om aan te skaf, hoor!
Toortsie
Die lewe is ‘n lied as mens eers ontdek het wat vir jou lekker is!
LikeLiked by 1 person
O ja!
LikeLike
Ek het ook die resensie gelees en dadelik gaan kyk na boek. Dit lyk brslis na n boek om te he. Ek het jou 200 hekelblokke toe gekoop en reeds gekry. Dis darem maar mooi blokke en heel eenvoudig ook. O ja, eintlik wou ek se, die hekel no 2 is net in SA te koop en dis n pyn om dit te kry.
LikeLiked by 1 person
Ai toggie. Glad nie in e-formaat nie? Ek geniet my 200 blokkies baie.
LikeLike
Nope, ek het gesoek en niks gevind nie. Baie jammer daaroor. Ek is nou eers besig om vir Amelia n truitjie te brei. Moet eers klaar kom voor ek die blokkies gaan aanpak. Het self ook baie wolle om op te hekel.
LikeLiked by 1 person
Sit jy daar in jul huis langs die see ook en hekel?
LikeLiked by 1 person
Baie! En borduur! En brei. Maar ons is al weer by die huis. Dan kyk ek op en sien die see. 😁
LikeLike
Die naweek isvmog ni om ni! Ons ga more see toe vir 3 nagte
LikeLiked by 1 person
Lekker! Ons is tuis, maar ek verlang al weer see toe.
LikeLike