Hierdie storie word nou wyd en syd op facebook geplaas. Gedeel van die een na die ander …
As jy nog nooit…..In ‘n winkel gestaan het, en goed uit jou mandjie moes haal, omdat jy nie genoeg geld gehad het nie.Vir twee, drie, vier maande in ‘n ry nie jou rekeninge kon betaal nie.Jy elke aand in jou kinders se oë moet kyk en dieselfde tipe kos voor hulle moet neersit.Jy skaars genoeg petrol in jou kar het om tot die einde van die maand werk toe te ry nie.Nie eers R2 in jou beursie gehad het om vir jou kind te kon gee vir snoepie nie.Nie genoeg geld het om jou kinders se skoolfonds te betaal nie.Dat jy nie genoeg krag het wat jy weet nie tot einde van die maand sal hou nie.Wanneer jy nie ‘n sent geld het om vir jou kinders ‘n geskenk te koop of iets te gee vir hulle verjaarsdag nie.Wanneer jy dit nie kan bekostig om vir jou kinders iets warms te koop vir die winter nie. Al is dit net ‘n sweetpak broekie of ‘n langmou hempie nie.As jy nog nooit deur enige van hierdie dinge gegaan het nie.Dan het jy NIE die reg om vir iemand te sê”Alles sal okay wees nie…” of “Moenie worry nie man, more sal dit beter gaan!” Jy het nie die reg om te sê dat, hoekom trek jy nie in ‘n kleiner plekkie in nie…. Mmmm… Want dit kos geld, arbeid ens….Hoekom verkoop jy nie jou kar en kry ietsie kleiner nie….Hoekom doen jy nie dit nie…. Hoekom doen jy nie dat nie…. Hoekom Hoekom Hoekom…Niemand ken ‘n ander se omstandighede nie, Maar as jy vanoggend opgestaan het, en jy kan by ‘n winkel inloop en iets van die rak afhaal sonder om twee keer te dink.Vir jou kinders die beste partytjie te kan gee, of R30/40 in hulle hand stop vir snoepie geld nie.Jy nie bekommerd hoef te wees dat jou kind gaan koud kry of honger slaap nie.Dan kan jy dankie sê! Maar moet nooit in jou lewe weer vir iemand probeer raad gee as jy nie weet hoe dit voel nie!!Daar is honderde gesinne wat emosioneel swaar kry, wat finansieël swaarkry agv ñ situasie wat hulle as gesin terug gesit het.Wat elke moontlike situasie en scenario al deur gedink het.Hulle praat nie altyd oor hulle probleme om oplossings te kry nie.Partykeer moet ons net luister na daai Stem, al lyk dit of hul dit nie nodig het nie.Jy sien…party wys net wat die wêreld wil sien, soms wil die wèreld nie die waarheid weet nie.Partykeer moet jy hulle net in jou gebede hou dat dinge vir hulle sal uitwerk en op jou knieè gaan dat jou gesin nie nodig het om honger, vol bekommernis of koud te gaan slaap vanaand nie.Waardeer wat jy hetLaat Die son op almal skyn.
. “post geleen”
En terwyl ek dit lees, skree die opstand in my. Gelukkig MAG ek, na aanleiding van die kriteria hierbo , wel raad gee, asof dít die kriteria is. Ja, Ek het al nie geld gehad om vir my kinders te gee nie, ja ek kon al nie vir hulle klere koop nie, ja, ek kon al baie groot noodsaaklikhede nie bekostig nie. Maar gaan alles net oor geld? Is finansiële swaarkry die enigste swaarkry? Dat as jy nog nie finansieel swaargekry het nie, jy jou mond moet hou? Hoe weet ons watter swaarkry iemand anders het, selfs die rykste persoon op aarde? Watter emosionele, fisiese las hy of sy dra? Deur watter trauma iemand gaan?
