So droom ek dat een of ander baie bekende resepteboekskrywer twee van my resepte uit my Boek DRIE, Toortsie 3, is dit nie?, in haar resepteboek gebruik. Sy gee vir my die nodige erkenning, alles. Nooi my na die bekendstelling van die boek. Wonderlik! Ek voel ‘chuffed’.
Tot ek besef …
Boek drie is nog nie uitgegee nie!
So WAAAAAARRRRR het sy dit gekry? MMMMMMMMMMM?
En toe word ek wakker.
Toortsie
Genade! ; – D
LikeLike
Ja, nè? Dalk is dit ‘n vingerwysing dat ek dit nou moet klaar maak, maar die vissies … het nou al ‘n teekol op!
LikeLike
H,,, ek kry ook sulke drome …
LikeLiked by 1 person
Gelukkig is dit net drome.
LikeLiked by 1 person
Kan altyd baie waar word ….
LikeLike
Ja dit kan
LikeLiked by 1 person
Dit ruk mens nogal maar gelukkig is dit n droom, tog gebeur dit in werklike lewe ook so met tye.
LikeLiked by 1 person
Ag, mense steel letterlik mekaar se goed. Ek soek ook maar baie keer resepte op die internet wat ek verwerk.
LikeLike
Is so en veral met die internet mense steur hul nie aan kopieregte nie. Gister op my blog n aanmoning gekry dat daar goed is wat ek nie mag gebruik nie! Was met gister se versie. Kon nie sien wat verkeerd was en het weer probeer en dit het deur gegaan. Ek vermoed dis die prentjie wat ek by gesit het wat dalk die probleem was omdat ek nie n erkenning gegee het nie.
LikeLiked by 1 person
Appeltjie sê sy kry gereeld dat hulle eenvoudige, gewone Afrikaanse woorde nie wil laat deurgaan nie.
LikeLike
Dit het gelukkig nog nie met my gebeur nie. Hierdie was eerste keer dat hul beweer daar is iets wat ek nie mag gebruik nie, haha. Is ook maar n robot wat dit keer.
LikeLiked by 1 person
Op die ou end is dit soveel anders, dit lyk geensins na die oorspronklike een nie.
LikeLike
Dit is beslis so.
LikeLiked by 1 person
O gats…lekker gelag
LikeLiked by 1 person
🙈🤓
LikeLike
Was nie ek nie, belowe, al het jy van jou resepte met my gedeel. Njannies koepela was nie ek nie.
LikeLiked by 1 person
Natuurlik sou dit nie jy wees nie! 🙃😅
LikeLiked by 1 person