Hoe maak ek kombuistyd minder?

Sommer net na aanleiding van ‘n gesprek. Ek dink nie dit is regtig nuwe nuus nie. Hoe maak ek my kombuistyd minder? Ja, ek maak baie kos en gee nie om om dit te doen nie, tog is ek ‘n lui kok en baie keer nie lus vir kosmaak nie.

Ek kook in grootmaat. Ek maak te veel kos wanneer ek dit doen. Al is ons net twee mense in die huis, maak ek byvoorbeeld 3 kg bobotie op ‘n slag. Of as ek hoenderstukke gaarmaak, maak ek meer as wat ons sal eet, verkieslik sommer vir twee keer se eet. Dan vries ek dit in bakkies, of ek maak dit in kleiner bakke gaar wat ek net so vries en uithaal. Ek weet daar is baie mans wat nie daarvan hou om ‘opgewarmde’ kos te eet nie. Ek is dankbaar dat my man nie omgee nie. Om die waarheid te sê, bredie raak lekkerder as dit ‘n bietjie gestaan het. En die meeste vleise warm eintlik baie goed op. So ja, ek kook selfs ‘n dubbele porsie bredie ook en vries daarvan vir ‘n volgende keer.

Groente werk nie so goed as jy dit so gaarmaak nie. Ahoewel, ek maak gewoonlik aspris ‘n groot pot spinasie, want met die bacon en kaas daarin wat ek bygooi, is dit vanaand ook nog weer lekker.

En dan lê ek graag slaaie in. Ja, dis ‘n simpel werk wanneer jy dit doen, maar eintlik glad nie so ‘n groot werk nie en om daardie potte van die rak af te haal … dán is dit lekker. Kerrieboontjies. Kerriewortels. Voor ek gebant het, beet. Slaphakskeentjies.

Ek maak byvoorbeeld ook graag ‘n groot bak broccoli-, kool of blomkoolslaai en dan eet ons ‘n paar dae daarvan. Ja, ek weet dit is vervelig, maar ek sal jou sê, dis tog te lekker om dit uit die yskas te haal! En gestolde slaaie het ek lanklaas gemaak, maar dit werk ook goed om oor twee dae te hou. Alles dinge wat my werk en my kombuistyd minder maak.

Koeke en terte eet ek te vinnig op, maar ek sal selfs as ek kaaskoek bak en dis net ek en manlief by die huis, porsies vries en uithaal wanneer ek lus het daarvoor.

En skottelgoed was? O ek is swak daarmee! Lui! Genadiglik het ek by die huis ‘n skottelgoedwasser wat baie gewillig is en graag was as hy vol is. Die paar goedjies wat nie in hom gewas word nie, hoop maar op totdat daar genoeg is. Ek was nie drie maal per dag skottelgoed nie. <fluister> soms nie eers elke dag nie! En op die plaas was ek eers as die borde almal vuil is, want daar maak ek nie vreeslik kos nie.

Ek moet eerlik sê dat opgewarmde kos vir my net so lekker smaak as die ware Jakob. Maar eintlik ís dit mos maar die ware Jakob, of hoe? 🙂

Toortsie

10 thoughts on “Hoe maak ek kombuistyd minder?

  1. When there is only two in the house, it is very easy to overcook! I am used to cooking for many more and you just get in the habit. Now, that we are down to two, I still find myself cooking that way, but it does make cooking easier, because I don’t have to cook as often. Freezers are a wonderful thing! Cady

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s