Die willepes

Ewe arrogant het ek gedink: Die willepes gaan my nie vang nie. O nee! I’m not going to take part. Ek drink my Vitamien C, Selenium en sink, gebruik echinaforce, hou my redelik weg van mense af. My kop is reg, hy moenie dink hy gaan vir my inhaal nie.

So kom die Desembervakansie en die hele land stroom see toe, soos die gebruik mos maar is. Ek moet sê, ek dink hulle was minder vanjaar. Die tweede vlaag van die virus kom ook aangewaai. My doktersvriendin sê hoe hard hulle werk, elke tweede persoon het covid. Ek gaan NIE sy naam met ‘n hoofletter skryf nie, hy is dit nie werd nie.

Ons gaan see toe, maar behou die afstand. Ons en ons kinders kuier maar by die huis. Ons eet nie uit nie. Gaan stap daar ver op Struisbaai se plaat waar daar nie ander mense is nie. Stap van Waenhuiskrans af Struisbaai toe, die enigste drie mense op die strand. Saam met die kleinkinders plas ons eenkant in die poeletjies, ver van enige ander mense af. Ons gaan kuier ook nie by ander nie, het wel by een mens gaan kuier vroeg in die vakansie en het buite gesit. En verlede week het ek ‘n boek by iemand gaan haal.

Die hele tyd bou daar vog in my bors op. Ek het my longe drie jaar gelede seergemaak. Dit gebeur van tyt tot tyd, dan moet ek ‘n slag by die dokter uitkom as dit tè erg raak. Verlede Maandag besef ek, ek is siek. Ek onthou an ‘n houertjie antibiotika by die huis, maar voel intussen weer beter, tot kouekoors my tref teen Vrydag. Saterdagoggend besef ek: Ek is regtig siek. Die dokter sê: Longontsteking. Covid.

Ja, ek was dalk tè arrogant. ‘n Vriendin hèt gesê dat covid jou aanval daar waar jou swakplek is. Met longe wat reeds aan die vog opbou was, was die hekke oop …

Ek beveg hom met alles in my. Dink ek het dalk al die draaipunt bereik. Is veilig by my huis, genadiglik mis ek die hospitaal nog rakelings. Ek het wonderlike mense wat na my kyk en my Here is goed vir my.

Al wat ek vir julle wil sê: Neem hom ernstig op asseblief. Dit is geen grap nie.

Toortsie

Willepesbenaming by my skoonsus geleen.

65 thoughts on “Die willepes

  1. Liewe Hemelse Vader,
    Ai sjoe, bewaar asseblief vir Toortsie dat dit nie te erg word nie. Help haar om heeltemal gesond te word sonder enige permanente nagevolge. Bewaar haar familie ook. Sommige mense sukkel nog lank daarna met erge moegheid. Versterk haar weerstand teen alle infeksies. Gee moed en krag en genade. Beskerm teen vrees. U is die Oorwinnaar in die stryd en saam met U is ons meer as oorwinnaars. Here, wees so naby aan Toortsie dat U vrede deur haar spoel en sommer die kamer vul en daar bly hang, soos die Wolk oor Israel in die woestyn.
    Asseblief en baie baie dankie Liewe Heer.
    In die Naam van Jesus Christus bid ons, amen.

    Liked by 1 person

    1. Dankie Aalsie. Met soveel mense wat goed na my kyk, kan dit nie anders nie. Ons borduurvriendin het vandag haar goue towerstaffie oor my geswaai en ek kan alreeds die verskil voel.

      Like

  2. Toortsie, hou moed. My seun is die laaste een wat hierdie ‘Willepes’ moes kry want hy woon alleen, werk by die huis en is uiters versigtig. As sy ma het ek gevoel dat ek hom in die steek gelaat het toe hy siek word, maar hy het geweier om by my te kom bly – en hy was reg. Tog het ek sy kos en medisyne vir hom gebring, in sy motorhuis gelos en weer huistoe gery om te huil en bid.Gelukkig kon hy ons op Oukersaand vir die eerste keer kom kuier. Hy het nou eers begin om ‘n kort endjie te draf and kan sy doedelsak weer speel. Wees geduldig: dit neem tyd en jy sal moeg voel. ‘n Positiewe houding en baie liefde is belangrik. Ek hoop jy sal gou weer reg voel.

