Dit bly darem maar opwindend!

Jy kan sê wat jy wil, sekere goed is elke keer tonekrullekker. Opwindend. Soos die eerste vrag graan wat ‘n boer elke jaar lewer. Soos die nuus van iemand wat swanger is. Soos wanneer jou eksamenuitslae uitkom. Soos wanneer jy ‘n vliegkaartjie bespreek het. Soos om die proef van jou nuwe boek vas te hou. Soos om ‘publish’ te druk om die e-boek waaraan jy so lank gewerk het, te publiseer.

Eers is daar ‘n fout en ek moet die formaat van die lêer wat ek wil oplaai, verander. Dan weer ‘ek aanvaar die voorwaardes’ regmerkie, blou knoppie … publish … you are number 2 in the queue. Jy sien hoe al die wieletjies draai. Hoeveel woorde? still calculating.

En DAN gebeur die dinge! Jou skerm flits. Daar kom ‘n e-pos in.! Congratulations! Your work, Toortsie’s Banting Bash! has been published on Smashwords and is now available for readers to sample and purchase.

Nou vir die ISBN. Hulle neem jou stap vir stap deur die storie. Het hom!

Nou eers kyk hoe dit lyk. Aflaai as epub. (dit is stressssvol!)

Dit lyk mooi! Dit gee hier en daar ‘n leê bladsy wat ek nie verstaan nie, ek sal gou daarna moet kyk. Mmmmm die foto’s kan ook ‘n bietjie groter. Laat ek dit dadelik doen.

Dis gedoen! Ek sal nog hier en daar ‘n klein ou bietjie wil skaaf, maar ‘Toortsie’s Banting Bash, die E-Boek is op die lug! Beskikbaar vir EPUB, Kindle, Kobo of watter formaat jy sou verkies. By Smashwords. En as jy kyk by Non -Fiction by Food, wys sit daar by Newest!

https://www.smashwords.com/books/view/1081230

Vertel jou Engelse vriende wat eerder die E-boek verkies. Ek het nog ‘n paar gedrukte kopië oor as hulle eerder dit verkies.

Toortsie

26 thoughts on “Dit bly darem maar opwindend!

  1. Wel gedaan Toortsie. Ek gaan beslis by jou kom aanklop sodra my kop reg is om weer eboeke te doen. Ek het so n klomp wat net volgens formaat gedoen moet word. Sal seker eendag weer daaraan verder werk. Ek is bly dis n engels boek nou kan my vriendinne self kyk om dit aan te koop as dit is. Hul brom altyd omdat die goed in afrikaans is as ek hul wys en daarvan vertel.

    Liked by 1 person

    1. Dankie. As ‘n mens hulle Style Guide stap vir stap volg werk dit gewoonlik. My voorblad moet nog ‘n bietjie groter kom, maar dit sal in die week gebeur. Die foto’s lyk reg, maar ek gaan hulle ook weer oplaai. Ek dink ek het ‘n bietjie te veel aan hulle geknip.

      Like

Gesels saam, asseblief!