Help – emmerskoplysie 9

Julle! Help! HELP!

Ek weet nie waar ek is nie.

Ek weet ook nie watter kant toe nie.

Toe daai gorillamamma op ons afstorm … weet julle hoe vinnig het my beentjies my weggevat daar? Daar lê blykbaar ‘n klomp Goue Vroue uitgepass.

Maar nou is hier net bome om my. Die eerste wat ek my gevind het, was hoog in ‘n boom. Ek weet nie hoe ek daar gekom het nie. Dis oerwoud hier, hoor. Una sê ek moet oos loop, Tanzanië is blykbaar oos. Watter kant is dit? Mos regs, nê.

Una sit op die maan om te kyk of sy my dalk sien beweeg, maar sy sien net Amerika raak. Ek kan nie eers die maan sien nie. Sy sê ek moet kyk vir luislange. Luislange. Luislange? 😳

Is Rwanda dan nie oorloggebied nie? AK47?

Hier is ‘n paadjie wat lyk of dit ‘n paadjie kan wees, of is dit. Dit gaan so op. Noord is mos op. So dan moet ek nie dit vat nie, want oos is regs.

Weet iemand waar Trommeltjies is? Sy moet ons hier uithaal.

Toortsie

Liewe leser, hierdie hoofstuk vorm deel van ‘n bloguitdaging waarin die Goue Vroue van Rebusfontein uitgedaag word om ‘n vervolgverhaal te skryf waarin ons items op mekaar se emmerskoplysies uitleef. Soos gewoonlik, is een of meer van die res van ons karakters in die vervolgverhaal. Elke hoofstuk word afgesluit met ‘n emmerskoplysie en ‘n spesifieke vrou word uitgedaag om die verhaal verder te vertel …

Jy kan dus ten minste 13 hoofstukke verwag. Die res van die verhale kan hier gelees word, onthou om gereeld terug te kom om nuwes te lees. Dit is ‘n werk in wording …

https://fresh.inlinkz.com/p/901334e664234152a8107aad817a73bb.

23 thoughts on “Help – emmerskoplysie 9

  1. Baie bly jy sit darem in n boom weg van die gorillas. Ek het op my bors geslaan en die Mamma het teerug op haar bors geslaan. Gelukkig het ek nie gewag om te kyk wat sy volgende doen maar ook so hoog as moontlik in n boom geklim. Sit hier en swiep heen en weer omdat die tak uiters dun is want ek sit baie baie hoog. TRommeltjie beter vinnig plan maak.

    Liked by 4 people

  2. Ek het ook al gewonder hoe lank jy nog in darie boom gaan sit. Ek meen- dis nou nie of dit n rusbank is nie, ne. En dis tyd dat Una afkom aarde toe. . Stap solank regs en roep! Dit sal dalk help as jy so n drommetjie ding kan prakseer en dan so daarop Trommel-Trommel.

    Liked by 3 people

  3. Hierdie is n emmerskoplys novella. Net so n tussenspel tot die reeks kan voortgaan. Nou weet ons minstens wat met Toortsie gebeur het. Toorts, bly sit asb net daar waar jy is. Het eendag gelees dat ongelukoorlewendes net daar by die wrak moet wag. Kans op redding is groter

    Liked by 3 people

Gesels saam, asseblief!