Ja, ja, hulle weet reeds alles van ons. Want ons gee dit vir hulle. En hoe meer hulle van ons weet, hoe gemakliker raak ons rekenaarervaring en gee ons vir hulle meer en meer en meer. Vra ek nou die dag vir iemand oor cookies, dis iemand wat regtig baie weet, en hy sê, sê maar ja vir die cookies, dan weet hulle meer van jou, dan raak jou rekenaarervaring beter. Ons weet ook mos al die jare dat hulle selfs ons e-mails kan volg. Nee man! Hulle gaan nie elke e-pos wat jy stuur, lees nie, maar as jy sekere kernwoorde in jou e-posse gebruik wat die Amerikaanse Veiligheidsorganisasie of ander lande s’n wakker maak, gaan hulle jou e-posse begin volg. Hulle weet ons hele identiteit en ek weet nie of ons nou nog iets kan doen om dit te verhoed nie. Ons is reeds so in die ding in.
So leer my kind my verlede jaar van Google Photo’s. Ek moet bysê, ek gebruik ook al vir jare Google Calender, die lekkerste ding ooit. Elke liewe foto wat op my rekenaar gelaai is, word oorgedra na Google Photo’s. Elke keer as ek ‘n nuwe foto neem, gaan dit outomaties na Google Photo’s.
Maar dis nie waar dit stop nie. Google herken ook die mense wat ek afneem. Het ek reeds al vir jou afgeneem, sit hulle sommer self jou foto in jou lêer. Te lekker. Soms vra hy my wie dit is, of dit dieselfde persoon is, en ek sê net ja. Of nee, natuurlik! Soek ek ‘n foto van jou, tik ek net jou naam. Of van ‘n baba, tik ek ‘baby’ en dit wys alle babafoto-s wat ek mag hê. Of trekker of leeu of wat ookal. Dit werk wonderlik.
Verlede jaar sterf daar iemand in ons familie. Sy vrou vra my of ek nie dalk ‘n mooi foto van hom het nie. Ek tik sy naam in en stuur vir haar die hele lêer met al die foto’s. En video’s wat ek van hom het. Sy bel my terug, huilende. Sê dis die mooiste geskenk wat sy kon kry, want daar is foto’s van hom wat sy nog nooit gesien het nie.
Nou ja, terwyl hulle in elk geval so alles van my weet …
Toortsie
Dis scary
LikeLike
Ja, maar niemand anders kan my foto’s sien tensy ek hulle nie toelaat nie.
LikeLike
Hoe werk dit dan?
LikeLike
Dit is die foto’s wat jy self laai wat jy daar stoor. Dit is privaat en slegs as jy dit deel met iemand, kan daardie persoon dit sien.
LikeLike
Ja wat, ons is al gewoond dat sekere dinge gebruk word om te sien waar jy koop en in belangstel sodat daar asvertensies aan jou gestuur kan word. Omdat jy bv advertensies toelaat sal daar op jou blog as ek hom oopmaak om te lees avertensies verby kom van plekke waar ek bv koop of kyk. Baie vindingryk. Gelukkig is ons nie regtig gevaarlik nie so hul sal niks vind nie.
LikeLiked by 1 person
Ja wat diegrootste gevaar is dat jou bankrek of identiteit gesteel raak. Verder hoop ek maar om nie iewers in verkeerde slaggat te trap nie.
LikeLike
Ek laat bv nie google toe om my password te save nie. Ek tik self my woord in sodat dit nie bly as ek uitteken nie. As daar geld betrokke is laat ek ook nie die winkel die nommer onthou vir volgende aankoop nie.
LikeLiked by 1 person
Ek probeer ook myself so beskerm, maar soms glip daar iets deur.
LikeLike
Jammer vir die spelfoute, my brein het vinniger gedink as wat my vinger getik het. Ek tik mos met een vinger! Ek kan met al my vingers tik maar dit voel vinniger as ek een vinger gebruik. Ek het natuurlik ook nie spel regmaker op my werk nie.
LikeLike
Op my selfoon tik ek ook met een vinger.
LikeLike
Selfoon is te klein om al jou vingers te gebruik. As ek skryfwerk doen sal ek al my vingers gebruik omdat dit vinniger gaan dan. Nooit tik op skool gehad nie. Het toe ek al skool gehou het ek aandklasse geloop en my std 8 sertifikaat met onderskeiding geslaag. Hul wou hê ek moet matriek ook doen maar ek het nie tyd gekry vir oefen nie toe het ek nie aan gegaan nie
LikeLiked by 1 person
Ek het al bae vaardig geraak op my selfoon met een vinger. Ek verkies darem nog ‘n sleutelbord en het selfs ‘n los sleutelbordjie waarmee ek op my selfoon kan tik. Maar as ek myself kom kry, tik ek maar met een vinger soos altyd. Op rekenaar tik ek reg. Ek het matriek tik en het ook snel-en tikskrif in my tweede kaar op universiteit gehad. Die snelskrif het my behoorlik onder gekry. Ek het toe nie die volgende jaar aangegaan nie. Ons sou dan sjorthand doen.
LikeLike
Interessant wat jy sê. En het jy nou nie die mooiste goeie daad gedoen nie. So bly jy kon die vrou toe help.
LikeLiked by 1 person
Darem naby familielid. Ja dit was vir haar kosbaar.
LikeLiked by 1 person