
……………………………………………………
Comono Eiland is mos die seuntjie-eiland, waar net seuntjies woon. Geen dogtertjies nie. Ook nie mammas en pappas nie. ‘n Eiland waar seuntjies net speel en seuntjiedinge doen, enige seuntjie se droom.
Op hierdie eiland is Gideon. Gideon is nie heeltemal so slim soos die ander seuntjies nie. Onthou, seuntjies is eintlik almal slim, want hulle moet planne kan maak. En as hulle dalk s e e r o w e r s word, moet hulle baie slim wees om die ander bote te kan uitoorlê. Seerowers moet slim wees.
Maar Gideon kan veg met ‘n swaard soos nie een van die ander seuntjies nie. Hy wen vir almal! Nie dat Gideon enigsins ‘n bakleierige seuntjie is nie, nee. Hy kan maar net goed veg met ‘n swaard en dit maak dat die seuntjies almal baie respek het vir hom, selfs al is hy nie heeltemal so slim soos hulle nie.
Wanneer hulle seerower-seerower speel en ander bote ‘aanval’, wil almal altyd hê dat Gideon moet saamspeel, want dan weet hulle dat hulle sal wen.
Tog, al is ou Gideon nie heeltemal so slim soos die ander nie en kan hy goed met ‘n swaard veg, het Gideon ‘n ander baie mooi eienskap. Iets wat gewone seuntjies nie sommer sal raaksien nie, want seuntjies is rof en seuntjies speel en is partykeer manman-vir-homself en ander kere eerder vir die span. En seuntjies hou van die sterker outjies wat goed kan bal skop en vinnig kan hardloop en sien nie altyd die sagter dinge in die lewe raak nie.
Gideon sal altyd uitkyk vir die eenkant-outjies. Daardie outjies wat nié so vinnig en so sterk is nie. Vir die stadige een wat dalk sukkel om die rotste uit te klim. Of wat agter raak as hulle ver hardloop. En dan sal Gideon by daardie seuntjies agterbly sodat hulle nie bang word of verdwaal of heeltemal agter raak nie. Of sodat hy hulle kan help wanneer hulle val, of as die rots te hoog is, hom druk of trek sodat hy ook die rots kan uitklim. En min seuntjies weet regtig daarvan, omdat hulle gewoonlik daar in die voorste bondel is en dit nie raaksien nie, en ook omdat die seuntjies wat nie so sterk is nie, partykeer maar skaam ook is en dit dan nie sommer oral sal vertel nie. En Gideon is ook nie een wat dit sommer sal uitbasuin nie. Dit is eintlik ‘n stille band tussen hom en die nie-so-sterk seuntjies waarvan net hulle weet.
En dan wonder ek, is Gideon nie dalk baie slimmer as al die ander seuntjies nie?
Toortsie
Ek geniet die seuntjies van seuntjie-eiland. En die lessies. Oumas weet …
LikeLike
Dankie, ek dink ek is amper klaar met die storietjies. 🙂
LikeLiked by 1 person
Ek het so ‘n stukkie bygeskryf. Dan is ek nou eers klaar.
LikeLiked by 1 person
En nou is ek regtig klaar. Ek het jou inlinks behoorlik oorstroom met al my stories. Sorrie man, jy hoef nie almal in jou kinderboek te sit nie. 🙂
LikeLiked by 1 person
Ons boek, ek wil net weet of mens dit Goue Vroue gaan noem as net vier skryf?
LikeLiked by 1 person
Dit voel my of ek nou heeltemal oorgeneem het. Ons kan minder maak. Ja ek weet nie. Dalk kan jy op voorblad die paar skrywers se bame noem en dan voor die stories begin, daardie vooraf stukkie. Van die goue vroue en al. 🤔?
LikeLiked by 1 person
Jy het allesbehalwe oorgeneem, dit is heerlik. Ek gaan self ‘n paar stories skryf, het net op sie oomblik ‘n taak wat afgehandel moet word. Sal Maandag begin skryf. Is tot einde Februarie oop, wie gaan nog skryf?
LikeLiked by 1 person
O nee ek weet nie. Drie het gevra om uit te sit. Dalk skryf die ander nog?
LikeLiked by 1 person
Sal bietjie uitvind
LikeLiked by 1 person
Daar is nog wat gaan skryf. Lyk my Goue Vroue kan wel genoem word, want dit het tog ontstaan uit die Goue vroue? Of hoe dink jy?
LikeLiked by 1 person
Stem saam.
LikeLiked by 1 person
Maar mens moet seker maak.
LikeLiked by 1 person
Moenie Seegogga vergeet nie! Ek is op pad!
LikeLiked by 2 people
Jippieee. Seegogga het so baie wat sy nou moet doen. Papiermashé masker en stenseltafekdoek en dialoog. Nadat my dialoog eintlik reg was, ‘n erg boring storie, skryf ek niu ‘n ander een. ‘N lawwe blogpost wat ek verwerk.
LikeLike
Mooi toorts. Ej dink eintlik jy het nog n paar stories om te vertel. Bv diecseuntjie wat so lief is om self musiek te maaj, die een wat teken… en dan kan daar iets gebeur….
LikeLiked by 1 person
Ek wou nog vertel van die lomp outjie, maar ek dink dat ek nou genoeg vertel het. En die outjie by wie mense dit wat op hulle hart druk, kan vertel. Die musikant is al daar. Is dit nie Anton nie?
LikeLike
O ja . Die lomp outjie wat al die balke misvang en nie vinnug kan hardloip nie!- dis ekke daai maar ek was die enigste dogtertjie op seuntjie eiland. Toe het die seuntjies gesê hulle help my maar want ek is mos n meisiekind!
LikeLiked by 1 person
O hulle help jou toe! Ek moet bieg, baie van die seuntjies se eienskappe is myne. Lomp, geen ball sense. Ek kon nog vertel van die seuntjie wat nie kan swem nie ook, want eilandseuntjies moet kan swem.
LikeLike
Ja!
LikeLike
Ek ervaar ‘n titseltjie hartseer oor hierdie seuntjie met die sagte hartjie.
LikeLiked by 1 person
Jaaa sies tog.
LikeLike