Soms staan ek net in verwondering hoe een ding my, sonder dat ek dit besef het, voorberei het vir iets anders. Soms is dit selfs net ‘n gedagte wat sonder rede, uit die bloute deur my kop flits wat ek na die tyd besef het: daardie gedagte was om my voor te berei. Dit was die Heilige Gees se waarskuwing.
Hoe sou ek ooit as kind en later, as jongmens, kon raai dat my dertienlangejare koshuisveblyf my sou voorberei vir ons weeklikse gependel plaas toe en terug? O ja, my koshuislewe het my ook baie ander dinge geleer, lesse wat ek my lewe lank sal benut, soos aanpasbaarheid, om met mense reg te kom, uithouvermoë, om planne te maak.
In my koshuisjare het ek letterlik twee lewens geleef. In die week, skooldinge, koshuisdinge. Kom Vrydag en my pa kom tel ons by die koshuis op, is daar ‘n heel ander agenda. Dan is skooldinge totaal uit my kop uit. Dan fokus ek op huisdinge. Om saam met my pa op die plaas rond te ry en by mense te gaan hello sê. Om saam met my ma kos te maak, te borduur of waarmee sy ookal besig is. Om met my pop te speel. Saam met Oupa in die tuin te werk, musiek te oefen na hartelus, Sondag kerk toe te gaan, skoon vergeet van huiswerk doen, net om Maandagoggend met ‘n skok te besef dat ek nie my skoolwerk vir die naweek gedoen het nie. Dit is natuurlik hoekom ek ook nie geglo het daaraan toe ek skoolgehou het om oor naweke huiswerk te gee nie.
Nou is ek oud en getroud, maar pendel op en af. Is ek op die plaas, doen ek die kantoorwerk wat gedoen moet word, my program lyk heeltemal anders. Ek maak nie regtig kos as ek daar is nie en sê dat ek eintlik net kamp. Soms gooi ek wel ‘n bondel wasgoed in die masjien, net om die druk oor die naweek minder te maak. Meestal is ek deesdae eintlik ‘rustiger’ op die plaas en bou energie op vir die huistoekom.
By die huis gekom, werk ek soos ‘n besetene om alles weer gedoen te kry vir volgende week se koshuistoegaan. Die wasgoed word gewas, tussen my en Maria ruk ons die huis reg, ek maak kos wat ek kan vries, verwerk groente uit die groentetuin, nooi vriende oor vir ete, doen al my draaie wat in die dorp gemaak moet word, doen inkopies, wat nog alles. Vat my Sondagmiddagslapie.
Ek wonder, as ek nie ‘n koshuiskind was nie, sou ek dit dalk anders hanteer het? Of presies net dieselfde as nou omdat dit wat nou op my lewenspad is, die pad is wat ek moet loop?
Toortsie
Jy kon my nou beskrywe het, alhoewel ek nie elke naweek van een huis tot die ander pendel nie. Daardie “gedagte wat sonder rede, uit die bloute deur my kop flits wat ek na die tyd besef het: daardie gedagte was om my voor te berei.” is hoe my lewe werk: ek besef na die gebeurtenis hoe ek voorberei was en besef ek het ;n ‘guardian angel’ wat oor my toesig hou.
LikeLiked by 2 people
Jajaaa daardie gedagtes gebeur nie toevallig nie
LikeLike
Ek dink ook nie so nie – daar is altyd ‘n rede, of ons weet of nie.
LikeLiked by 1 person
Dis so lekker dat HG ons waarsku, ons lei, ons voorberei..
LikeLiked by 2 people
Absoluut.
LikeLike
Ek persoonlik dink dit is maar deel van die lewe wat vir jou lankal – voordat jy daaraan kon dink – uitgele/beplan was. Selfs nou – die dinge wat met elkeen gebeur, glo ek is met ‘n doel en was vooraf beplan. Ons weet nie hoekom en waarom nie. Ek het jare gelede ‘n BAIE goeie preek gehoor van ‘n NG Predikant. Hy het ‘n geborduurde tafeldoek as voorbeeld gebruik. Die voorkant pragtig, elke stekie perfek in plek – die ander kant, deurmekaar. So voel ons lewens, deurmekaar, maar alles val een of ander tyd in plek – die patroon aan die voor kant. Ek sal daardie preek NOOIT vergeet nie.
LikeLiked by 2 people
Sjoe dit is mooi! Dankie vir die deel.
LikeLiked by 1 person
Wou nog se, ek was ook ‘n koshuisbrak – maar net vir die laaste 3 kwartale in St 5 (nog toe kwartale) en eerste termyn in St 6. St 5 was nogal pret, maar weet presies waarvan jy praat – die pendel tussen die koshuis/plaas en die verandering. Dit maak jou leer om ander mense te aanvaar soos hulle is ook – mensekennis wat jy op daardie ouderdom ook al opdoen.
LikeLiked by 1 person
Ons pendel al ‘n hele paar jaar, maar soms vang dit my nogal. Ek bly al hoe meer ‘n week by die huis net om dinge onder beheer te kry.
LikeLiked by 1 person
Koshuis leer mens ook op jou eie voete staan
LikeLiked by 2 people
O ja!
LikeLike
I guess this is so foreign to me I don’t understand it….you live in one place and go to another on weekends? What is a residence stay? It all sounds very interesting! Can you explain this to me? Cady
LikeLiked by 1 person
Hello Cady. Welcome! I think that you understand it quite well. We live in one place and go to the farm to live there during the week. It feels like my boarding school dats when I had two totally different lives: the one in the week when I was at boarding school and doing only schoolthings and the live at home on weekends where I did only home-things and forgot about school and forgot ti do my schoolwork that had to be done during the weekend.
LikeLike
Elke persoon het sy of haar eie plek waar idees en gedagtes hulself aan jou kom verkoop. Myne is as ek stort en nee, ek het geen idee waarom dit juis in die stort moet wees nie. Soms dink ek aan woorde van wyse en bekroonde mense en voordat jy kan sê “bliksemstraal” is my gedagtewêreld ‘n gevangene wat stoei-en-spartel vir sin. Ek gaan soek soms aanlyn na hulp of rigting oor my idee of gedagte en is selde nie verwonderd hoedat my nuuskierigheid my van een waarheid na die volgende gelei. Daar bestaan myns insiens nie so iets soos toevallige gedagtes nie. Elkeen bestaan vir ‘n rede…
LikeLiked by 1 person
Ek bewonder jou. Jy is ń inspirasie.
LikeLiked by 1 person
Haai dankie liefste Trommeltjies ❤️
LikeLiked by 1 person
Ek stem met jou saam. Die lewe het my met HGees se leiding voorberei vir waar ek nou moet wees en ek is diep dankbaar daaroor
LikeLiked by 1 person
Amen
LikeLike