Sommer net romanse

Soms het ek sommer net lus vir ‘n lekker storie. ‘n Doodgewone liefdesverhaal. Waar daar ‘n held en ‘n heldin is wat mekaar vind. Sommer net vir die lekker daarvan.

Want dis altyd goedvoelstories. Selfs al is dit in ‘n mate voorspelbaar, selfs al weet jy wie op die ou end bymekaar gaan kom, weet jy nie hoe dit gaan gebeur nie.

Dit is ontspannende, ligte leesstof en as ek dit lees, ontspan ek ook sommer. Skei my liggaam goedvoelhormone af. Is ek sommer weer lief vir my geliefdes ook.

Ek het hierdie twee boeke baie geniet. Hulle het saam in ‘n pakkie by Checkers gelê.

Toortsie

12 thoughts on “Sommer net romanse

  1. En ek het gister ‘n nuwe woord geleer: sensuous, wat ek altyd verkeerdelik as sensual gebruik het. Sensuous kan iets wees soos ‘n lekker aanraking, ‘n sonsondergang, stap in die bos of sit en kyk hoe Agulhas se branders tevergeefs die dragetennenne oftewel rotse probeer oorwin. iets met sensasie of die sinne te doen. Maar ek is koppig; sensueel beteken vir my voelgoed en nie iets seksueel of fisiek romanties nie. Ek sou graag die kuns wou bemeester om te kon skryf oor hoe twee siele intertwine en harte inmekaar vleg sonder dat soveel as ‘n pinkie aan mekaar raak; en dan hoe liefde in daardie sielsflessie blom en lei tot hartsvreugdes. Mills & Boon doen lyfskryf; ek het dit al op versoek vir jongmense gedoen wat ‘n huwelik wou red, maar ek dink die sielsdimensie en die geestelike is net soveel belangriker. En ek wens my kop wil regkom dat my vinger dit wil skryf; ek probeer maar dit kom nooit tot hier nie.

    Liked by 1 person

  2. Ek het min fiksie gedurende verlede jaar gelees en is nou baie lus vir ‘n goeie romantiese verhaal. Jy laat my dink ek moet een van die dae ons boekwinkel besoek om ‘n storie uit te soek waarin ek verlore kan raak.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!