God sien wat jy glo – 4 Februarie

Daar is een vers waarnatoe ek aanmekaar mik, maar die Here het vir my gesê ek moet gaan kyk in Openbaring. By die sewe briewe aan die sewe gemeentes.

Openbaring 2:18-19: So sê die Seun van God, wie se oë soos vuur vlam en wie se voete soos geelkoper is. (19) Ek weet alles wat julle doen. Ek ken julle liefde, geloof, diensvaardigheid en volharding en Ek weet dat julle ook nou meer doen as tevore.

Gister se vers het gegaan dat ander mense jou geloof sien. Vandag, dat ook God jou geloof sien. Jesus sien wat jy doen. Hy sien jou liefde, jou diensvaardigheid en volharding. Hy ken jou hart.

Dis nie iets om voor bang te wees nie, want ons God is ‘n God van liefde en soek nie heeldag plek om ons te straf en pak te gee nie. Hy wil egter hê dat ons ‘n rein lewe moet leef, en as daar iets is om te bely, iets is om af te lê, iets verkeerd is wat jy doen, hoekom dit nie sommer vandag los nie? Met Sy hulp is dit moontlik.

Toortsie

4 thoughts on “God sien wat jy glo – 4 Februarie

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s