Ja, ja, ek weet! Wat is nuut? Eers het ons Kazakstan Goue Vrou, dr Christa van Staden, in die artikel wat oor haar gedoen is in die nuutste Sarie, vertel dat sy deel is van ‘n groep vroue wat saam stories skryf. Vandag weer, was die Goue Vroue behoorlik goed verteenwoordig toe die Bredasdorpse Leeskring ‘n vergadering gehad het en ek, kan jy glo, moes gesels het oor my boekskrywery. Sien, ek kan net van myne vertel, ek weet nie hoe die ander s’n werk nie. Maar dit is mos so dat ‘n mens die heel maklikste oor jouself praat, of hoe?
Wat ‘n wonderlike groep vroue! Dit was so lekker, so warm, so gesellig.
Ek vertel toe sommer vir hulle hoe my skrywery begin het. Dat ek glad nie van opstelskryf gehou het as kind nie, nie geweet het wát om te skryf nie en altyd gevoel het dat ek ‘n verkeerde storie uitgedink het. Nie dat daar eintlik ‘n storie was nie. My opstelle het begin met dit wat ek wil sê, en dan het ek elke byvoeglike naamwoord wat ek moontlik kon insit, ingesit. Dan het ek nog probeer gorrel en dit ook bygeskryf tussen die ander sinne. Totdat ek uiteindelik genoeg woorde gehad het. Wat ‘n gemors om in te gee!
Ook, omdat ons in die hoërskool vertel is dat jy óf syfervaardig, óf taalvaardig is, en ek meer syferkundig aangelê is, het ek geglo dat ek nie daai skryfding kan doen nie. Terloops, asof ‘n mens nie weerskante toe aangelê kan wees nie. En ek het in die handelsrigting studeer, waar een plus een twee is. Eienaarsbelang = Bates – Laste. Geen gehannahanna daar oor nie.
Tot ek begin skryf het in my bidboek en daar, aan die Here se voete geleer het.
En toe begin ek, baie bang, meer as tien jaar gelede om te blog. Die beste ding ooit! Sjoe! Hoe beskryf ‘n mens dit? Dit het my selfvertroue gegee. Dit was die voorloper tot nou al drie gepubliseerde boeke en ook op ander plekke gepubliseerde werke. Wat ‘n voorreg!
En ek vertel van NaNoWriMo en hoe ek, totaal onvoorbereid, twee dae voor die tyd ingeskryf het en my onthoue wat ek gedink het ek al verloor het, oopgeskryf het, een deurtjie na die ander oopgesluit het. En wat dit vir my beteken het en ek moedig almal aan om húlle stories te skryf, want elke persoon se storie is uniek. Selfs ons tien dames wat vandag daar was, sou elkeen ‘n ander storie vertel, want ons beleef dit elkeen op haar eie manier.
En ons drie Goue Vroue hou saam toespraak. Of is dit eerder praatjie. Dis nie ‘ek vertel die storie’ nie, nee, ‘ons vertel die storie!’. Lekker! Ons vul mekaar aan. Ons vertel van die Goue Vroue, hoe ons saam stories skryf, dat ons in Afrikaans skryf, oral in die wêreld woon. Ek dink nie daardie vroue het al voorheen van so iets gehoor nie. Nuut! Splinternuwe nuus. 🙂 En ons ogies blink en ons is opgewonde en lewendig.
Ja, dit was ‘n lekker dag. Baie dankie dat julle my die geleentheid gegun het, dames van Bredasdorp Leeskring.
Toortsie
Dit doen my vandag goed om hierdie stuk van jou te lees, Toortsie. Ek hou sò van jou opskrif.
LikeLiked by 2 people
Oral, ja. ❤️
LikeLiked by 1 person
Toortsie, jy mag maar skryf! Elke keer wat ek ‘n skryfstuk van jou lees, dink ek jy kan ‘n ding raak sê! Dankie vir vertel van die goue vroue daar in Bredasdorp! Ek dink die groep vroue is baie besonders en die uitdagings om mekaar aan die skryf te hou is iets baie spesiaal.
LikeLiked by 1 person
Dankie ek waardeer jou kompliment! Jy mag natuurlik ook maar skryf. 😁❤️
LikeLike
Dis te lekker om so te kan vertel oor al die avonture van die Skrywende Goue Vroue. Sonder skryf/woorde kan mens nie lewe nie. Dan natuurlik ook die skryf in Afrikaans en die kuier ook. Jul klink ‘n lekker klom ouens bymekaar. AS ek or die Goue Vroue hier praat kyk hul my aan asof ek mal is. In die tussentyd geniet ek my gate uit om dit aan hul te vertel en hul gesigte te sien.
LikeLiked by 1 person
Gewoonlik as ek oor die blog en die Goue Vroue praat, herken ek daardie selfde uitdrukking, maar met dertig persent goud in die geselskap, was die storie anders.
LikeLike
Haha, kan jou glo. Dit was net een te veel vir die wat nie saam skryf en kuier nie.
LikeLiked by 1 person
Jy het vergeet om by te voeg dat almal aan jou heerlike gebak gesmul het. Nog ń baie wonderlike talent. So bly julle hou die goue vroue se naam hoog daar in Bredasdorp.
LikeLiked by 1 person
Die dame wat dit gereël het, het ook heerlike eetgoed gebring. Ek het net die kaaskoek gebring. ❤️
LikeLiked by 1 person
Dit is so spesiaal, dankie Toortsie. Jy skryf pragtige stories.
LikeLiked by 1 person
Aaaag dankie Christa. Jy weet nie hoe ek dit waardeer nie.
LikeLiked by 1 person
Madelé,die Leeskring het dit geweldig “stimulerend en vrolik” gevind.Dankie daarvoor!
LikeLiked by 1 person
Ag dankie liewe entoesiastiese Goue Vrou. ❤️
LikeLike
Dis natuurlik jy, die einste Toortsie hier aan die Suidpunt, wat my ook aan die skryf gekry het, né!
Dit was’n lieflike oggend daar by jou.
En ja as ek van vlieënde tente en denkbeeldige dorpe en goue vroue praat, kyk hulle my ook vreemd aan. I LOVEIT!
LikeLiked by 1 person
Gister het ek dit so geniet toe jy oortuigend vertel hoe ons die wêreldvol met die tent gevlieg het. 😂
LikeLike
Dit klink mos vir my glad nie meer wayout nie, dis deesdae vir my baie gewoon om met n tent te vlieg!
LikeLiked by 1 person
Praat jy. En om die maan. Of met waar jy wil gaan. Nou het ek ‘n idee! 🥂✈️
LikeLike
!!!
LikeLike
En jy het my laat boeke publiseer. Wat sê Spreuke van vriende? Hulle stimuleer en dra mekaar tot hoër hoogtes!
LikeLike
😊😘
LikeLike
Toortsie..gebore skryfster, hoor! Lief dit om jou blogs te lees. Is net bietje vies dat daar niemand was wat bereid was om net ‘n stukkie kaaskoek Pretoria toe te koerier nie!
LikeLiked by 1 person
Man, hier in ons eie huis het iemand nie gekry nie …
LikeLike