Ek is sommer besig om my boeke op te maak. Om te dink waar ek staan. Met myself. En met my dinge. WIP. Werke in proses.
Want my ‘om te doen lysie’ is lewenslank en raak al hoe langer.
Want ek het mos maar altyd werke in proses. Dinge wat ek begin. Wat moet klaarkom.
Hier is goed wat nou regtig moet gebeur. Soos dat ek al my gedrukte boeke as e-boeke moet omskakel. Ek hét al op ‘n stadium met Toortsie 1 begin, maar tyd het my ingehaal. Dit was verlede jaar. Toe ek op so ‘n adrenalienvaart was. En my Toortsie 3 het seker minder as ‘n dag se werk oor, so hoekom doen ek dit nie en kry nie klaar nie? Die foto’s is al in Oktober geneem, ek het toe geweet dat ek eers in 2021 daarby gaan kom, maar hier trek ons al by die middel van April! Wat gaan aan? Dan is daar ‘n halwe skryfkursus. Kortverhaalkursus.
Dis hoekom ek soms moet boeke opmaak, soos ons in my ouerhuis gepraat het. Net ‘n bietjie gaan kyk wat is op my te doen lysie wat nou eerste prioriteit moet verdien.
Wel, ek hét op 3 Januarie Covid opgedoen. Seker nie ‘n goeie verskoning nie, maar ek was goed siek, hoor! Hondsiek. Daarná moes ek weer my lewe stukkie vir stukkie aan die gang kry.
Intussen het ons stal se rekenaar opgepak en alle data is verlore. Gelukkig is dit ‘n stoet en stuur ons baie gereeld die inligting vir Jersey SA en Stamboek. So alles is darem nie heeltemal verlore nie. Maar al daardie koeie moes weer op die stelsel kom. Gelukkig het ons melkstalbestuurder die meeste daarvan gedoen, maar ek moes ook help. Is steeds besig. Want as gevolg van die opgepakte rekenaar kon ek nie voor alle diere op is en aan die gang nie, die koeie registreer nie.
En vroeg in Maart moes die VLV kompetisieartikels ingegee word. En dit moes klaar kom. Nee, daar is nie moete hierby betrokke nie, ek hoef dit nie te gedoen het nie, maar ek wou. Sjoe, ek het darem die hele verlede jaar aan die groot artikels gewerk, natuurlik wou ek dit ingee!
En toe was ons vir ‘n paar dae weg.
So, wat het ek nou besluit ná my bestekopname? Nadat ek boeke opgemaak het?
Dat ek in hierdie week my Engelse Toortsie se e-boek moet regkry en publiseer. Dis nou eerste prioriteit, want een of ander tydskrif in Amerika, gemik op Suid-Afrikaanse Vroue, wil graag een van my resepte insit. En dán wil ek hê dat die e-boek beskikbaar moet wees. Mens weet mos nooit?
Dat die staladministrasie wat ek wel moet doen, registrasies en sulke dinge, ook in hierdie week moet gebeur.
Dat Toortsie 3 dan die volgende prioriteit is en ek my deel van die werk moet afhandel sodat dit na die proefleser en bladuitlêer kan gaan en dit gedruk kan word. Ja, tussendeur is ek heeltyd by die proses betrokke en sal ek nog ‘n hele twintig keer weer deur die boek moet gaan. Daar moet nog ‘n klein veranderinkie aan een van die resepte kom, dit moet nou gedoen word en klaar.
Dan sal ek weer kyk wat aangaan. My kleinseun se babakombers wat ek nou groter hekel, gebeur so tussenin en ek wil begin aan hierdie jaar se nuwe borduurprojek en dan kom daar nog ‘n borduurkursus ook …
Ag, dit is lekker! Die lewe is lekker! Veral as jy jou kreatiwiteit mag uitleef. Want dit is nie altyd moontlik om dit te doen nie, né, maar as ek dan nou tydjies moet steel om dit te doen, soos om in die middel van die nag as jy wakker lê stilletjies op te staan … hoekom dan nie? Al wat gebeur is dat jy dan iewers in die middel van die dag poot-uit voel, maar daaraan kan ‘n mens mos ook iets doen as jy gelukkig is, of hoe?
Toortsie
Jy is besig, hoor. Voel of al my kreatiewe sappe uitgesuig word met huisskoonmaak, was en stryk. En dan kosmaak en oppas dat dit nie brand nie. Skottelgoed was ensovoorts. Ek kan nie mooi beskryf waarheen my dae gaan nie. En kragverdeling wat nog boonop bepaal dat saans uit die tyd om wel iets te doen, steel.
LikeLike
Ek moet jou eerlik sê dat ek nie te veel tyd aan huisskoonmaak ens spandeer nie. Ek is dankbaar om ‘n Maria te hê wat een keer per week my huis goed skoonmaak en stryk. Deur die week gooi ek die wasgoed in die masjien en hang dit op. Vleis maak ek in grootmaat sodat ek nie elke dag dit hoef te doen nie. Dan maak ek net vinnig ‘n slaai of groente. Ek lê ook baie groentes in vir slaaie wat ek dan net oopmaak. En skottelgoed was ek net wanneer daar genoeg goed is, nie heeldag of drie keer per dag nie. 🙂 Dan het ek meer vrye tyd om die ander lekker dinge te doen.
