Foto-storie nr 1

In opdrag van Christa. Plaas ‘n foto en vertel die storie agter die foto.

Hierdie foto is geneem in Desember 2015. By die bekendstelling van my heel eerste boek, Toortsie se Bantingboerekos.

Wat ‘n reis! En ek is steeds besig met die reis. Ek volg net die spoor wat die Here sê ek moet.

Die boekbekendstelling was op Struisbaai. ‘n Suksesvolle geleentheid vir ‘n totaal onbekende skrywer.

Daarná het ek nie weer boekbekendstellings gehou as my nuwe boeke uitgekom het nie. Ek het net elke keer saam met my familie gaan eet. Dalk moet ek nou, met Toortsie 3, is dit nie?, weer so iets doen.

Die rooi kopdoek, wat amper my kenteken geword het, het toevallig gebeur. Dit het rof gegaan die week voor ons eerste foto’s geneem is. Dit was loneweek en dit op sigself is gewoonlik rof. So tussen die administratiewe werk deur het ek kos in die oond gedruk.

Die aand voor die fotonemery was ek moeg. En bang. Iemand het my daardie dag behoorlik bang gepraat. Ek wonder nou nog soms daaroor. Hoekom sou sy dit wou doen? Maar daardie aand het ek woema nodig gehad, daar moes nog baie kos gemaak word. Geen plek vir bang- en moegwees nie.

Uit vrees dat daar dalk ‘n haar uit my hoof val gaan soek ek iets om dit te bedek, en natuurlik gee min dinge vir my soveel woema soos rooi …

Die res is geskiedenis. So baie om voor dankbaar te wees. My Here is goed vir my.

Toortsie

Beide my na en skoonma was daardie dag daar. Ek is so bly dat my ma dit nog kon beleef.

7 thoughts on “Foto-storie nr 1

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s