Soms vergeet ek hoe lekker sekere goed smaak. Soms vergeet ek selfs van sekere van my eie resepte. Resepte wat in my boeke is! En, net indien jy wonder, ek gebruik my eie boeke elke dag! Want in die eerste plek skryf ek dit mos vir myself. Maak ek nuwe resepte en verwerk ek ander vir my eie gebruik.
Maar, ek weet nie van jou nie, soms verval ek sommer in dieselfde ou goedjies elke dag. Vergeet ek om ‘n slag deur my eie boeke te blaai. Of ek raak te besig met nuwes toets en maak.
En dan stuur iemand skielik vir my ‘n foto van iets wat hulle uit my boek gemaak het en ek dink: WOW! Ek moet dit ook ‘n slag maak.
Of iemand doen navraag oor ‘n reseppie en ek onthou weer en maak dit.
Of ‘n resep is seisoensgebonde. Soos kwepers. Vandag het ek kwepers in my huis gehad en soek toe hulp in Toortsie 2. ‘Hemelse kwepers’ is die resep se naam. En nadat ek dit seker ‘n jaar of twee laas geëet het, kan ek net een ding sê: daar is ‘n rede hoekom ek dit ‘hemels’ genoem het. Want dit ís hemels. Uit ‘n ander wêreld. Lieflik. Soet en romerig. Ryk. Lekkerder as poeding. En die nasmaak wat ‘n rukkie in jou mond agterbly … hemels. Regtig hemels.
Groete
Toortsie
Ek is self mal oor kwepers
LikeLiked by 1 person
KWEPERS…UNIEK!
LikeLiked by 1 person
Sal kewpers ‘n Overbergding wees?
LikeLike
Ek het min daarvan in my lewe oraloor raakgeloop.
LikeLiked by 1 person
Mal oor kwepers. So ruk terug ń klompie by my vriendin gekry en ook, vir die eerste keer i jare gemaak. Werklik hemels.
LikeLiked by 1 person
Ja mens kry nie altyd nie. Ons het nou ‘n boompie wat sowaar dra. Ná al die jare!
LikeLiked by 1 person
Nou is ek nuuskierig! Hoekom raak skere vrugte tog so onbekombaar? Ek het dit laas as kind geëet.
LikeLiked by 1 person
Ek kon dit ook vir jare nie indie hande krynie. Ek dink dit het ‘n frank smaak en daarom hou mense nie daarvan nie. My ma het uit die vrugtewêreld gekom en dit baie lekker gemaak met goue stroop en botter. Met my gebant moes ek ‘n ander manier vind. Gelukkig het my man so 2 jaar terug ‘n boompie geplant wat nou begin dra. Ek is tog te bly. Ek het al by ons Checkers kon kry. Dalk maar vir jou ook ‘n boompie plant?
LikeLike
Goeie plan. Ek gaan dit google!
LikeLiked by 1 person
Dit lyk absoluut heerlik, Toortsie, en ek ken dit nie eers nie.
LikeLiked by 1 person
Kweper? Ek wonder nou of jy dit oral in die land kry.
LikeLike
Dit het lank terug op die Hoëveld gegroei. Nou kry mens dit nêrens.
LikeLiked by 1 person
Ai. Hoop jy kom reg.
LikeLike
Ons het ‘n kweperboom gehad buite Pretoria wat baie vrugte gedra het. Ons het dit nogal rou geeët maar omdat dit ‘n harde vrug is was dit nie te gewild nie. Ons het dit ook maar gekook. Dis wat ek maar kan onthou.
LikeLiked by 1 person
Ja mens kan dit rou eet, maar gekook is dit beslis lekkerder.
LikeLike
Beslis gekook. My twee susters het dit nie geëet nie.
LikeLiked by 1 person