Wasdaguitdaging: Frustrasie

Eintlik is dit ‘n redelike beginselsaak dat ek nie sommer negatief op my blog wil skryf nie. Tog het ek die afgelope paar dae bloginskrywings in gedagte gehad wat frustrasie sou laat deurskemer. Ek skryf ‘n blog, vee hom uit. Skryf ‘n ander een, vee hom uit. Maar, terwyl Scrapy ons nou uitdaag om met hierdie woord te speel …

Jy weet, Una het nou die dag oor ‘n kiewietmentaliteit geskryf. Lees maar daar by haar as jy wil weet wat dit is. Ek het wel tot die besef gekom dat ek ‘n hele paar kiewiete ken.

Toe begin dink ek aan hiënasindroom. Dalk is ek verkeerd, maar die gedagte wat ek het, is dat hiënas lui is. Agterbaks. Aasdiere wat eerder by ‘n ander se vangs gaan aas. Steel. By jagluiperde of leeus, wat self hulle kos soek. Beweeg in die nag. Gaan woon eerder in die verlate nes van ‘n erdvark of so iets, te lui om hulle eie nes te maak.

Dalk het hulle goeie eienskappe ook, almal het mos goeie én slegtes … die ding lê by keuses, nè?

Genoeg gesê … hiënasindroom. Ja.

Daar is meer hiënas in die wêreld as wat ‘n mens dink.

Toortsie

16 thoughts on “Wasdaguitdaging: Frustrasie

  1. Liewe land, Toorts! Skop die hyena weg! Hy sal hom doodskrik. Onthou hy is tewoonlik n lafaard ook. Maar eintlik moet jy hom net ignoreer. Jy weet mos wie jy is en wat jy doen. Steur jou nie aan agterbakse lui hyenas nie

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s