Ja, ons ken daardie gevoel. Iemand het ons verkeerd hanteer, iets aangedoen wat hulle nie moes nie. Eintlik kan ons nie daardie kwaad laat gaan nie, want die persoon verdien dit nie. Hy het nie eers om verskoning kom vra nie en sou jy hom daaroor konfronteer, sal hy dit ontken of homself regverdig. Daar is geen berou van sy kant af nie. Of dalk weet die persoon nie eers dat hy jou geaffronteer het nie. Maar jy dra die kwaad in jou hart. Soms selfs sonder dat jy dit besef. Jy sê selfs dat jy hom vergewe het, maar het jy? Die waarheid is, eintlik verdien hy glad nie daardie vergifnis nie.
Maar raak ‘n bietjie stil. Begin dink ‘n bietjie oor die situasie. Wat voel jy? Wat het gebeur? Teenoor wie voel jy kwaad/teleurgesteld/woedend/bitter of watter woord jy ookal wil noem? Dalk jouself?
Hoekom is jy kwaad vir die persoon? Wat het hy gedoen? Wat het hy ALLES gedoen? Skryf dit neer. Wat het hy nie gedoen nie? Wat moes hy gedoen het? Nog redes?
Ervaar jy huiwering om die kwaad te laat gaan? Wat dink jy gaan gebeur as jy die kwaad gaan laat gaan?
Die waarheid is dat jy nie die ander persoon gevange hou met jou kwaad nie, maar eerder jouself. Dat as jy die kwaad aanhou koester, jy self nie vorentoe kan beweeg nie. Dat jy nie regtig die ander persoon se gedrag met jou kwaad kan regkry of verander nie. Dat die ander persoon sy eie issues moet uitsorteer. Sy eie probleme. Dit waarmee hy sukkel. En dat ons, solank ons ons kwaad koester, aanhou kwaad bly, ons die doringboompies in ons brein toelaat om te groei, groter te word en skade toe doen aan ons eie liggaam en siel. En nee, die verkeerd wat die ander persoon doen of gedoen het, gaan nie reggestel word as ons nie meer kwaad is vir die persoon nie. Dit is sy dinge waarmee hy self moet regmaak in sy hart. Die verkeerd wat hy doen is nie nou skielik reg net omdat ons ons kwaad laat gaan nie.
Gestel jy voel om wel die kwaad wat jy voel teenoor die ander persoon (of jouself) te laat gaan, kan jy hierdie gebed bid:
Here, ek is baie kwaad vir (sy naam) omdat hy (noem op wat hy alles genoem het). Dit was verkeerd van hom om dit te doen, maar ek wil nie meer die kwaad dra nie. Ek kies om dit te laat gaan sodat ek vorentoe kan beweeg.
Gee jouself kans. Sien jy hoe jy die kwaad laat gaan? Voel jy dit?
En hoe voel dit nou daar? Daar waar die kwaad was? Voel jy steeds die kwaad? Voel jy beter?
Onthou om nou vir die Here te dank dat Hy jou hiermee gehelp het. Gee aan Hom die eer, want sonder Hom is geen vergifnis moontlik nie.
Deur dit te doen, het jy ‘n toksiese doringboompie in jou brein uitgeskoffel en dit vervang met ‘n pragtige, gesonde, groeiende stuik. En aan jou siel goed gedoen.
Toortsie
Met erkenning aan die Prosesgids van TPM Kaap. (Transformation Prayer Ministry – Transformasie Gebedsbediening)
Goeie advies.
LikeLiked by 1 person
Een bericht om eens te herlezen en dieper over na te denken.
Groetjes uit België 😀
Theo
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLiked by 1 person
En dit werk. Laat gaan die kwaad en vra die Here om te help vergewe. Dis bevrydend.
LikeLiked by 1 person
O ja. Soms besef ons nie eers dat ons kwaad is vir iemand nie. Baie bevrydend.
LikeLike
En dit kos ook bietjie oefening. Satan haat n vergewensgesinde hart.
LikeLiked by 1 person
En selfs ná baie oefen, ook waaksaamheid, want soos jy sê, hou Satan niks daarvan nie. ❤️
LikeLike
Wyse woorde: dit is iets wat ons almal moet leer om te doen. Dankie hiervoor.
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLike
Dankie. Dit is kosbare raad. Ook vir ons kinders. Ons kan nie genoeg oor vergifnis praat nie. Ons moet baie daaroor praat met ons kinders!
LikeLiked by 1 person
En as ons dit eers aangeleer het, is dit nie so erg moeilik nie. Soms moet ons onsself net herinner. 🙂
LikeLike
Aanleer en herinner. Veral herinner…
LikeLiked by 1 person
Baie waar en soms nie maklik on te doen nie.
LikeLiked by 1 person
Nie maklik nie. Beslis.
LikeLike
Hoekom sien ek nou eers die kosbare skrywe? Jy leer mens soveel,Toorts. ‘n Liggie is jy sowaar.
LikeLiked by 1 person
Dankie my ou wonderlike maat. ❤️
LikeLiked by 1 person