LikeLiked by 1 person
My man wil sy kos elke dat vars gemaak hê, eet nie baie groentes nie en daarom is dit meestal rys, vleis en aartappels. Ek vermoed voel of ek nie veel doen nie omdat artikels so ‘n lang proses is. En jy sien eers beel later die resultate.
LikeLike
Ja, dit is so. ‘n Mens voel of jy jou ure omwerk en niks kan wys nie. Ek weet dat party mans elke dag nuwe kos verkies. Ek is dankbaar dat my man eet wat hy kry. 🙂
LikeLiked by 1 person
DIt is goed om besig te wees! My ‘to do’ lys is baie, baie lank, maar ek is bly om een te kan skryf – daar is mense wat soggens opstaan en wonder hoe hulle deur die dag sal kom. Huisskoonmaak, was en stryk is altyd daar – kook ook – maar alles hoef nie elke dag to doen word nie. Vroeg elke oggend is MY tyd van die dag; ek doen geen huiswerk in die middae nie, en laat saans is ook wanneer ek tyd spandeer op my eie skryfwerk / lees / iets kreatief doen. Hou so aan!
LikeLiked by 1 person
Dankie. Ek vrees ook die dag wat ek nie sal weet wat om te doen nie. Dan moet julle my maar begrawe.
LikeLiked by 1 person
Ik blijf het volgen van uit België
Groetjes
Theo
LikeLiked by 1 person
Ja jong daardie besig wees met dinge wat afgehandel moet word is maar alryd daar. Het amper die handoek maandag ingegee om nie verder te gaan met my waterverf opdragte. Gelukkig het ek vandag besluit om die drie dae wat ek nie iets gedoen het in te haal. Mens voel sommer goed as jy positief gewerk het al is dit nog nie klaar nie. Ek hou ook daarvan om te weet hoe ver dinge staan.
LikeLiked by 1 person
Ek is bly jy het nie handdoek ingegooi nie en weer die leisels opgetel.
LikeLike
Ek struggle party dae nog baie om moed bymekaar te skraap om iets te doen.
LikeLiked by 1 person
Jy doen so baie. Jy is ‘n inspirasie.
LikeLike
Dankie vir jou ondersteuning ook. Ek leer baie by jou. Het vandag toe amandel meel gebruik om plaatkoekies te bak. Dit wou toe nie omdraai nie omdat die mengsel te pap is. Het in jou twee boeke gekyk vir soiets en nie regtig gekry nie. Wou eintlik iets met dadels gemaak het.
LikeLiked by 1 person
Kan meel nie sommer net so vervang nie. Daar is ‘n plaatkoekie in my boek 1 dink ek.
LikeLike
Ek het gekyk maar seker half gekyk want ek kon nie vinnig iets kry nie. Sal weer gaan kyk. Was elke geval lekker genoeg om floppe te eet.
LikeLiked by 1 person
😊
LikeLike
Toortsie, jy is heerlik besig, en dis goed so! Jy bly my inspireer.
LikeLiked by 1 person
❤️ maar hierdie koeiregistrasies is bôring, hoor.
LikeLike
Maar my hart is lig en dis heerlik.
LikeLike
Ek wonder soms hoe bly jy so toegewyd in alles wat jy aanpak. En dan doen jy dit boon-op uitstekend! Trots op jou,Toortsie.Onthou om soms ‘n bietjie asem te skep.😀
LikeLiked by 1 person
Dankie. Was mos nou in die wildtuin. Begeesterd? Jy is dan die voorloper daar?
LikeLike
O ja,ons vorm die SPAN!
LikeLike
Uitstekende span, dis wat ons is. Ons is mos darem nie sommer net onnodig stiefskoonsussies nie! En die ander Amigo’s maak die span volledig.Jis, dis ‘n lekker groep!
LikeLike
Sure!
LikeLike
Jy is ‘n inspirasie vir ons almal. Baie dankie daarvoor! 💃💃💃
LikeLike
❤
LikeLike
Baie dankie
LikeLike
Jy maak my moeg, maar inspireer my ook!! Ek het vir die eerste keer in baie jare my breinaalde en wol uitgehaal…..
LikeLike
Wat ander mense doen klink altyd baie, want jy wil dit aan dit wat jy doen meet. Die waarheid is dat jy weer baie ander goed doen waarby ek nie uitkom nie. Ek is baie bly dat jy jou breinaalde en wol uitgehaal het. Geniet dit! Daar is min dinge so inspirerend soos om kreatief te wees nie. 🙂
LikeLike
Ek begin klein…slaapkouse en kopbande….vinnige goedjies😂😂
LikeLike
Dit is baie goed. Ek het sommer ‘n nuwe bloguitdaging ook gesit rondom brei … dit sal môre wys.
LikeLike
Dis oulik….
LikeLiked by 1 person
Soms helel ek sommer net ‘n hangeroortreksel omdat dit so lekker vinnig is.
LikeLike