Soms vergeet ek

Soms vergeet ek hoe lekker sekere goed smaak. Soms vergeet ek selfs van sekere van my eie resepte. Resepte wat in my boeke is! En, net indien jy wonder, ek gebruik my eie boeke elke dag! Want in die eerste plek skryf ek dit mos vir myself. Maak ek nuwe resepte en verwerk ek ander vir my eie gebruik.

Maar, ek weet nie van jou nie, soms verval ek sommer in dieselfde ou goedjies elke dag. Vergeet ek om ‘n slag deur my eie boeke te blaai. Of ek raak te besig met nuwes toets en maak.

En dan stuur iemand skielik vir my ‘n foto van iets wat hulle uit my boek gemaak het en ek dink: WOW! Ek moet dit ook ‘n slag maak.

Of iemand doen navraag oor ‘n reseppie en ek onthou weer en maak dit.

Of ‘n resep is seisoensgebonde. Soos kwepers. Vandag het ek kwepers in my huis gehad en soek toe hulp in Toortsie 2. ‘Hemelse kwepers’ is die resep se naam. En nadat ek dit seker ‘n jaar of twee laas geëet het, kan ek net een ding sê: daar is ‘n rede hoekom ek dit ‘hemels’ genoem het. Want dit ís hemels. Uit ‘n ander wêreld. Lieflik. Soet en romerig. Ryk. Lekkerder as poeding. En die nasmaak wat ‘n rukkie in jou mond agterbly … hemels. Regtig hemels.

Groete

Toortsie

16 thoughts on “Soms vergeet ek

    1. Ek kon dit ook vir jare nie indie hande krynie. Ek dink dit het ‘n frank smaak en daarom hou mense nie daarvan nie. My ma het uit die vrugtewêreld gekom en dit baie lekker gemaak met goue stroop en botter. Met my gebant moes ek ‘n ander manier vind. Gelukkig het my man so 2 jaar terug ‘n boompie geplant wat nou begin dra. Ek is tog te bly. Ek het al by ons Checkers kon kry. Dalk maar vir jou ook ‘n boompie plant?

      Like

Gesels saam, asseblief!