Jy kan sê wat jy wil, sekere goed is elke keer tonekrullekker. Opwindend. Soos die eerste vrag graan wat ‘n boer elke jaar lewer. Soos die nuus van iemand wat swanger is. Soos wanneer jou eksamenuitslae uitkom. Soos wanneer jy ‘n vliegkaartjie bespreek het. Soos om die proef van jou nuwe boek vas te hou. Soos om ‘publish’ te druk om die e-boek waaraan jy so lank gewerk het, te publiseer.
Eers is daar ‘n fout en ek moet die formaat van die lêer wat ek wil oplaai, verander. Dan weer ‘ek aanvaar die voorwaardes’ regmerkie, blou knoppie … publish … you are number 2 in the queue. Jy sien hoe al die wieletjies draai. Hoeveel woorde? still calculating.
En DAN gebeur die dinge! Jou skerm flits. Daar kom ‘n e-pos in.! Congratulations! Your work, Toortsie’s Banting Bash! has been published on Smashwords and is now available for readers to sample and purchase.

Nou vir die ISBN. Hulle neem jou stap vir stap deur die storie. Het hom!
Nou eers kyk hoe dit lyk. Aflaai as epub. (dit is stressssvol!)

Dit lyk mooi! Dit gee hier en daar ‘n leê bladsy wat ek nie verstaan nie, ek sal gou daarna moet kyk. Mmmmm die foto’s kan ook ‘n bietjie groter. Laat ek dit dadelik doen.
Dis gedoen! Ek sal nog hier en daar ‘n klein ou bietjie wil skaaf, maar ‘Toortsie’s Banting Bash, die E-Boek is op die lug! Beskikbaar vir EPUB, Kindle, Kobo of watter formaat jy sou verkies. By Smashwords. En as jy kyk by Non -Fiction by Food, wys sit daar by Newest!
https://www.smashwords.com/books/view/1081230
Vertel jou Engelse vriende wat eerder die E-boek verkies. Ek het nog ‘n paar gedrukte kopië oor as hulle eerder dit verkies.
Toortsie
Veels geluk!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie 😁
LikeLike
Geluk niggie. Jy is voorwaar n entrepreneur
LikeLiked by 1 person
Dankie. Die uitdagingwaarde daarvan is onbeskryflik. Dit gaan vir my oor of ek dit kan regkry om dit te doen. 😁
LikeLike
Jy is ‘n ster – baie geluk!
LikeLiked by 1 person
Dankie liefste Frannie. Die proses is mos wat dit vir my lekker maak. 😁
LikeLiked by 1 person
Wel gedaan Toortsie. Ek gaan beslis by jou kom aanklop sodra my kop reg is om weer eboeke te doen. Ek het so n klomp wat net volgens formaat gedoen moet word. Sal seker eendag weer daaraan verder werk. Ek is bly dis n engels boek nou kan my vriendinne self kyk om dit aan te koop as dit is. Hul brom altyd omdat die goed in afrikaans is as ek hul wys en daarvan vertel.
LikeLiked by 1 person
Dankie. As ‘n mens hulle Style Guide stap vir stap volg werk dit gewoonlik. My voorblad moet nog ‘n bietjie groter kom, maar dit sal in die week gebeur. Die foto’s lyk reg, maar ek gaan hulle ook weer oplaai. Ek dink ek het ‘n bietjie te veel aan hulle geknip.
LikeLike
Dis goed so. Dis goed dat jy self die veranderinge kan maak. Ej weet die handleiding is baie goed vir Smashwords.
LikeLiked by 1 person
By myne gebeur daar nou net soms ‘n leë bladsy wat nie veronderstel is nie.
LikeLike
Dit het te doen met page breaks(dink ek)
LikeLike
Maar ek het dit in op die manier wat hulle dit voorstel. Mens gee mos nie regtig page breaks nie behalwe om te sê begin op nuwe blad.
LikeLike
Ek kan onthou dat ek ook leë blaaie gahad het . Op einde het ek dit tog opgelos maar moenie vra hoe nie want dis te lank terug wat ek dit gedoen het.
LikeLiked by 1 person
Ek het die gids so mooi gevolg. Sal maar weer alles deurkyk.
LikeLiked by 1 person
Congratulations 👏
LikeLiked by 1 person
Dankiedankie!
LikeLike
Baie geluk! Groot mylpaal, al moet daar nog geskaaf word
LikeLiked by 1 person
Ja dit voel baie lekker. 😁
LikeLike
Sjie, jybis nbdoring! Nou kan jy jou eie e-boekuitgewery begin!
LikeLike
My boek is nou weer onttrek. Sy inhoudsopgawe werk net die helfte. Weet glad nie wat fout is nie, want in Word werk dit reg. Is nou aan die soek.
LikeLike
Jy gaan dit nog regkry!
LikeLike
Jajaaa hoop so, maar as ‘n rekenaar se kop deurmekaar is …
LikeLike
Jy is tog te oulik. Geluk met die mylpaal, mag baie boeke verkoop
LikeLiked by 1 person
Dankie. Ek het dit onttrek, want sekerevan die skakels werk sowaar nou nie. Moet dit eers regmaak.
LikeLike
Ai, nee. Jy sal dit “figure” soos my Lienke kleinkind gesê het.
LikeLiked by 1 person
Ek lees nou weer die hele Style Guide. Iewers het ek iets anders gedoen. Of nie.
LikeLike