Sommer uit nuuskierigheid google ek netnou my naam. Wat word alles van my geskinder die wêreldvol? Wat weet Google van my?
Hier kom ek op ‘n paar interessanthede af, waarvan ek al lankal vergeet het.
Ja, hulle vertel dat ek op Instagram is en op Pinterest. Hulle vertel selfs dat ek al ‘n paar boeke uitgegee het! Bantingresepteboeke, as jy wonder. Dit lyk my nie dat hulle daarvan weet dat ek ‘n boek oor my kinderjare geskryf het nie, maar dit is nie ‘n treinramp nie! (fluister) Google weet ook ek is op f a c e b o o k !
Kyk hierdie een! Google weet sowaar hiervan! Julle sal maar op die skakel moet kliek om die mooie foto te sien. Dit was die foto wat agterop my eerste boek was. Ek het ‘n behoorlike ‘make over’ gekry. Ek noem dit my onherkenbare foto. Niemand sal weet dis ek nie!
Madelé Burger, skrywer van die uiters gewilde Toortsie resepteboeke is haar lewe lank ‘n plaasmeisie/plaasvrou wat die pot aan die kook moes hou in goeie en slegte tye, soos dit maar op plase gaan. Sy is ‘n plaasmeisie uit die Overberg. Haar resepte is geurig, eenvoudig en maklik om te maak.
Ek het ‘n bietjie probeer podgooi op Podbean, dalk is dit weer tyd om daarmee aan te gaan! Intussen is ek ook op Soundcloud, waar ek voorlees uit my boek, My kinderjare met betrekking tot vandag. Google weet sowaar ook daarvan! Geen geheime in hierdie wêreld nie, tensy jy ‘n totale kluisenaar is, en selfs dan wonder ek of Google jou nie gaan uitsnuffel nie!
Google weet wel van die mooi onderhoud wat Country Living in South Africa met my gevoer het.
Oe, en dan is daar vir my die baie kosbare onderhoud wat Ingrid Venter van Radio Tygerberg met my gevoer het. Luister dit gerus. Dit is ‘n getuienis.
Hulle weet ook dat ek op ‘n stadium in my lewe vir Finesse se Voelgoed blogs geskryf het, maar as ek daarop kliek, is daar geen artikels om te vertoon nie. Daardie blogs moet nog almal hier herpubliseer word. Of sommer in ‘n e-boek uitgegee word: Toortsie se goedvoelblogs, of so iets.
Google lei jou ook na die gratis e-boek by Smashwords wat jy in baie verskillende vormate kan aflaai. Hoe oulik is hulle nie! 🙂
Ag, en dan weet Google natuurlik van ander Madelé Burgers ook, wat natuurlik nie ek is nie! Genade! Twee van my! Nie ek óf julle sal dit oorleef nie!
En Google weet sowaar van die Goue Vroue se e-boek, Goue Vroue in Wonderland, maar dis in Sjinees! ???
Hulle vermeld ook die OverdeBerg, ‘n aanleintydskrif wat gereeld my artikels gebruik. O, hierdie is nogal ‘n artikel deur Letty Ann Möller oor my kinderjareboek! OverdeBerg het my reeks oor ons Baviaans Camino, asook die reeks bloginskrywings wat ek oor my Covid-ervaring geskryf het, gepubliseer.
En dan weet hulle dat ek betrokke was by ‘n gastehuis of twee. En dat ek ‘n inwoner van Rebusfontein is! Kan jy nou meer!
Hulle weet dat ek op Pasella was, maar waar die skakel na die uitsending is, weet ek nie nou nie. En dat ek op ‘n stadium vir ‘n aanlyntydskrif, Low Carb Direct geskryf het. En hulle weet van die persverklaring wat Jan Greyling oor my geskryf het, dit verkyn nogal by Netwerk 24! Daardie persverklaring het in verskillende koerante en tydskrifte verskyn.
Google weet selfs van ‘n goeie kommentaar wat ek oor ‘n gastehuis geskryf het op hulle webblad! Genade!
En hulle weet van die artikel oor my in die Lose It Magazine, iets waarvoor ek nogal dankbaar is.
Ag, nou het ek ophou soek. Daar sal seker nog geheime wees. So be it. Ek weet dat ek baie jare gelede gesoek het en al wat daardie tyd verskyn het, was dat ek donkiejare gelede op die VLV se bestuur was. Maar dit was regtig egtig in die ou dae. In die ou bedeling. Amper wil ek sê, in die Ou Testament, as jy my vra!
Google is erger as Big Brother, dis al wat ek weet. They know e v e r y t h i n g!
Groete
Toortsie
Net gooie dinge in jou verlede, Toortsie. You have kept your slate clean 🙂 🙂
LikeLiked by 1 person
Thank you! I hope that I kept it clean!
LikeLike
Mooie foto, jy is beslis herkenbaar.
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLike
Welgedaan, Toortsie, jy is bekend en jy verdien dit. Ons weet dit het deur die jare baie ure se werk en voorbereiding gekos. Dis goed en dis nodig om erkenning te kry.
LikeLiked by 1 person
Bekend? Ekwonder darem, maar dankie.
LikeLike
Haai, hoe kortaf antwoord ek. Baie, baie dankie, liefste Una. xx Ek waardeer dit. Regtig
LikeLike
Jou naampie word ook baie genoem daar by google. Jaaaaaa. Jy is ook bekend. 🤠
LikeLike
🤫😉
LikeLike
Nou het ek sommer vir jou hande geklap oor jou besige dae en dinge. Ek weet van Google se skryfsels. Selfs myne is daarso. Nou nie so uitgebreid soos joune nie maar darem daar. Sal bietjie moet kyk want ek het lanklaas gaan opsoek.
LikeLike
Jy kan gerus google! Jy sal verbaas wees!
LikeLike
Partykeer as ek iets soek kom selfs my blog inskrywing ook op omdat daaroor gepraat word. Baie oulik.
LikeLiked by 1 person
Te oulik ja. 😁👏🏻👏🏻👏🏻
LikeLiked by 1 person
Jy is beroemd!!
LikeLiked by 1 person
Nee wat, jy ook. Google jou naam. 😁
LikeLike
Daar kry ek toe net 3 inskrywings wat gekoppel is aan my naam!
1. By die fotos ‘n shawl wat ek gehekel het.
2. My info is nog op linked…. moet dit seker verwyder, maar ek kan nie meer my password onthou nie
3. My neef het ons stamboom op datum gebring met my inligting
Dws ek is so na aan ‘n kluisenaar soos kan kom
LikeLiked by 1 person
Wag wag … voor jy jou kom kry!
LikeLike