    Liked by 1 person

    1. Baie dankie Ann. Ek is/was baie siek maar kon tot nou toe die hospitaal vryspring. Gistermiddag het ek ‘n rukkie lank beter gevoel en van vanmiddag af voel ek sommer stukke beter. Dis of my suurstofvlakke ook minder riskant begin lyk.

      Like

      1. Toortsie, die ding kom in branders. Moenie moedeloos word as dit weer slegter gaan by tye nie. Gelukkig is elke brander kleiner as die vorige tot die stormsee weer plat en rustig is.
        Moedhou en sterkte vir jou.

        Liked by 1 person

      1. Ek sien, dink dit het met die watervorming ook te doen. Ek het mos ook daardie letsels op my longvliese waar die water so kan opbou. Geheim is ook om nooit oor te verhit of om te koud te kry nie. As dit koud is is mens mos geneig om warmer aan te trek as wat nodig is. Dink aan jou en hoop alles klaar binnekort op. Wat van jou man?

        Liked by 1 person

              1. Asma is wanneer jou long se lugpypie en sakkies se wande opswel of vernou asgevolg van reaksie op wat jy ook al inasem wat dit irriteer. Spanning het ook n groot invloed of as jy allergies vir iets is. Ek het al in hospitaal beland omdat ek disprin gedrink het waarvoor ek toe allergies was. Eintlik aspirien. Hele paar keer minder erge aanvalle gehad in verlede. Ek weet gelukkig redelik goed wat dit veroorsaak of vererger en vermy dan die omstandighede.

                Liked by 1 person

                1. Ek is gediagnoseer met asma sonder dat my bors ooit toegetrek het; ek was toe in my laat 20’s. Daarna het dit wel gebeur dat my bors toetrek en ek asemnood gehad het en geen Venteze naby nie. Ek kry mense jammer wat nou sukkel met asemhaal. Dis erg.

                  Liked by 1 person

                  1. Is erg. Ek het eers regtig begin met asma met die inaseming van Sasol se besoedelde lug in Secunda en daar is mos n ou goudmyn naby Evander waar ek n ruk gebly het wat die fyn stof ook intrek inmy longe geneem het. Nou weet ek al as daar iets in lug is wat my pla. Kan ook nie enige spuitblikkies gebruik nie.

                    Liked by 1 person

                    1. My vrou kan nie eens kos kook deesdae nie, veral nie roerbraai nie, want dan wil my bors toetrek. Op ‘n eiland anderkant NZ het ek botteltjies citrizine geloop en uitdrink, so uit die bottel uit, net om te kan asemhaal en ophou hoes. Dis duurder as Coke, nogal, weet jy

                      Liked by 1 person

                    2. Na baie siektes, beentheredonethat: Job skryf in sy blogs dat die Here met die mens praat op een van twee maniere: siekte en drome. Ons dink aan jou en tree vir jou in.

                      Liked by 1 person

                    3. Die Here praat ook deur siekte en drome, maar op baie ander maniere ook. Deur die natuur. Deur vriende. Deur ‘n tievallige boodskap. So kan ek aanhou. God is nie ‘n klein godjie wat jy in ‘n blik kan druk nie en voorskryf hoe Hy moet wees nie. Hy is die Allerhoogste God wat enige manier denkbaar en ondenkbaar kan en sal bereik om Sy doel mee te bereik. Baie meer as wat ons kan dink of droom.

                      Like

  3. Toortsie, Job 12:10 is baie gepas:
    Hy het al wat lewe, in sy mag, die asem van elke mens.
    NIV In His hand is the life of every creature and the breath of all mankind.
    Jou asem is in Sy hand! Prys die Here! Die Bybel is partymaal so sekuur dat mens se mond oophang. Prys die Here!
    Sterkte vir jou en moedhou. Ons bid vir jou en jou man en ook vir Anne se seun.

    Liked by 2 people

Gesels saam, asseblief!