Net een persoon – Just one person from around the world

Ek het dit by Aletta gesien, wat my verwys het na TheTravelLadyInHerShoes, wat die beweging begin het: Just one person from around the world. Een persoon wat elke dag sy kant bring om sy lewe te bring.

I have stopped watching the news….I have dropped all social media, except for my blog, which I try to keep to positive vibes…. there are a lot of folks in the world, who are everyday folks, just trying to provide food and shelter and love……….they are trying to make a living…….keep their kids educated and basically just take care of their families, without an agenda.  Me too. I think there is more of us…. Just trying to live our lives….. 

Die uitdaging? Skryf oor ‘n gewone mens wat met gewone dinge besig is om die lewe te leef. My keuse? Kobus Burger.

Kobus Burger is net ‘n gewone mens, ‘n boer. Nie een wat heeldag en aldag die hoofopskrifte in koerante haal omdat hy iets buitengewoons vermag het nie. Tog, as jy na sy lewe kyk, hét hy.

Hy is in die eerste plek ‘n boer. Een wat dit sy lewenstaak gemaak het om in die natuur te wees en kos te produseer na die beste van sy vermoë. Dag vir dag. Jaar in en jaar uit. Goeie weer, gure weer, storms. Sonskyn- en reëndae is hy op sy pos. Hy het sy lewe lank geleenthede aangegryp en die beste daarvan probeer maak binne sy vermoë en ek dink hy het goed gedoen. Hy het voluit geboer en as die natuur of die regering of die ekonomiese tye teen hom gedraai het, steeds sy beste gelewer. Tipies boer maak hy planne om te oorleef te midde van teenkanting teen boere, droogtes, vloede. Hy het binne sy vermoë aangepas by nuwe boerderypraktyke om wetenskaplik en volhoubaar te boer. Na my mening is hy ‘n goeie boer. Hy ken boerdery en het homself in verskillende takke van die boerdery bewys: Saaiery, Skape, Melkery. Boerdery is sy lewe.

Ek dink beslis dat Kobus in hierdie kriteria inpas: Hy is ‘n gewone mens wat elke dag sy bes doen om sy dagtaak te verrig, sy gesin te versorg, die lewe te leef.

Behalwe dat hy self ‘n boer was, self ‘n boerdery moes bou, het hy ook ‘n hart vir ander boere. Vir jong boere wat in hierdie moeilike omstandighede ‘n sukses van hulle boerdery wil maak. Hy sal nie skroom om jongmense wat vir hom om raad en hulp vra, na die beste van sy vermoë te help nie. Hy is nie suinig met sy kundigheid nie en deel dit graag sodat ander ook op die been kan kom. Want hy ken ook dít: Tye toe hy ‘n klein, jong boertjie was wat ook maar net graag sy deel wou doen. In sulke tye was daar ook ander, ouer boere, wat hulle hand op sy skouers gesit het om hom aan te moedig. Hy was ook in sy jongdae vir ‘n paar jaar die voorsitter van ons plaaslike boerevereniging.

Behalwe natuurlik vir sy boerevernuf, verdien hy natuurlik ‘n beker vir iets heeltemal anders: Hy is al ‘n volle 35 jaar met my getroud! En dit vra soms vir hare op die tande, glo my! 🙂 Ja, hy is ook man en pa. En hy gun dit vir my om my kreatiwiteit uit te leef. Hy is die een persoon in die wêreld vir my, die een wat ek gekies het om my lewe mee deur te bring.

Kobus is ‘n kind van God wat God op sy stil manier dien. Wat getrou kerk en bybelstudies toe gaan. Wat getrou soggens en saans sy Bybel oopmaak en met God tyd spandeer. Wat, glo ek, ook in die dag met God sal praat wanneer hy so voel. Wat weet waar sy hulp vandaan kom.

Hy is ook lief vir mense en hou daarvan om om ‘n braaivleisvuur lekker saam met ander te kuier, te lag en gesels, soos boere mos maar maak.

Toortsie

13 thoughts on “Net een persoon – Just one person from around the world

  1. Torch! How nice of you to write about a farmer and your husband as well! Farmers are not recognized for their labor and perseverance are they? And yet where would we be without them? And they do have to jump through multiple hoops from multiple government agencies that does not make their jobs any easier…..and then there is the question of who they can sell to and where they can buy their supplies from…….I am surprised that they don’t get fed up and quit. Farmers are the Soul of our countries! And I really believe that most farmers are religious folks as well…..they know miracles and where they come from! They also understand deep faith……Thank you for adding this post today and I hope to hear from you again!
    PS I think your husband looks like a combo of Indiana Jones and Crocodile Dundee!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s