Skryf ‘n opstel: Covid 19

Skryf ‘n opstel oor die pandemie.

Hierdie onderwerp kan jy op verskillende maniere benader. Ek vra vrae om jou gedagtes te stimuleer en jy formuleer die antwoorde in jou kop en skryf dit neer. Nie soos in antwoorde nie, maar maak jou antwoorde dit waaroor jy skryf. Maak dit jou eie. Onthou, behalwe as jy regtige feite noem, wat korrek moet wees, jou belewing van die virus joune is. Uniek. Niemand kan dit van jou wegneem nie en jy kan daar eerlik skryf hoe jy daaroor voel.

  1. 1.) Jy kan net ‘n reguit feite-opstel skryf waarin jy dít wat jy oor die virus beskryf. Waar is die eerste pasiënte wat hierdie virus onder lede het, aangeteken, nl die dorpie Wuhan in China, in Desember 2019.
  2. Jy kan ook noem dat dit baie vinnig wêreldwyd versprei het. Dit word van persoon tot persoon oorgedra en dat mense wat van een land na ‘n ander gereis het, dit versprei het na meer lande.
  3. Ook dat daar nou al verskillende variante van die virus is. Dat verskillende mense verskillend daarop reageer.
  4. Die inperking en hoe dit die land en die ekonomie wêreldwyd raak.
  5. Hongersnood en soveel mense sonder inkomste.
  6. 2) Ek wil jou aanraai om dalk eerder juis dít te skryf wat niemand anders gaan skryf nie. Skryf oor hoe die virus vir jóú beïnvloed het.
  7. Is daar enige van jou familielede wat siek geword het? Is daar selfs sterftes onder mense wat jy ken?
  8. Hoe het die inperking jou skoolbywoning geraak? Kon jy gemaklik aanpas by die nuwe reëlings, of was dit vir jou super-ontwrigtend? Wat is vir jou sleg van die hele ding?
  9. Kon jou ouers van die huis af werk? Kon hulle enigsins werk?
  10. Het julle gesin dalk by een of ander diensorganisasie betrokke geraak, soos byvoorbeeld ‘n sopkombuis? Het jy help kos uitdeel en hoe het dit jou geraak? Jou menswees geraak?
  11. Is jy bang? Waarvoor is jy bang? Dat jy doodgaan? Siek word? Dat julle as gesin dit tans nie maak nie en is jy bang dat julle nie kos in die huis sal hê nie? Beskryf jou vrese.
  12. Hoe voel jy oor die virus? Voel jy daar word genoeg gedoen om die verspreiding daarvan te keer? Of voel jy dit is sommer niks en dat die owerhede oorreageer?
  13. Wat doen jy en julle gesin om te verhoed dat julle siek word?
  14. Is daar iets spesiaals wat jy of julle gesin in hierdie tyd gedoen het om die inperking te vergemaklik? Het julle iets nuuts aangepak? Selfs ‘n nuwe manier om die alledaagse dinge te doen, aangeleer?
  15. Was die inperking en dit wat daarmee gepaard gaan, vir julle selfs goed? Het dit gelei tot nuwe geleenthede? Vertel daarvan?

Alhoewel jy nie my ervaring net so mag oorskryf nie, kan jy dalk as agtergrond lees hoe ek, Toortsie die virus ervaar het:

  1. a) So het ek dit opgedoen
  2. b) Die sleg van die siekte, hoe ek dit ervaar het. (Jy moenie so lelik praat nie, hoor!)
  3. c) Wat vir my gewerk het om die siekte te beveg.

Die heel belangrikste van alles bly:
Jy moet jou opstel SELF skryf. Jou EIE opstel. Dit maak nie saak as daar foute in is nie, dit is hoe jy leer om dit te doen. En geniet dit. Wees trots op dit wat jy skryf en doen.

Groete

Toortsie

Vir nog opstel- en mondelinghulp, kliek HIER.

6 thoughts on “Skryf ‘n opstel: Covid 19

      1. Dit is so. Ek kan ook nie onthou dat ons presies gewys is om opstel te skryf nie. Ek dink jou idees is baie goed en kan beslis help. Ek het gesien toe ek vir die kinders(laerskool) stories laat skryf het vir hul eie boek moes ek die opdragte baie duidelik gee en ook voorbeelde want party het nie die vermoë om op hul eie te skryf nie. Tog het elkeen sy beste gedoen en stories kon skryf.

        Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s