Introvert? Ekstrovert?

Is ek ‘n introvert of ‘n ekstrovert? Dit maak seker nie regtig saak nie, maar hoekom ek vra, is, ek is mal oor mense, maar geniet my eie tyd verskriklik baie. So lief soos wat ek vir mense is, net so graag wil ek alleen dinge doen, maak mense my moeg. Alhoewel ek oor jare my ekstroverteienskappe baie ontwikkel het, is ek eintlik skaam, glo dit as jy wil.

Skielik kom die gedagte vanoggend in my kop op: Google ‘can an extrovert also be a loner’. Terloops, ek het hierdie vakansie behoorlik baie gegoogle. Google se antwoord?

Of course. A loner? Most definitely. Some of this tendency for certain types of extroverts to also exist as loners can be their draw towards freedom.

Google bring my toe by hierdie artikel deur Jessica Booth uit.

Nege dinge wat ekstroverts graag wil hê dat introverte moet weet. Interessant. Ek hoor gewoonlik die andersom pleidooi, naamlik dit wat introverte wil hê ekstroverte moet weet. Dalk is dit goed om mekaar beter te verstaan en kan dit moontlike misverstande uit die weg ruim.

Mense kan eienskappe van beide ekstrovert sowel as introvert hê. Om ‘n ekstrovert te wees, beteken nie noodwendig dat jy uitgaande, luidrugtig en vriendelik is nie, maar dat jy jou energie kry deur tussen mense te wees. Ekstroverte kan steeds skaam wees. ‘n Ekstrovert is nie áltyd die spil waarom al die aandag draai nie.

‘n Ekstrovert- of introvert benaming moet nooit ‘n persoon in ‘n sekere boksie plaas nie. Mense verskil steeds. Tog is dit goed dat introverte die volgende dinge verstaan van ekstroverte:

  1. Hulle probeer nie om jou uit jou dop te kry omdat hulle nie van jou hou soos wat jy is nie. Hulle probeer eintlik net help. Omdat ekstroverte van nature meer sosiaal is, vind hulle dit moeilik om te verstaan as iemand totaal assosiaal is. Dit sal help as ‘n introvert aan die ekstrovert verduidelik dat hy dit verkies om alleen te wees en dat die introvert dit nie as persoonlik sal opneem wanneer ‘n ekstrovert hom probeer help nie. Sy intensies is regtig goed. (As ekstrovert kan ek sê dat dit my selfs soms gespanne maak, maar ek het al geleer om dit dan te aanvaar en aan te stap.)
  2. Hulle kan nie jou gedagtes lees nie, jy moet dit dalk duideliker kommunikeer. Ekstroverts is nie subtiel nie. Hulle sê duidelik wat hulle dink. Ek, as ekstrovert raak baie verward en gespanne as iemand ‘tussen die lyne’ praat of een iets sê en iets anders bedoel. Dit sal baie help as jy, wanneer jy met ‘n ekstrovert praat, reguit en direk praat. Ekstroverte tel moeilik subtiele woordjies of betekenisse ope en hulle hou niks van gedagtespeletjies nie. Hulle hou van totale eerlikheid.
  3. Hulle kan nie help dat hulle te veel inligting gee nie. Hulle hou van praat! Waar introverte van stilte hou, voel ekstroverte geweldig ongemaklik in stilte. Hulle hou daarvan om te praat en om sosiaal te wees. Hulle praat soms te veel, veral as daar ongemaklike stiltes is. Hulle kan nie daarvoor help nie, dis maar net wie hulle is!
  4. Hulle hou daarvan om tussen ander mense te wees, so as hulle meer mense nooi, is dit nie omdat hulle nie alleen saam met jou wil wees nie. The more the merrier. Moenie dit as persoonlik opneem as ekstroverte meer mense nooi nie, hulle koppe werk net so!
  5. Jy kan enige tyd by hulle aanklop, sonder afspraak en sal altyd welkom wees. En nee, hulle is nie net ordentlik deur jou vriendelik te ontvang nie. Om die waarheid te sê, hulle geniet dit baie! Hulle bedoel dit as hulle sê dat jy kan kom kuier net wanneer jy wil.
  6. Ekstroverte geniet ook alleentyd. Soveel soos wat ekstroverte die geselskap van ander mense geniet, net so hou hulle ook van alleentyd. Dit gee hulle tyd om hulle gedagtes te orden en om te ontspan.
  7. Ekstroverte kan skaam wees. Dit neem soms vir hulle tyd om uit die dop te kom. Hulle kan selfs skaam wees om eerste ‘n hand uit te steek in vriendskap.
  8. Dit is nie dat hulle daarvan hou om oor koeitjies en kalfies te praat nie, dis eintlik dat hulle glad nie van stilte hou nie.
  9. (HIerdie een is ‘n vreemde gedagte.) Ekstroverte is nie altyd aan die ‘flirt’ nie. Soms kry ekstroverte die reputasie dat hulle flirt met almal, maar dit is nie wat hulle altyd doen nie. Omdat hulle baie vriendelik en gesellig is en met ander mense ‘n geselsie kan aanknoop, mag dit lyk of hulle ‘n flirtasie probeer maak, maar dit is nie altyd so nie.

Thank you, Jessica, I really liked this piece of writing of yours.

Toortsie

Ek kan regtig met hierdie feite assosieer, net nie met die flirtasie-een nie. Tog ken ek sulke mense ook.

10 thoughts on “Introvert? Ekstrovert?

  1. Iemand vra of ek ‘n ekstrovert is, toe antwoord ek: “nee, ek is eintlik ‘n skaam introvert wat geleer het om te ‘cope'” Jy is reg; niemand het bordjies nodig nie. Ek is taans onder groot druk van sg geleerdes wat dink beroerte herstel soos verkoue, met een week bedrus OF dat iemand met outo-immunisktes (vyf daarvan) gewoon ‘sonder ambisie’ is. mense hoort nie in boksies nie; dis vol stof en spinnerakke.

    Liked by 1 person

  2. ek het ‘n vriendin wat ‘n opperste ekstrovert is. mense wil nie by haar sit nie, want sy praat letterlik onophoudelik. dis uiters irriterend. Ons het eenkeer ‘n sielkundige by die skool gehad om ‘n Mayer-Briggs ontleding te doen vir personeelontwikkeling. Toe sê sy die volgende: die ekstrovert wil hê almal moet weet van die ingroeitoonnael. die ekstrovert se toon sal afgesit word, dan weet net hy dit. Die oorgrote meerderheid van die personeel was in die ekstrovertgroep en net 5 van ons was in die introvertgroep. Toe sê sy ook: daar is die groepe wat kreatief dink en die wat binne die reels dink. Toe is daar net 3 van ons oor in die reels-introvert groep. Toe sê sy hierdie groep is nie altyd die beste onderwysers nie (waarmee ek toe glad nie saamstem nie) maar dat hulle die groep is wat sorg dat die skool georganiseerd loop (en daarmee stem ek toe heeltemal saam)

    Liked by 1 person

  3. Mense kan maklik die betekenis van die twee woorde verwar. Ek dink nogal ek is so bietjie van albei. Ek kry defnitief my energie van mense om my, maar terselfdertyd het ek soms tyd alleen ook nodig. Dis nogal ‘n stryd om soms die balans reg te kry.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!