Dankie

Vandag sê ek net dankie. Dankie vir klein genadetjies én vir vir groot genades.

Dankie dat Jesus bereid was om vir ons sondes te kom sterf en dat ons dit vandag kan herdenk. Dankie vir die groot gebade watdaarmee saam gekom het en dat Hy dit ook aan my en my gesin gegee het.

Dankbaar om die Kruger Wildtuin te mag beleef in sy glorie en die mooiheid van die bos te kan beleef. Dankbaar om die saam met mygele gesin te mag beleef en die ontspanne, gesellige samesyn wat ons beleef in ons ‘teksielorrie’, soos ons kleinseun dit noem.

Dankbaar vir Ritëte Conradie se lieflike boek, Aardvark tot Ystervark, ‘n lieflike boek wat op ‘n lekker gemaklike manier ons van soveel inligting verskaf. Enige vraag wat iemand mag hê oor een of ander dier, is in hierdie boek hanteer. Dit is soos Google! Ek kan die boek regtig aanbeveel, sommer omdat sy interessant feite ook noem.

Toortsie

13 thoughts on “Dankie

Gesels saam, asseblief!