Groot opgewondenheid op Rebusfontein!

Ons is ñ groep vroue, bloggers, en tussen ons klompie het ñ dorp ontstaan, Rebusfontein. Iewers in Suid-Afrika. Iewers in ons lieflike land.
Hierdie hoofstuk sluit by ñ menigte voriges aan. Jy sal dalk frons, jy sal dalk wonder. Ja, Rebus bestaan. Vir ons, en dalk vir jou.
Rebus is ons wegloop-plek, en soms ons wegkruipplek. Maar feite is, Rebus is ONS s’n.
As jy ooit lus is om deel te word, om deel te neem, sê net, en jou droom sal bewaarheid word.

Volg hierdie skakel om by die Inlinks te kom waar al die stories in die regte volgorde verskyn: https://fresh.inlinkz.com/p/e510564f63d7492b9d9a4654518443af

………

Soos ons mos almal weet, gebeur daar altyd iets op Rebusfontein, en gewoonlik is dit die onverwagte wat gebeur. Eers het ‘n nuwe dame, San, haar intrek daar geneem, en ons was natuurlik uit ons nate van blydskap. Die volgende laat weet Nossie dat sy ook lus het om daar in te trek!

Ons nuutste verhaal waarmee ons besig is, kan hier gelees word in dieselfde volgorde as wat ek dit plaas:

  1. Eers het Una geskryf: https://travel4601.wordpress.com/2021/02/18/en-selfs-in-australie-fluister-iemand-die-goue-vroue-is-oppad-rebus-toe/

Toe ek, Toortsie: https://toortsie.com/2021/02/18/rebus-hier-kom-ek/

Daarna het Christa haar storie bygelas: https://christavanstaden.com/2021/02/19/verwelkom-nuwe-inwoner-op-rebusfontein/

San was volgende met haar groot trek na Rebusfontein: https://sandreyerskryf.wordpress.com/2021/02/19/die-groot-trek-na-rebusfontein/

Daarna het San vertel hoe sy haar Rebushuisie beplan: https://sandreyerskryf.wordpress.com/2021/02/20/my-rebushuisie/

Toe vertel Una iets interessants: Iemand het Blommetjie die koei ingekleur! https://travel4601.wordpress.com/2021/02/20/wie-is-die-skuldige/

Daarna het Aalsie ‘n pragtige gedig oor ons geliefde dorpie geskryf: https://aalsie.wordpress.com/2021/02/20/glinster-en-glans/

Weer ek, sommer ‘n stukkie gesels tussen ons Goue Vroue: https://toortsie.com/2021/02/21/blommetjie/

Appeltjie laat ook nie op haar wag nie. https://appeltjie.wordpress.com/2021/02/21/op-pad-rebusfontein-toe/

En toe vertel San van haar aankoms daar: https://sandreyerskryf.wordpress.com/2021/02/22/rebusfontein/

Intussen het daar chaos onder die diere uitgebreek en dit oor ‘n bietjie verf! https://frandr.wordpress.com/2021/02/24/verf-volgens-nommers-op-rebusfontein/

Trommeltjies het ook aangeland: https://balijatiblog.wordpress.com/2021/02/14/my-wandel/

En Una het ‘n plan … ‘n lekker plan! Nossie, ek dink as ek jy is, pak vir jou iets aanderigs in, hier kom ‘n makietie. Maar dalk is dit nie iets aanderigs nie, wag, laat ons kyk wat gebeur! Jy weet, iets ‘granderigs’. 🙂 https://travel4601.wordpress.com/2021/02/25/groot-makietie-by-huisie-sonder-naam/

So, dis waar ons storie nou trek, en dit kan in enige rigting beweeg. Hou julle veiligheidsgordels vas! En Nossie, ons is opgewonde oor jou koms. Ons wag vir jou. Dit werk so: Wanneer jy lus het, skryf jy op jou blog en val net in by die storie. Kom vertel vir ons wie jy is, waarvan jy hou en hoe jou Rebusfonteinhuisie lyk. Intussen is jy sommer net laf saam met ons. 🙂

Toortsie

13 thoughts on “Groot opgewondenheid op Rebusfontein!

    1. Man, ek is al lankal lus vir ‘n regte Goue Vroue Rebusfontein partytjie. Ek wonder wat daar vir ons beplan word! Dit gaan weer iets besonders wees, ai, jai, jai! Ek dink ek moet solank op die internet kyk vir ‘n outfitjie en skoene en alles.

      Like

  1. Ja-nee hier kom weer n ding. Drink nul nog tee op ? Se stoep na al die dierewalise? Dit gegons van al die beduie. Ek het my sender ingestel om van hier af te kan hoor wat almal praat. Ek het laas in elke huis n onsigbare opvang robotjie gesit sodat ek kan hoor wat aangaan.

    Like

      1. Hang af van baie dinge! My program gaan vol wees op oomblik met my illustrasie werk. Ek is so daaroor ek kannie wag dat dit Maandag word dat ons kan begin nie. Ons het so n voorbereiding stuk gekry met baie idees wat ons kan gebruik om te vertel dmv rowwe sketse! Reeds gisteraand gaan slaap met al die idees in my kop.

        Liked by 1 person

        1. Lekker! Dit is so opwindend! Ek het ja gesê vir ‘n borduurkursus saam met gesoute borduursters. Ek us regtig die beginner. Net 4 van ons! Ek is nog nie seker wanneer dit sal wees nie, maar dit behels 5 dae intensiewe borduurwerk en huiswerk ook nog saans.

          Like

          1. Dit is werklik opwindind om so ‘n intensiewe paar dae te hê. Ek het elke jaar ‘n scrap away week aan myself gegun. Jy spoeg en plak dag en nag en dan kry jy bedags baie goeie klasse wat jy die dag moet voltooi. Dis hoekom jy tot laat sit om alles te doen.

            Like

              1. Stokflou en weer gevul met nuwe brandstof om verder te gaan. Daar was ook n swembad en die dapperes het in die koue gou ‘n swem gevat voor hul gaan slaap na so laaaaang werksessie/dag. Ons het heerlik drie maaltye gekry. Jy kon net scrap en scrap en nogmaals scrap daardie week.

                Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!