Ek lees nou ‘n wonderlike boek wat ‘n vriendin lank gelede vir my aanbeveel het. Healing begins with the sanctification of the heart. – Deur Dr MK Strydom. Dr Strydom is ‘n mediese dokter, maar ook ‘n Christen, ‘n gelowige. Een wat God soek in Sy Woord. Een wat graag wil hoor wat Hy sê. Sy haal dus gereeld die Bybel aan in om haar punt te staaf. In hierdie boek verwys sy ook baie keer na Dr Caroline Leaf se nuutste navorsing oor die menslike brein.

Ons almal weet tog dat ons gedagtes ons siek kan maak. Geestelik siek. Dit is nie ‘n nuwe gedagte nie, maar wat ek nie soveel besef het nie, is dat ons gedagtes ook ons liggaamlik siek kan maak. Ja, toe ek so swaar gedra het aan emosionele dinge, hét ek gesê dat ek dit in my liggaam voel. Tog sou ek dit nie regtig waag om dit sommer te verkondig nie.
Dr Leaf sê in Maak ‘n Kopskuif – Elke Dag dat 75-98% van alle siektes wat ons ervaar, ‘n direkte gevolg is van wat ons dink! Dat dit wat ons dink, ons beide fisies en emosioneel raak.

Dr Strydom beskryf ons dit wat ons dink as boompies wat in ons brein vorm. Wanneer ons goeie gedagtes dink, mediteer oor die Woord, word gesonde, digte boompies gevorm in jou brein (letterlik), maar wanneer ons negatiewe dagtes oordink en bedink, word meer doringagtige boompies gevorm (ook letterlik). Deur te mediteer oor positiewe of negatiewe gedagtes, word die herinneringe gebou en ervaar jy ‘n emosie. Wanneer ons egter ‘n positiewe of negatiewe gedagte kry en dit dadelik laat vaar, word dit net ‘n warm lug wat uitgeskei word en bou dit nie aan die emosie nie. (Ek hoop ek dra dit nou korrek en verstaanbaar oor.)
Negatiewe denke, soos woede, haat, bitterheid groei soos onkruid en neem spasie op in jou brein. Elke keer wat jy weer oor dieselfde negatiewe gedagte kry, groei daardie doringboompie en maak dit jou op die ou end siek. Sy noem dat bitterheid byvoorbeeld aanleiding kan gee tot borskanker. Vrees en angstigheid tot hoë bloeddruk, angina, allergië en asma. Woede tot aneurisme, beroerte en aambeie. Jaloesie mag osteoporose tot gevolg hê. ‘n Lae selfbeeld en skuldgevoel kan depressie, verslawing, megrain en ander outo-imuunsiektes veroorsaak. Skrikwekkend!
Dit is daarom dat ons negatiewe gedagtes wat so maklik insluip, moet beveg met alle mag. Ons moenie toelaat dat kwaadwees wortel skiet in ons harte en oorgaan tot woede en bitterheid nie. Al is dit vir ons moeilik, moet ons probeer om te vergewe, of soos ek in TPM geleer is, die kwaad te laat gaan. Doelbewus die kwaad te laat gaan. Want, die kwaad wat ek in my dra, selfs al het ek alle rede daartoe, maak vir my siek. Dis ék wat die las daarvan dra, nie die ou wat die kwaad gedoen het nie. En dan glo ek ook meer as ooit dat as ons so ‘n slegte emosie in ons hart dra wat aanmekaar sy kop uitsteek, dit goed sal wees om die wortel daarvan te loop soek. En by die Here waarheid daaromtrent te kry. Want baie keer dra ons swaar aan iets omdat daar ‘n leuengebaseerde oortuiging is wat ons in ons eie harte dra, iets soos dat ek nie goed genoeg is nie, of dat ek ‘n nikswerd is, of dom is, of wat ookal.
Dit is nie voorspoedsteologie wat ek verkondig nie. Alle genesing moet steeds gebeur deur God se genade. Maar ons moet let op ons gedagtes, dit staan ook in die Woord.
Toortsie
Dit is baie waar, Toortsie, ons gedagtes maak ons siek en kwaad en bitterheid het beslis invloed op ons gesondheid.
