Die koningin en manipuleerders

Ek het ‘n ding oor manipuleerders. Mense wat hulle mag misbruik om hulle eie selfsugtige begeertes te bevredig. Mense wat nie twee keer sal dink om die waarheid effens te verdraai om hulle sin te kry nie. Mense wat op ander se gevoel speel op die dierbaarste denkbare manier, soveel so dat ‘n mens dit mos nooit van hulle sal dink dat hulle so laag sal daal om mense enigsins te manipuleer nie. Mense wat blatant lieg … van hulle wil ek nie eers praat nie, wat jou in die oë kyk en lieg met ‘n mooi, onskuldige stem, soveel so dat jy hulle op daardie oomblik glo, net om daarná te besef dat hulle weer eens vir jou gelieg het. Dan praat ek nie eers van onskuldige wit leuentjies nie. Mense wat geen respek vir ander se gevoelens of grense het en wat alles denkbaar sal doen net om hulle eie selfsugtige begeertes te bevredig nie? Selfs al skree alles dat dit teen die ander persoon se wil se grein se persoonlikheid is.

Soos reeds genoem, kyk ons tans die reeks, The Crown. Ek het geskryf:

Ek beleef hoe sy gemanipuleer word, en hoor hier, as daar een iets is wat my hare laat regop staan, horings op my kop laat uitkom, is dit mense wat ander mense druk, manipuleer om teen hulle sin iets te doen sodat die manipuleerder bevoordeel word daardeur, net om op die ou end nog die kritiek daarvoor te kry of verder gemanipuleer te word. Sy word deur verskillende mense gedruk sodat húlle daardeur bevoordeel moet word, selfs al is dit teen haar grein. Selfs al het daardie mense al voor die tyd geweet dat dit wat hulle vra, nie reg is nie. (Dit is in die eerste seisoen, totdat sy eienaarskap oor haar koninginskap geneem het.)

In my hart kry ek manipuleerders eintlik jammer. Hoe sal ek weet wat hulle dryf dat hulle só selfsugtig hulle eie begeertes najaag dat hulle nie omgee of hulle iemand ander se grense eenvoudig ignoreer nie? Dat hulle die sterk punte in hulle eie mondering eenvoudig toelaat om só beheer oor hulleself te kry dat hulle later alle grense oorskry? Wat is die honger wat hulle regtig in hulle hart het? Dalk ‘n honger wat slegs Jesus kan vul? Dalk ‘n pyn wat hulle hulle hele lewe lank wegsteek? Dalk iets waarvoor hulle hulle hele lewe lank ‘n anwoord soek en dink dat die misbruik van mag daardie leemte sal vul?

Aanvanklik het ek in prinses Margaret manipulasie gesien. Om haar koninginsuster te druk, op haar gevoel te speel om iets te kry wat sy self in die kiem moes smoor toe sy die eerste tekens daarvan gesien het. Ek praat van haar verhouding met ‘n getroude man, Peter Townsend. Maar ek kry haar ook in my hart uiters jammer. Die prinses wat eintlik regtig die kolliglewe sou geniet, wat weens haar omstandighede, haar hartseer, soms haar gebrek aan goeie oordeel, nie tot haar volle reg kan kom nie. Wat in haar hartseer en haar vasgehoktheid later behoorlik uitbreek, net om een keer in haar lewe haar merk te kan maak. (Ek is nou besig met die tweede seisoen van The Crown.)

Dan is daar die geabdikeerde koning. Iemand oor wie ek jare gelede ‘n artikel gelees het wat vir my so mooi was. Die koning wat bereid was om sy kroon af te gee ter wille van sy liefde. Hoe hartseer. Hoe mooi. Tog tel ek elke keer tussen die lyne op hoe hy op ‘n baie subtiele manier maniupulasie probeer toepas. Hoe hy die koningin probeer sagmaak. Subtiele opmerkings soos die kleur van die koningin se kantoor wat sy kleur was. Een keer het hy vir haar goeie raad gegee en ek kon sy hartseer daarin hoor, dat hy steeds halfkoning is, maar nie ‘n koninkryk het nie. Maar hy het my kwaad gemaak. Dalk is dit wat die skeppers van die reeks wou hê, want dit gaan mos eintlik oor die koningin. Sy blatante manipulasie het my gekrap. Want manipulasie krap my. As ek eers een keer manipulasie bespeur …

Die koningin het hom uitstekend hanteer. Bravo! Ek hou al hoe meer van haar.

Toortsie

13 thoughts on “Die koningin en manipuleerders

  1. Dankie vir die mooi beskrywing. Manipuleerders is ool nie my vriende nie. Ongelukkig is hul meestal so daarop ingestel dat mens dit nie sommer raaksien nie. Die koningin het beslis n besondere talent om mense op te som en dan op te tree soos dit van haar verwag word en ook soos sy dit in n mate sien.

    Liked by 2 people

  2. Tesame met manipuleerders is daai tipe wyfies wat teen hekpale staan en piepie om hulle gebied af te merk en trots te voel as hulle almal in hule huis gedomineer het totdat hulle eendag hulle sin gekry het. Dis hoekom gesinne uitmekaar spat en mans agressief raak. Ek sien dit in ‘n paar vriende se huise en die vroue dink hulle is oulik maar eintlik is hulle onaanteelbaar walglik vir my. Dis hulle en hulle misandrie wat ongelukkig nie deur die GBV-beweging aangespreek word nie. Ek het al in Seepunt op straat onder so ‘n ryk verwende wyf se tong deurgeloop, toe sy soos wat haar teedrinkende nasie graag doen, ingemeng het met iets wat haar nie naastenby geraak het nie. Drie keer op een oggend, drie wildvreemde wywe (hulle is nie vroue nie en nog minder dames) terwyl hulle susters marsjeer Parlement toe om te gaan se EK is ‘n vark. Hulle is die soort vroue wat hulle mans fisies aanrand en dan verwag hy moet altyd net staan en die houe vat. Dit gebeur in die beste woonbuurte, want dis waar ek dit self gesien het. Daar waar jy twaalf plat silinders nodig het om die kar built-uit te kry. Hoog, skuins en duur.

    Like

  3. Hulle is n ander spesie daai…het nou self n paar jaar met een gesit..
    En eintlik is daar nog in my geledere maar ek het die manipulasie herken en gee hul geen kans.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s