Daar is mense wat raad gee en daar is mense wat nie van raad hou nie. Ek is ‘n raadgewer. Deur God geroep daartoe. Ek kan nié stilbly as ek iemand kan help nie, hetsy met raad of dalk op ‘n ander manier nie. Die persoon mag daarmee maak wat hy wil, maar hoe kan ek stilbly as ek dalk tog, juis omdat ek ‘n bietjie verder staan, tóg ‘n oplossing kan sien? Tog die persoon ‘n bietjie moed inpraat? Tog die stukkie hoop gee dat dit dalk weer beter sal gaan?
Dalk is dit juis daardie stukkie onwelkome raad wat die verskil is tussen maak of breek. Soos, het jy jou kar regtig nodig? Of sal die koste wat jy spaar deur in ‘n kleiner woonstel te bly, nie net mooi wees wat jy nodig het om uit te kom nie?
Want almal van ons kan getuig dat dit nie altyd net sleg gaan nie. Dat dit vir jou voel of alles om jou intuimel, daar net regtig geen hoop is nie, om tóg later, ná ‘n lang tyd, te besef dat dit wel beter gaan, dat daar wel van iewers af ‘n oplossing gekom het, antwoorde, hulp? Is dit nie juis waarvoor God ons op die aarde gesit het nie, om ander te help regop hou, moed inpraat nie? Om ons swaarkry en ervaring daarvan te benut om iemand anders moed in te praat, selfs al dra ons dalk ‘n ander swaar as die ander persoon?
Iemand het gesê: “As jy in die wildernis is en jy nie weet watter kant toe nie, maar jy kan wel sien om een tree te gee, vat hom! Vat daardie tree!” En dalk, net dalk, kan ek op daardie oomblik iemand se hand vat en hom help om daardie een tree te gee. Dalk voel dit vir hom op daardie stadium onvanpas, onwelkom, maar hoe sal ek weet of dit nie dalk juis die klein stukkie lig is wat die persoon nodig het vir die volgende tree nie?
Toortsie
Toortsie, wyse woorder soos altyd. Dankie hiervoor – en ek hoop jy voel meer gesond met elke dag.
LikeLiked by 1 person
Bqie dankie. Ek is daagliks beter. My man nou bietjie erger aangetas, maar ons is in baie goeie dokter se hande. Sy bel daagliks om te hoor hoe dit gaan.
LikeLike
So waar….so flippin baie waar
LikeLiked by 1 person
Ek hou van hierdie post van jou…….
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLike
Ek trap dalk op tone …
LikeLike
Daar is ‘n tyd vir praat en daar is ‘n tyd vir stilbly. Dis om die Wysheid te kry wanneer om wat te doen. Ek wou dit al ten hemele uitskreeu wanneer mense praat en nie ‘n benul het wat in my binneste aangaan nie. Dan weer was daar daardie bemoediging wat ek so nodig gehad het op die regte tyd.
LikeLiked by 1 person
Soos jy sê ‘n tyd vir stilbly en ‘n tyd vir praat. Op die ou end doen elkeen maar wart vir nom reg voel.
LikeLiked by 1 person
Ek hoor wat jy sê, en stem saam, maar in ‘n mate dink ek dis maar menslik om net op jou eie swaarkry en seer te fokus, en almal probeer maar hulle bes om net te oorleef in hulle eie lewe, elkeen dra soms maar swaar aan hulle bagasie. Dis moeilik om nie te oordeel nie, en nog moeiliker om soms te probeer verstaan. So ek staan maar altyd by my eie raad dat elkeen maar moet probeer fokus op hulle eie mishoop.
xxx
LikeLiked by 1 person
Dis heeltemal reg so, Enelda. Ja, almal probeer regtig net oorleef. ❤️
LikeLiked by 1 person
Mense verskil in hoe hulle dinge hanteer. Die een probeer fisies help, ‘n ander ou gee raad, ‘n ander ou bid, ens. Ek dink net ons moet versigtig wees om mense wat dit eintlik goed bedoel, se optrede en reaksie op jou swaarkry sommer te kritiseer. Dis eintlik wat ek wou sê. 😊
LikeLiked by 1 person