Ek kies Oktober

Ons is ñ groep vroue, bloggers, en tussen ons klompie het ñ dorp ontstaan, Rebusfontein. Iewers in Suid-Afrika. Iewers in ons lieflike land.
Hierdie hoofstuk sluit by ñ menigte voriges aan. Jy sal dalk frons, jy sal dalk wonder. Ja, Rebus bestaan. Vir ons, en dalk vir jou.
Rebus is ons wegloop-plek, en soms ons wegkruipplek. Maar feite is, Rebus is ONS s’n.
As jy ooit lus is om deel te word, om deel te neem, sê net, en jou droom sal bewaarheid word.

Volg hierdie skakel om by die Inlinks te kom waar al die stories in die regte volgorde verskyn: https://fresh.inlinkz.com/p/e510564f63d7492b9d9a4654518443af

………

Is dit sameloop van omstandighede? Toeval? Geluk? Nee, ek het nie ‘n idee nie! In Rebusfontein is daar groot konsternasie. Party tree aan vir die kookklasse. Sonell het vir ons ‘n kosguru gekry uit Pretoria om vir ons kooklesse te kom gee. Maar, op pad kookklasse toe, of daarná, ek kan nog nie agter die kap van die byl kom nie, gaan ons ‘n partytjie hou. Én ons gaan ‘n kalender maak. Soos Calendar Girls!

Nou is die dames redelik verward, soos wat ‘n mens mos maar kan dink! Wat is nou eerste? En wat is nou laaste? Moet ons eers aantrek vir Calendar Girls? Of moet ons ons drankies bring vir die partytjie? Of is die potte en panne deel van die outfits? Hier word in kiste gegrawe vir iets outentieks, ander storm uit die huis om niks te mis nie, ander het lankal vergeet van enige ding en geniet ‘n drankie sonder om hulle te steur aan enige iets anders nie. Sit rustig op hulle stoepies en geniet die sonsondergang, soos dit hoort op Rebusfontein.

Nou ja, ek het Oktober gekies en weet nog nie of daar iemand saam met my op die foto gaan wees nie. Ook nog nie heeltemal wat die tema gaan wees nie. Gaan dit nou ‘n kombuistema wees? Ek wonder darem of dít gaan werk? Wel, ek kan natuurlik probeer om die kombuiskalenders aan die VLV-dames te verkoop, of hoe? Of is dit Back to Basics? Back to Nature?

Intussen loer ek op Pinterest rond vir interessante outfitjies vir my. Ag, ek wil mos darem nou nie afsteek by die ander nie, maar ek moet darem my ouderdom in ag neem, jy weet. En ‘n mens wil mos darem hê dit moet ‘n oulike kalender wees. Pinterest wys nogal oulike macrame kleertjies. Macrame, want ek soek die laaste tyd na macrame muurbehangsels … Sulke heuplengte rompies wat om die heupe geweef is, verder is dit mos die toutjies wat hang tot by jou voete. Dalk met ‘n mooie macrami bostukkie ook daarby. Ag, ek sal nog besluit … jy weet. Ek weet die ander sal my help om die regte besluit te neem, ons help mos darem altyd mekaar!

Intussen, laat ek loop kyk wat die ander maak, want hier gebeur dinge! En ek wil niks mis nie!

Toortsie

29 thoughts on “Ek kies Oktober

  1. Makrami en potte en knope… Ek is mos lief vir die see en eilande. My Septembertema gaan goed inpas by die natuurtema – blomme. blomme doen mos die ding in die suidsee eilande en by bome. 2 vlieë met 1 klap.

    Like

Gesels saam, asseblief!