LikeLiked by 1 person
Soveel waar woorde hier bymekaar, Toortsie.
LikeLiked by 1 person
Nie aldag maklil nie, né, maar ons werk daaraan. ❤️
LikeLike
Ja,Toortsie.Mens is wat hy dink.
LikeLiked by 1 person
Ek het so tydjie terug ook oor haar geskryf……sy het my deur ‘n hele paar kwessies gehelp..
LikeLiked by 1 person
Baie, baie waar en dankie vir die herinner!
LikeLiked by 1 person
Twee fantastiese vrouens hierdie…Hulle boeke is van die beste leesstof.
LikeLiked by 1 person
Ons het die dagstukkieboek van Caroline Leaf gedoen. Sy het my soms verloor. Maar ek dink dit is omdat ek dit nie self gelees het nie. Ek het dit nou weer uitgehaal en wil dit sommer net soos ‘n boek deurlees.
LikeLike
Absolute waarheid die, mens is wat hy dink, so negatiewe gedagtes en oorpeinsing, maak naderhand dat jy nog meer negatiewe goed na jou “aantrek”, selfde met positief. Maar dis ook nie goed om negatief net dadelik weg te kry nie, beter jy dink jou dink, own the emotion, deal daarmee en laat dit gaan, wanneer jy weer daaraan dink dan kan jy vir jouself sê: “ek het dit mos verwerk? dis mos klaar? hoekom wil ek nog tyd hierop mors?”
LikeLiked by 1 person
Ja. Jy noem ‘n belangrike ding: Deal daarmee. Beslis.
LikeLiked by 1 person
En wanneer jy daarmee deal is wanneer die doringboompies sommer met wortel en tak uitgeroei word. 😁
LikeLike
Hou van die boompies wat in jou gedagtes groei en uitbrei namate dit gevoed word. Baie waar ook.
LikeLiked by 1 person
Dit lyk blykbaar letterlik soos boompies.
LikeLike
Mmmm, kan nogal dit glo ook.
LikeLiked by 1 person
Het Caroline se video’s oor die brein gekyk. Die boompies was vir my net so interessant. Ons is omtrent ragfyn geskape…. elke ding beïnvloed iets in ons liggaam.
LikeLiked by 1 person
Ragfyn ja
LikeLiked by 1 person
Ek sien nou eers hierdie skrywe. Dit laat mens regtig besef jy moet vergewe en laat gaan. Net jy ly as jy nie vergewe waarvoor Jesus lankal gesterwe het nie. Net jy ly as jy in vrees lewe en nie op God se liefde en versorging vertrou nie.
LikeLiked by 1 person
Ansoluut. En sodra jy dit regtig vergewe, kan daardie doringboompie vernietig word. Anders, elke keer wat jy daai ding nog ‘n keer oordink, groei daai boompie nog ‘n stukkie en vernietig hy jou.
LikeLike
Ek leer by jou. Baie dankie!
LikeLike
Ons leer by mekaar. ❤️
LikeLike
Fijn dat ik jou hier terug kan ontmoeten. In mijn vorige Blog Groeten uit Tienen was er iets misgelopen en ik was mijn Reader daar kwijt. Groetjes uit Tienen België Theo-Herbots
LikeLiked by 1 person
Welkom terug! 😁
LikeLiked by 1 person
Vermits ik Jouw Prachtige Berichten nu terug kan lezen in mijn nieuwe Reader, zal ik dat zeker en vast terug doen. Ik hoop ook opnieuw contact te krijgen met de andere Afrikaners waar ik vroeger contact mee had. Want Je weet Zuid Afrika blijft nog steeds Het Land van mijn dromen. Groetjes en blije Theo
LikeLike
Ek is seker dat jy sommer gou sal regkom! 🙂
Jy het een keer gevra van my resepteboek in Engels. Uiteindelik is ek nou besig om dit in ‘n e-boek saam te stel. Ek hoop dat dit voor die einde van hierdie week klaar sal wees.
LikeLiked by 1 person
Ik kijk er zeker naar uit en zal het dan ook doorgeven aan een Zuid-Afrikaanse Buurvrouw
LikeLiked by 1 person
Baie dankie daarvoor! 😁
LikeLiked by 1 person