My man se regte egte outydse boerkomkommers dra! Hier is die Bantingweergawe, my eerste poging om soetsuurkomkommers in te lê.
- Bestanddele:
- 250 ml wit asyn
- 200 ml xylitol
- 400 ml water
- 10 ml sout
- 2 lourierblare
- 2 knoffelhuisies, in stukkies gesny
- 7 swartpeperkorrels (Ek het sommer fyn peper gebruik)
- 2 Engelse komkommers, gewas en in skywe gesny
- 1/2 ui, in skywe
Metode:
Verhit al die bestanddele, behalwe die komkommers en ui tot kookpunt.
Voeg komkommer- en uiskywe by.
Plaas deksel op.
Skakel plaat af.
Laat staan 5 minute op plaat.
Skep in gesteriliseerde potte.

Dit lyk en klink heerlik. Het jy al geproe?
LikeLiked by 1 person
Ja, maar ek dink dit moet ‘n dag of wat staan om te marineer.
LikeLike
Ja ek dink ook so. Alles moet goed intrek voordat dit perfek is.
LikeLiked by 1 person
Toortsie, jy is ‘n regte boervrou!
LikeLiked by 2 people
Jajaaa my hele lewe lank. 😁
LikeLike
💞
LikeLiked by 1 person
Kyk, uit daai groentetuin kom die groente klompe op ‘n slag. Ek moet dit benut.
LikeLike
Mooi🦋
LikeLiked by 1 person
Lyk heerlik!
LikeLiked by 1 person
Dit het nogal lekker gesmaak. Dit smaak soos kleintyd se komkommers wat ons ma’s suiker en asyn oorgegooi het. Nou moet ek kyk hoe lank dit moet staan voor gebruik en hoe lank dit sal hou.
LikeLiked by 1 person
Kan jy die resep kry waar mens dit kook en soos konfyt eet? Dis omtrent so lank soos mens se duim en pofdik opgeswel wanneer gaar. En dit kraak onder jou tande met baie klein pitjies. Of is dit n tipe agurkie wat mens so kook? Jaaaaaare laas gekry..
LikeLiked by 1 person
Ja agurkie konfyt. Trommeltjies weet nogal waar ‘n mens agurkies kry. Resep? Ek is seker Google sal weet.
LikeLike
April maand is die agurkies reg vir pluk. Sal vir ons kry daardie tyd, dan probeer ons. Sal solank resep soek. Jou komkommers lyk heerlik, gaan defnitief probeer.
LikeLiked by 1 person
Ek hoop nie ek lei julle die sloot in nie.
LikeLiked by 1 person
Water my mond dan nou
LikeLiked by 1 person
Dit smaak soos outydse komkommers met suiker en asyn.
LikeLiked by 1 person