Ek het sommer agter in my Bybel in Praktyk na die lys oor geloof gekyk. Dit het my na Judas 3 gebring, waar hy ons aanmoedig om vir ons geloof te stry. Ek lees toe sommer aan en kom by hierdie vers uit:
Judas 20: Julle, geliefdes, moet egter voortgaan om julle lewe te bou op julle allerheiligste geloof. Bid altyd deur die krag van die Heilige Gees. (21) Bly in die liefde van God. Vestig steeds julle verwagting in die liefde van ons Here Jesus Christus wat die ewige lewe aan julle sal gee.
Mooi, nè? Beslis ‘n wonderlike aanmoediging.
Toortsie
Beslis n pragtige aanmoediging. Kan dit elke dag lees en later onthou.
LikeLiked by 1 person
Ek kom nou agter dat ek al die hele Feb ‘n dag agter is!
LikeLike
Ek check jou die heeltyd maar dog toe dis ook nie so erg nie. Dis mos vrywillig en daar kom soms tye wat dit nie inpas op daardie stadium nie. Ek probeer om na ek met Trompie geloop het te gaan sit om my versie te skryf.
LikeLiked by 1 person
Sal inhaal. 😀
LikeLike
Geen haas mee nie.
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n pragtige vers!
LikeLiked by 1 person