Natuurlik niks vreemds in ons wêreld nie. Teen Remhoogte se bult. Jy kan self dink waar Remhoogte sy naam gekry het, nè. Teen daardie selfde bult lê baaaaie van my stap- en drafspoortjies uit my jongdae. Vasbytspoortjies. Diepasemhaalspoortjies. Uithouspoortjies.
Manlief pak gou vinnig die bagasie uit om by die domkrag uit te kom en ruil die wiel om. Ek sit in die bakkie en trek hekelwerkies uit. Toe gebeur dit. Bakkie loop van die domkrag af. Plaas dat ek uitspring trek ek die reeds uitgetrekte dhandbriek en klou aan hom. Bakkie stop. Prys die Heer! Waar sou julle my en die bakkie onder in die kloof opgetel het? My handbriekgrypery het blykbaar nie die ding gedoen nie, maar dat die as op die spaarwiel geval het.
Twee keer het dierbare manne gestop om hulp aan te bied. Ons woon mos in ‘n liewe distrik, dan nie?
Die papwiel laat my dink aan ‘n pragtige jonge dame in ‘n spierwitte rok op pad na ‘n netjiese funksie wat ook ‘n papwiel gekry het. Nee, daardie keer het daar sowaar niemand verby gery nie. Rok moes skoon bly, jy weet.
Iemand anders kuier een keer in die buiteland. Moeg, met armsvol aankope, sien sy haar mense wat haar kom optel, aankom. Kar stop by stopstraat, sy spring in. Net om te sien dat dit nie háár mense is nie. Gryp weer haar pakkies en vlie uit die kar. By die huis aangekom, sou sy sien dat sy nie net haar eie pakkies gegryp het nie, maar ook ‘n pakkie met ‘n lieflike aandrok in! 😳 Sy het dit gaan rapporteer by die polisie, ook by die plaaslike radiostasie waar ‘n wou-hom-amper-breek-soos-hy-lag omroeper dit uitgesaai het. Of die rok ooit by die eienaar uitgekom het, weet nugter, maar dat die hele land verseker gelê het soos hulle lag, betwyfel ek nie. Suid-Afrikaners is woes!
En terloops, Ursula is beslis terug. Sy het my seker jammer gekry toe sy hoor ek is siek en daar is soveel wat ek moet doen. Ai toggie!
Toortsie
Lekker stories hierdie!
LikeLiked by 1 person
Genade tog, sterkte.
LikeLiked by 1 person
Nee man! Al weer op pad. 😁
LikeLike
Ek neem datem so aan … dit klink na ‘n ervaring.
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLike
Gaan Ursula weer kom inloer hier op die blogs, Toorts? Ek hoop so!
LikeLiked by 1 person
Genade! Sy is terug met mag en mening en ek het dit nie besef nie. Maar as jy dink, die kerk was nou vir hoe lank toe, ek het blykbaar ‘hulp’ nodig gehad, wat anders kon hy verwag. Al wat ek kan vra: Dink maar aan my. Jy weet, jy jan enige iets verwag met haar saam!
LikeLike
Amper was jy oorle Toorts. Goed jy is nog met ons.
LikeLike
Nie só maklik nie, en dit sou nie sag heengaan wees nie, die koppe sou ge-eggo het! Ek belowe jou dit!
LikeLiked by 1 person
Ek hoor daardie gille 😂😂😂😂
LikeLiked by 1 person
Jajaa. Maar ek besef nou die bakkie sou nie ver loop nie en op sy as val.
LikeLiked by 1 person
Dis nou n noue ontkoming. Hoe trek jy dan nou jou hekelwerk uit? Kophou jong, jy moet voorentoe gaan nie agteruit nie( tong in die kies) Moedhou hoor.
LikeLike
Ek besef nou dat die bakkie nie ver sou loop nie, hy sou op sy as val.
Die hekelqerk is ‘n kombersie wat ek destyds vir my kleinkind gehekel het wat ek nou die rand uittrek en dit groter wil maak. Maar ek trek maat baie my handwerkies uit. Onthou Ursula is betrokke!
LikeLike
Ja nee, ek kan ook so lekker en gedurig sit en uittrek. As ek nie dophou dan kruip Ursula ook hier uit. Party goed is nog moeilik om uit tetrek ook omdat jy presies moet weet waar fout is en hoe die patroon verder gaan.
LikeLike
Oppas vir Ursula! Sy het maatjies!
LikeLike
Dis hoekom ek sê, daardie Ursullatjies spring enige plek uit wanneer jy haar die minste daar wil hê.
LikeLiked by 1 person
En soms kan hulle so dierbaar wees!
LikeLike
En hoe!
LikeLiked by 1 person
Ai, Toortsie, nou lekker gelag vir die aandrok storie. Hoop dit was darem haar grootte, dis nou as dit nie by die eienaar uitgekom het nie.
LikeLiked by 1 person
Sy het die rok gaan afgee by die winkel wie se winkelsak dit was. Hulle het nie die rok geken nie!
Ek is weer bevrees dat daardie dame die aand die skok van haar lewe gekry het toe sy haar wil regkry vir die funksie en haar rok is weg! Dít ná die vorige skok die dag toe die wildvreemde vrou in haar kar gespring het!
LikeLike
Konsternasie op die stasie.
LikeLiked by 1 person
😝
LikeLiked by 1 person