Skielik is dit oor

Of is dit?

Skielik is die jaarlange gejaag teen tyd oor.

Vir die oomblik.

Vir maande lank het ek ‘n vissie per maand geborduur. En moes ek druk om dit klaar te kry.

Nee, nee, dit is nie ál wat ek doen nie, maar die vissies moet klaar.

En die gebreide kombersie wat ek op die pendelpad brei. Wanneer ek nie kan borduur nie. Of iets anders doen nie. Ek het gedink dit sal drie maande neem. O nee! Baie meer maande. Net die rand wat ek rondom gebrei het, was minstens dertig ure. Wel, ek het al voor die vakansie begin brei aan die rand en deur dertig The Crown-episodes gekyk en toe was dit nog nie klaar nie.

Uiteindelik is dit ingeedatum: Die breiwerk, die borduurwerk en my dialoog.

Maar wat van my hekelwerk? Gelukkig is daar nog ‘n week grasie. Ek hekel en trek uit, hekel, trek uit. Werk vas. Doen sewentig ander goed ook nog. Tot gisteraand 8 nm. Dis nog net ‘n aand se werk. Maar daar is beurtkrag!

Elke liewe lampie en kopliggie en flits word uitgepluk om die ekstra fyne hekelwerkies op die lap en op die bordjie vas te kry.

En skielik is dit klaar. Alles is klaar. Ingelewer.

En wat nou?

Soos: Ek wil so graag aftree, maar wat gaan ek met hom maak as ek hom kry? Of, soos ‘n hond wat ‘n kar jaag en dan stop die kar.

Toemaar wat, hier is gelukkig nog baaaaie halwe goete wat moet klaarkom en intussen beplan ek al weer aan nuwe dinge ook …

Mooi dag!

Toortsie

35 thoughts on “Skielik is dit oor

  1. Ek sug saam met jou van verligting dat als toe klaar gekom het en gee ‘n sug met: wat is volgende? Dis presies hoe besige hande en breins werk. Dit moet gevoed word anders raak alles senuweeagtig van Wat nou volgende? Baie geluk met die voltooiing van al jou projekte. Jy mag maar trots wees.

    Liked by 1 person

    1. Baie dankie. Daar is gelukkig (sug van verligting) nog baie volgendes. Soos Toortsie 3 moet nou regtig klaar kom. Ek is besig net ‘n TPM vir kinders kursus, dit gebeur hierdie week, die kortverhaalkursus wat half lê, die nuwe vlv-uitdagings … 😊🥂💃 Man, ek is so gelukkig soos kan kom.

      Like

        1. Ek moet nou die speelkamer inrig vir my kinderterapie. Groot besluit: Is dit regtig wat ek wil doen?
          Beslis nie voltyds nie. Ek wil aftree en wil niks meer voltyds doen nie.
          Maar as ek een kind daardeur kon help, was dit beslis die moeite werd.

          Like

                    1. Wk dink nie ek het nie. Instagram werk deur selfoon. Dan is dit baie maklik om foto’s op te sit. Met my rekenaar is dit ‘n lang, ingewikkelde storie.

                      Like

  2. Toorts…ek admireer jou. Jy is werklik n inspirasie. Soms wil ek jou blogs ‘skip’ want ai, hoe kan een mens so alles doen en regkry en’ opgear’ vir die volgende….dan voel ek so inadequate….maar moenie jou aan my steur nie. Jy kry dit reg om so piep-mini-klein-inspirasie aan te blaas……Jy is regrig erig ‘n groot inspirasie!

    Liked by 1 person

      1. Vandag het die hase se hok nuwe sementblokke gekry, wat in die laaste twee weke gemaak is, hulle seil dak is herstel en ek en Emma het ń paar goed bygeverf op hulle dak. Nou is hulle reg vir die winter en szl nie weer kan uit grou nie.

        Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!