Wat leer die Bybel my van Covid?

Ek verkyk my altyd aan God se humor, maar ook Sy tydsberekening. Dat dit juis nou, wat ek so geworstel het met die virus, Levitikus moet lees. Jy weet, Levitikus is nou nie eintlik ‘n plek waar ek gewoonlik rondhang nie. Maar ek lees mos my Bybel van voor af, elke liewe woord, en dit is waar ek nou trek. By al die onrein dinge. As jy ‘n veluitslag het en wat nog alles wat jou onrein maak. O, en net vir as jy wonder, ek dink ek is gesond. Ek is beslis nie meer ‘n gesondheidsgevaar vir ander nie en sal my nog steeds isoleer totdat ek nie meer hoes nie. Maar ek dink ek het hom gewen.

So wat lees ek raak?

  1. Sonder jou af. Bly weg van ander mense af as jy siek is.
  2. Die gemeente versorg sy melaatses. Hulle sit kos uit op die rand van die dorp sodat die melaatses iets kan hê om te eet. Vandag? Jou vriende sit vir jou jou benodigdhede by jou hekkie sodat jy nie gebrek ly nie.
  3. Dra jou masker en waarsku ander. Lev 13:45: Hy moet die onderste deel van sy gesig bedek en uitroep: Onrein! Onrein! Ja, regtig! Jy moet ‘n masker dra en vir ander waarsku dat jy siek is. Jy moenie uit vrees vir ‘n stigma, stilbly daaroor en ander aansteek nie. Nee, jy het ‘n verantwoordelikheid teenoor jou medemens.
  4. As jy gesond is, moet jy na die priester gaan sodat hy jou rein kan verklaar. Jy moet jou sonde bely. Jy moet teruggaan na jou geloofsgemeenskap, na die kerk en weer inskakel daar. Jy moet regmaak met God. Versoening doen met Hom.
  5. As jy weer gesond is, moet jy jou liggaam versorg. Hy moet sy klere was, sy hare afskeer en bad. (Lev 14:8) Jy moet jouself reinig. Skoonmaak en mooi maak sodat jy beter voel en die wêreld in die oë kan kyk.
  6. Jy moet ook jou huis skonmaak. (Lev 14 vanaf vers 33). Natuurlik, vir higiëniese redes, maar vir baie meer as dit. Jy moet daardie mufkolle uithaal. Uitbreek. Uitwas. Maar nie net jou huis waarin jy bly nie, sommer ‘huis skoonmaak’ op ‘n baie dieper vlak. Al daai klein jakkalsies ook sommer verwyder wat jou wingerd verwoes. Dinge uitsorteer wat al lankal uitgesorteer moes word. Terwyl jy die bul by die horings beet het en die virus beveg, stel sommer ‘n paar ander sakies ook reg, dis nie aldag dat jy die woema daarvoor het nie.
  7. Lev 11:44: “Ek is die Here julle God. Wy julle aan my diens en wees heilig, want Ek is heilig. (vers 45) Omdat ek Heilig is, moet julle ook heilig wees.

Ja, die Bybel het vir my ‘n antwoord op enige vraag.

Toortsie

25 thoughts on “Wat leer die Bybel my van Covid?

  1. Dis briljant, ek hou regtig van die verwysings wat jy “trek”, Toortsie. Die Bybel en geloof is nog vir my ‘n misterie en ek worstel soms met heelwat dinge. Ons was in Johannesburg in ‘n kerk waar die dominee so goed was daarmee om ‘n “real life scenario” te bespreek en dan dele uit die Bybel te haal wat daarby aansluit. Ek is bly jy voel darem beter x

    Liked by 2 people

    1. Hoe die Bybel vir my oopgegaan het: Ek het hom begin dwarsdeur lees in 1995. Elke woord. Genesis tot Openbaring. Dan begin ek weer voor. Want dan key jy die hele prentjie. En dan het ek voor die tyd altyd gevra: Here wys my wat U vandag vir MY wil wys. Hy het my nooit teleurgestel nie. Nou nog nie.

      Like

    2. Soos waar rk nou in die tyd al die onrein goed moes lees. Dan sê ek: Ag Here, dis rêrig bôring. Vergewe my asb. En dan begin die woorde en boodskappies so tussen die woorde uitspring sonder dat ek dit soek.

      Like

  2. In die Ou Testament het God die Israeliete fisiese instruksies gegee bv…bly weg….sonder jou af…ens.
    In die Nuwe Testament gee Jesus die melaatses n drukkie en genees hulle.

    In die O.T. moes die siek mense hulle afsonder.
    In die N.T. het Jesus die melaatses hande opgelê en hulle gesond gemaak. (m.a.w. Jesus het hulle aangeraak)

    Ons wat beweer ons is Christene, moet miskien die melaatses (covid) die hande oplê en hulle gesond maak. Ons moet nie God vra om hulle gesond te maak, die werk is ons werk en dit was Jesus se opdrag.

    Wat dink jy?

    Like

    1. Jy praat waar. Toe hierdie covidstorie verlede jaar begin het mense baie verwys na die griep van 100 jaar gelede. Wat my bygebly het van kleintydstories daaroor: Hulle het by huise gekom waat hele gesinne doodlê. Mense wat hulle afgesonder het en weggekruip het en tog siek geword het. En dan was daar soveel mense wat uitgegaan het om te help en gesond gebly het.
      Ek stem saam, ons moet dien. Maar ons moet ook versigtig wees en gesinde praktyke handhaaf.

      Like

  3. Liewe Madele jy hoef nooit verskoning te vra vir jou skrywe nie – dit help ander verstaan en dit help jou ook om perspektief te kry – mag die Liewe Heer jou aanhou dra tot jy weer genoeg krag en energie het – wees sag met jouself dit vat blykbaar tyd. Jy is regtig ‘n flitsie wat lig werp op verskeie goed… dankie daarvoor. Mooiste wense.

    Like

Gesels saam, asseblief!