Om jou hond te groet

Holladriehoe skryf vandag hoe sy haar hondjie oor die naweek moes groet. Hoe sy hom nog steeds oral sien, selfs al is hy nie meer daar nie. Ja, ek verstaan daardie oral sien van iemand vir wie jy lief is wat skielik nie meer daar is nie.

In hierdie jaar moes ek ook my ou rifrig groet. Mags was al dertien jaar oud, dis baie jare vir ‘n grootraam hond.

Die laaste paar jare was sy verkieslik ‘n buitehond, want die ou knypers wou glad nie meer werk nie. Sy het al hoe moeiliker op die bakkie geklim en een keer toe ons wil ry, vra ek haar die ou vraag wat altyd werk: ‘Gaan jy sam of bly jy?’ Toe kyk sy my in die oë, draai om en stap hok toe. Toe ek aanhou roep, kom vat sy ‘n happie hondekos, draai om en sê vir my dat sy eerder tuis wil bly.

Sy het nog altyd graag in die berg saam met ons gestap, maar as ons sou stop om te rus, kon ek sien dat haar ou lyf eintlik baie swaar kry. Tog sou sy eerder haar nooi beskerm as om tuis te bly.

In die Desembervakansie het sy een keer soos ‘n pyl uit ‘n boog geskiet agter ‘n kat aan. Sedertdien kon ek sien dat haar heupe ongemaklik. Sy kon ook nie meer gou genoeg opstaan as sy voor die agterdeur gelê het nie. Sy was oud. Sy het swaar gekry.

My man het ingestem om haar veearts toe te neem toe ek hom vra. Ek het vir Mags op die bakkie gehelp en lank staan en kyk nadat hulle gery het. Sy het hierdie boodskap vir my gegee om vir my kinders oor te dra:

Liewe kinders. Mags het hierdie boodskap vir julle. Sy sê julle moet mooi na julleself kyk. Sy was altyd baie lief vir julle. Sy sê sy het hard probeer om altyd die beste hond te wees, maar dat sy nou moeg is. Haar heupe wil nie meer saamwerk nie. Dat sy steeds graag saam met my in die berg sal wil stap, maar dat dit haar regtig baie moeg en seer maak. Haar ou lyf wil nie meer nie. Sy sê sy het alles vir Willa en Milo geleer wat sy kon en dat hulle okay sal wees en dat Willa nou die kans sal kry om haar persoonlikheid ten volle te ontwikkel. Sy sê as Nossie of Gysie oor enige iets twyfel, Willa en Milo sal weet, hulle kan net vir hulle vra. Rus sag, ou grote. ❤️

Sterkte, liewe Holladriehoe.

Toortsie

Intussen het meer as ‘n maand verloop. Willa, my jonger rifrug, hét ontwikkel tot ‘n pragtige hond wat nou weet dat sy die nommer een hond is. Sies tog, sy het baie keer geboelie gevoel (deur die ander honde) veral as ál die kinders se honde ook daar is. As die grootste van die honde, moes ons baie keer keer as sy te rof met die klein hondjies speel. Sy het sommer net vanself teruggestaan as daar ander honde kom. Nou kan ek sien dat sy weet én glo dat sy die nommer een hond op die erf is. Sy het baie meer selfvertroue en voel gemaklik as die ander kleinkindhonde ook daar is.

4 thoughts on “Om jou hond te groet

  1. Ek het my Maffiekat in my arms gehou terwyl die veearts se inspuiting getrek het. In my arms het haar hartjie stadiger geklop tot dit gaan staan het. Sy was nou weer sonder angs, rustig. Ek sal “aan die slaapmaak” vir enige persoon aanbeveel. Miskien eendag as ek in onhelend pyn is, sal dit in ons land ook wettig word vir mense. Ons gewese veearts het jare gelede gesê: please Lord, if it is my time one day, may I go like that.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s