Die Goue Vroue koop kunsleer

Hierdie is deel van ‘n uitdaging wat Christa aan ons gegee het.

Vir die doel van hierdie uitdaging word elke Goue Vrou uitgedaag om ‘n ware verhaal te vertel waarin sy waaghalsig, roekeloos, dapper, onverskillig, vreesloos, uitdagend, mal, koen, riskant, gevaarlik of heldhaftig was. Met een groot verskil.

Soos gewoonlik is die res van ons karakters in elkeen se ware verhaal. 

Die verhale van die Goue Vroue se waaghalsigheid kan hier gelees word https://fresh.inlinkz.com/p/f80d05d5846445598fea67b47c8a6182

……………………………

Ons sit die aand tog te lekker daar op Rebusfontein om die langtafel en gesellig verkeer ná ons lekker kersete en wonder wát ons volgende kan doen, toe Christa ons uitdaag om waaghalsig te raak in 2021. Haar woorde?

Ek wil weer waaghalsig raak. Nie roekeloos nie, net waaghalsig. Om 2021 te trotseer. Niks kan mens se spoed stuit as jy die Here saam met jou in die stryd indra nie. My wens vir jou is dat jy ook waaghalsig gaan wees. Iets nuuts gaan probeer. Uit gemaksones gaan beweeg. Om ten volle te leef! ‘n Struikelblok, of dit nou ‘n pandemie is of nie, mag jou nie jou definieer nie.

My kop begin oortyd werk. Waaghalsig, maar nie roekeloos nie? En wat vir my waaghalsig is, is nie noodwendig waaghalsig in die ander se oë nie.

Nou ja, almal wat al my boek gelees het sal agterkom dat ek eintlik maar ‘n bang mens is. Ek is eintlik net grootmond. Storm in voor ek dink. Maar ek het kunsleer nodig, wil banke oortrek. Al die buurvroue vertel van die oulike winkel waar hulle kunsleer koop in die Kaap. Ek weet mos die Goue Vroue sal ook hou van ‘n lekker uitstappie. Ek vra of hulle wil saamgaan en dadelik, soos een man, stem hulle in.

Wat hulle, en ek, nie geweet het nie, is dat die winkel iewers in ‘n woonbuurt op die Kaapse Vlakte waar ek nie gewoonlik kom nie. Julle weet, ‘n mens hoor allerhande dinge op die radio. Seegogga sê sy is nie bang nie, sy het reeds een keer met haar kokende karretjie gaan staan toe daar vriendelike, liefdevolle mense uit daardie kontrei vir haar gehelp het. Aalsie gee ‘n swaar sluk. Sy weet wat in die nuus aangaan. Wil ons regtig dáár kunsleer gaan koop? Maar Trommeltjies ken die Kaap en weet van interessante winkels. Sy sê dis reg, ons kan gaan.

Julle weet mos ook dat ek nie eintlik rigting het nie. En die padaanduidings en die naam van die winkel is ook maar onseker. Ons ry soos die vriendin vir my beduie het, maar daar is niks. Dis ‘n gekekkel en geplanmakery in die bussie soos jy maar net kan dink. Appeltjie beveel aan dat hulle iewers moet hulp vra. Hulle stop by die eerste klompie mense, wys in een rigting. Hulle ry soontoe, daar is niks. Vra vir die volgende klompie mense, hulle wys in ‘n heel ander rigting. So gaan dit aan. Ons ry van bakboord na stuurboord.

Ek begin al hoe meer bekommerd raak. Waar gaan ons vandag beland? Hoekom beduie almal in ‘n ander rigting? “Kom ons los maar eerder die kunsleer”, sê ek. “Nog nooit gesien nie!”, sê Una, “ek is nou te nuuskierig wat alles in daardie winkel is.”

Uiteindelik kry ons die plek. Spanning is duidelik op my se gesig geskryf. My oë staan stokstyf in haar kop.

Ons gaan in die winkel in en Sonell vra ewe behulpsaam waar die kunsleer is. Op met die trap, beduie hulle. Op ‘n streep is al dertien die Goue Vroue op met die trap. VirgoC sien mooi wolle waarmee sy lappieskomberse wil brei. Frannie sien ‘n klein silwer suikerlepeltjie wat sy graag wil koop. Christa sien die fraaiste speelgoedjies vir haar kleinkinders, sy is net te opgewonde. Scrapydo sien ‘n herderstaf wat sy wil gebruik by die skapies wat sy oppas. Positief is in haar noppies! Hier kan sy presies die regte saamgepersde bord basisse koop vir die blombakke wat sy hekel.

Die Goue Vroue kekkel behoorlik. Die winkelassistente kom staan al hoe nader met ‘n blink in die oog: Vandag slaan hulle ‘n groot slag. Hier is hulle geluk!

Maar ek? Ek is nie op ‘n plek waar ek gemaklik voel nie. Die gedruis maak my kop deurmekaar. Die stad maak my angstig. Ek wil net hier wegkom.

Ek vra vir die man wat my help of hierdie kunsleer geskik is vir banke oortrek. Hy vra my ‘n bietjie uit oor die gebruik van die banke. Word dit baie gebruik? Maar voor ek regtig kan antwoord, sê hy, “mevrou, koop eerder vir jou ordentlike kunsleer.”

Woordnoot sien my angs, vat my aan die arm en sê, “Kom, Toorts, kom ek stap saam met jou uit.”

Die Goue Vroue is op daardie stadium redelik klaar gekoop en woerts weer by die winkel. So in die uitloop roep een van die winkelassistente agterná: “Don’t stress so, lady!”

Groete

Toortsie

(‘n Ware ervaring met ‘n Towerinkinkel)

18 thoughts on “Die Goue Vroue koop kunsleer

  1. Ek hou ook van materiaal winkels. Die paar jaar terug toe ek ingegaan het om kwilte te maak het ek eers by die huis uitgewerk watter kleure en hoeveelhede. Dan het ek van materiaal winkel tot winkel gedwaal. Baie kere sonder iets te koop wat my n kans gegee het om weer terug te gaan. Daardie omgewing waar jul ingevaar het sou my ook kriewelrig laat voel het.

    Liked by 1 person

  2. Hierdie is my soort ding. Ek en ń materiaal winkel is groot maats, ek kan net rond dwaal, aan al wat ń lap voel en prentjies op tower wat jy met die lap kan maak. Tog, nou met covid kry ek deesdae groot angs in besige plekke.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s