Al die jare jaag ek nie regtig groot getalle nie. Wel, daar ís soms wat ek die getal klieke op my blog dophou, ek hét immers syfers studeer op my dae al het ek dit al alles verloor. Maar dit is nie my alfa en omega nie. Dit ís lekker om te sien as mense my blogs lees of reageer op my faceboekbladsye, ens.
Maar al die jare was my ingesteldheid: as ek aan een mens ‘n verskil kan maak, sal ek bly wees. Net een. Een mens inspireer om goed te doen vir ander. Een mens na die Here lei. Een mens se las ligter maak. Vir een mens vreugde bring. Elke een meer as een is ‘n bonus. Net een. En nóg een. En nog een. …
Ek kan nie die hele wêreld red nie. Ek kan nie elke persoon in die wêreld wat swaarkry, help nie. Ek kan nie vir almal kospakkies gee nie. Of joghurtbakkies met lekkernye nie. Ek kan nie vir die hele wêreld se mense almal op die naam bid nie. Ek kan nie vir almal moed gee nie. Ek kan nie eers optree dat almal in die wêreld van my hou nie. Nie almal oortuig om water te spaar of minder plastiek te gebruik nie. Om meer Bybel te lees en tyd met God te spandeer nie.
Maar as ek een mens kon oortuig om meer tyd met God te spandeer, een mens kan help om ‘n swarigheid in sy gemoed af te werk, een mens kan bemoedig …
Is ek so gelukkig.
Toortsie
Presies soos ek jou leer ken het. Omgeemens.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie
LikeLiked by 1 person
jip. een op ‘n slag.
LikeLiked by 1 person
Soos altyd gee jy vir ons wysheid – ek sien altyd uit om joy volgende pos te lees en ek geniet jou positiewe houding.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie. Ek waardeer dit regtig.
LikeLike
En so maak jy die wêreld ‘n beter plek, een op ‘n slag
LikeLiked by 1 person
Jy ook! ❤️
LikeLiked by 1 person
ek weet ek val onder daardie mense wat versterking kan kry by jou niggie. Lief jou
LikeLiked by 1 person
Jy gee net so baie aan ander. ❤️ lief vir jou ook.
LikeLike
En vir die neef.
LikeLike
MAAR, dis ook baie lekker om te sien hoe mens se kykergetalle groei.
LikeLiked by 1 person
Beslis! Ons skryf mos nie net vir onsself nie. 😁
LikeLike
Dis presies hoe ek ook voel. Jy beïnvloed beslis my geloof en vertroue wat êrens langs die pad afgewater het. Ek het tot die naweek Angus Buchan se Faith like potatoes in Afrikaans gekoop en kon hom nie sommer neersit nie.
LikeLiked by 1 person
Ek is bly. ❤️
LikeLiked by 1 person
Daai een….hou aan Toorts. Die Goeie Herder het mos omgedraai vir een skaap.
LikeLiked by 1 person
Mooi
LikeLike
Laat jou liggie skyn in die donker wereld💐
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLike