Dit is die maand, Oktober, die mooiste, mooiste maand en uiteindelik mag ek my kalenderstorie plaas.
Sonell het mos vir Isabella gekry om vir ons ‘n koskursus te kom gee. Ek wonder of Isabella enigsins ‘n idee gehad het waarvoor sy haar inlaat! Dis die Goue Vroue van wie ons praat. Sy moes mos weet dat niks, ja, niks normaal sal verloop nie!
Met Oktober wat die dae al warmer begin raak en die boere by ons begin oes, besluit ek dat ons smoothies moet maak. Soos een man kom die Goue Vroue by my huisie byeen, elkeen met ietsie wat sy voel in ‘n smoothie hoort. Ek sit die smoothiemasjien aan en elkeen gooi laggende, kekkelend en dansende iets by na goeddunke.
Appeltjie is dadelik by met bevrore bessies. Geen smoothie is ‘n smoothie sonder bessies nie, sê sy. En smoothies moet koud wees. Trommeltjies weet van Banting, sy het dit self vir baie lank gevolg en staan reg met ‘n avokado. Ek voel dat ‘n smoothie lyf moet hê en gooi ‘n handvol pekanneute by. Una sê dat ‘n piesang enige iets reg toor.
Christa hou van gesondheid en gooi ‘n appel by en San voel dat geen smoothie sonder dubbelroomjoghurt werk nie. Dis net daar wat Positief die deksel optel om room by te gooi, maar dit spat dat die rooi vloeistof die wêreldvol spat. Ons lê behoorlik soos ons lag!
Sonell hou van geur en gooi gemmerstukke by terwyl WoordNoot kaneel ingooi, want kaneel sorg vir die regte smaak. Virgo se aandeel is xylitol vir die soetigheid.
Dis toé wat Frannie en Seegogga met ‘n stout glimlag daar aankom. Hulle konkel nie verniet in die middernagtelike ure nie! ‘n Smoothie móét skop hé, sê hulle en voor iemand enigsins kan keer, gooi hulle die doepa uit ‘n deurskynende glasbottel in.
Nadat almal se smoothie in ‘n mooi glas met ‘n steel gegooi is, het ek ‘n bietjie chia saad oorgegooi vir die mooiheid.
Al wat Isabella kon doen was om haar kop te skud. So iets het sy nog nooit beleef nie. Wel, al wat ek weet, was dat dit ‘n reuse sukses was. Die smoothie smaak so lekker, want hy maak so lekker!
Die foto’s:



Toortsie
Lekker smooth,né.
LikeLiked by 1 person
🥂
LikeLike
Oe, wens ek kon nou een van daardie gladdejantjies drink, dit was darem maar heerlik!
LikeLiked by 1 person
😝
LikeLike
Haha, Frannie met gladdejantjies het net die regte woord daarvoor. Dit klink amper soos n hemelse drankie. Vrugte is mos die gesondste ding onder die son en dan nog so glad soos n glyplank.
LikeLiked by 1 person
Absoluut. Dit het sommer so afgegly. 😁
LikeLike
Mooi man.
LikeLiked by 1 person
Hou ook van gladdejantjie. Heerlik, ek is mal oor smoothies. Kon net lippe natmaak, anders was ek in die moeilikheid met die melk daarin.
LikeLiked by 1 person
😊
LikeLike
Wat ek nog nie weet hoe om te verander nie, is die dorinkies in die aarbeie. Dit pla nogal.
LikeLiked by 1 person
Dorinkies?
LikeLiked by 1 person
Ja regtig.
LikeLike
Of is dit iets anders? Aarbeie het sulke fyn, harde goedjies wat nie fynmaal in versapper nie. Of doen ek iets verkeerds?
LikeLiked by 1 person
Ek het gedink dit is pitjies, en ja, dit kom nie maklik fyn nie. Irriterend.
LikeLiked by 1 person
Kan pitjies ook wees.
LikeLiked by 1 person
Ek gaan moet kyk …
LikeLiked by 1 person
Dit is seker die saadjies. Maar dit maal nie fyn nie.
LikeLiked by 1 person
Smoothies met skop in, en dan lyk hulle ook verleidelik mooi! Toortsie, dankie dat jy sommer weer huppel in ons kalender kom plaas het.
LikeLiked by 1 person
😝
LikeLike
Ons klomp het omtrent lekker gehuppel! Soms effe gestruikel, maar ek praat nie uit nie. Vrugte, in enige vorm, is regtig koningskos!
LikeLiked by 1 person
Gelukkig praat ons nie uit nie! 😝
LikeLike
Lekker lekkerder lekkerste.
LikeLiked by 1 person