Soms mag jy nie praat nie

Dit is vir my hartseer dat die wêreld só verander het en dat ons dit toegelaat het. Ja, óns het dit toegelaat. Want elke keer as ek en jy iets doen wat teen die wet is, help ons wetteloosheid aan. Selfs die eenvoudige ding soos om op 6 Januarie steeds massiewe klappers te skiet in jou erf, iets wat totaal teen die wet is. Ai tog, julle gaan my dalk nou brandmerk as ‘n spoilsport, of watter ander lelike woord jy ookal wil noem, maar dan is dit reg. Ek is nie meer vandag se kind nie en mag sekerlik al my eie opinie oor dinge hê.

Jy weet, op oujaarsaand byt ek maar op my tande en gun die diertjies hulle plesiertjies, hou ek maar uit en hou my honde rustig terwyl hulle oorlog maak met groot kaliber klappers rondom my erf. Die aand van 1 Januarie gee ek so ‘n ligte fronsie, maar sê niks. 2 Januarie begin ek al liggies in myself grom. 3 Januarie knor ek al effens hier in my huis… Op 5 Januarie maak ek oorlog. Dan is snaaks regtig nie meer snaaks nie.

Sommer net van die wêreld wat verander het en ons dit nie mag waag om iets daaroor te sê nie. Gaan lees ‘n bietjie wat vertel Woordnoot oor dwelmsmokkelary daar in die buurt waar sy werk. Haar storie laat my dink aan ‘n boer wat jare gelede een aand ‘n draaitjie op sy plaas gery het en op ‘n klomp perlemoensmokkelaars afkom wat besig is om perlemoen oor te laai van een voertig na ‘n ander, daar op sy plaas. Al wat hy kon doen, was om sy oë toe te knyp. Want as hy sou grom …

Ek kom nie eintlik meer op die swemstrand nie, ek swem al jare nie meer nie, verkies eerder om lang ente langs die see te stap. Iemand vertel my dat die swemkleertjies al hoe minder raak, soveel so dat die Scope of watter ander tydskrif in daardie afdeling met leep-oë sal staar. Maar dis op die strand en laat hierdie antie maar haar mond styf toehou. Soos ek sê, ons veroorsaak dit self, en die manne gee sekerlik nie om nie, of hoe?

Stap ek gister in ‘n baie besige straat en dog, hallusineer ek nou, of wat? Ek sien net boude voor my. Kan dit wees? Die persoon het seker vleeskleurige klere aan of iets. Maar nee, dit is kaal boude wat ek sien. ‘n Vrou met ‘n bikini, deurtrekker en Scope bostukkie, buk by haar voertuig in om iets uit te haal. Die bukslag is ook nie eintlik preuts nie.

Toe wonder ek: Is dit die nuwe straatdrag? Of is sy só desparaat? Om die waarheid te sê, hoekom nie sommer heeltemal kaal loop nie, dan spaar sy nog ‘n hele klomp geld op ‘n stukkie klere wat nie eers klere is nie. Hulle swembad is ook verhoog sodat as sy met daardie geen kleertjies op die rand daarvan loop, die hele straat ook ‘n lewendige vertoning het. Is sy dalk ingesluit in die produk wat hulle adverteer?

So, dink jy ek is uit die oudedoos? Ja, jy is reg. Praat ek uit my beurt uit? Sekerlik, in vandag se standaarde. Hou jy nie van wat ek hier skryf nie? Ek is regtig jammer om te hoor.

Maar ek kan ongelukkig nie net stilsit en by myself sit en mor oor hoe die wêreld agteruit gaan, ander blameer en niks daaraan doen nie. Al is die stukkie wat ek kan doen dan skryf, dan doen ek dit. Ons ís steeds veronderstel om ‘n Christenland te wees, selfs al vergeet ons dit so maklik.

Toortsie

23 thoughts on “Soms mag jy nie praat nie

  1. Toortsie, ek stem saam met jou, in beide gevalle. Ek het oujaarsaand dit genier toie die mense klappers skiet, al weet ek dit is teen die wet. Want glo my, met die inperkings wat nie wil ophou tot mense ingespuit is nie, wil ek lewendig voel. Wil ek weet dat ek en die mense om my steeds keuses het. Nie masjiene wat gehoorsaam al wonder hulle nie. En dit het soos die out tyd gevoel – inlui van nuwe jaar met nuwe kanse. ‘n Dag later sou ek oorlog gemaak het. Ses dae later beslis. Wat die klere betref, stem ek ook saam. Dit is nie straatdrag nie en ek wil asseblief nie so in ‘n vrou se agterstewe vaskyk as sy buk nie. Ek neem aan mans sal daarvan hou, maar ek dink die meeste mans sal ongemaklik voel. Ek dink sy het nie gedink nie – en dit is tyd dat vrouens dink oor hoe hulle aantrek, maar ook buk.

    Liked by 1 person

  2. Ja nee ek stem heelhartig saam. Weet jy wat is die ergste hier in die land waar ek nou woon? Die feit dat klappers wettig is. Daar is tans groot baklei aan om die wetgewing te verander en sal ek bly wees, maar dan sal jy ook ‘n oorlog sine, want die landgenote hier is meer hardegat as ons ander bevolking waar dit by “our tradition” kom

    Liked by 2 people

  3. Toe ek in Seepunt gewoon het, was ek soms regtig kwaad vir naakte tienermeisietjies wat so skraps geklee was dat hulle presies niks aan die verbeelding oorgelaat het nie. In die winkel waar ek probeer kos koop. En niemand mag iets se nie. Dertien jaar gelede stap ‘n vrou in Gardens Centre met ‘n rok SO KORT dat mens van AGTER kan sien wat sy het en te veel daarvan. Die sentrumbestuur het haar naaktheid in die openbaar verdedig net soos wat Auntie Pat poedelkaal fietsryery elke jaar toelaat. Bloedjong dogtertjies, van seker so nege, elf of twaalf jaar oud fiets sonder ‘n draad klere saam met hulle pa en ma en duisende ander. Soos een Capey dit gestel het: wolletjies, holletjies en tolletjies. En nie een enkele dominee, pastoor, priester of imam rep ‘n woord nie. Die geestelike leiers is almal grafstil want more marsjeer hulle weer saam met die Antichris teen alles wat LIG is. En ek is persona non grata omdat ek my mond luid oopgemaak het. Selfs RSG se Maandagprokureurs het nie my vraag daaroor beantwoord nie. So versleg ons omdat ons stilweh wil.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Toortsie Kanselleer antwoord