Die storie agter die foto
Palmsondag, die Sondag wat die groot lydensweek inlui. Die dag wat ons herdenk hoe Jesus op ‘n donkie Jerusalem ingery het terwyl die skare palmtakke geswaai het om Hom toe te juig.

Hierdie foto is vanoggend geneem in ons kerk. Die kinders in die kerk is geroep om in die paadjies te kom staan en die palmtakke wat in die paadjies gelê het, op te tel en te swaai terwyl die gemeente eer aan Jesus bring.
Dit was hoendervleismooi. Heilig. Die oomblik toe hulle die palmtakke oplig, het ek onthou van ‘n Sondag, lank gelede, in ‘n kerk in ‘n Land waar Christene vervolg word. Dáár het ek gesien hoe mense hulle geloof behou te midde van vervolging.
Toortsie
Dis nou ekstra spesiaal, Madelé.
LikeLiked by 1 person
Ja vir my ook. 😊
LikeLike
Pragtig
LikeLiked by 1 person
Baie dankie vir die deel. Dit is werklik ‘n besonderse viering! 🌺
LikeLiked by 1 person