Ek het ‘n nuwe goeie maatjie -Rebusfontein

Dinge woel in Rebusfontein. Al die Goue Vroue is daar in hulle volle glorie. Die kersliggies blink, die huise is versier met al wat tooisel is. Oral hoor jy kersmusiek speel. Hier hoor jy iemand lag, daar gesels ‘n paar.

Ons kuier van huisie tot huisie, van stoep tot stoep, ons vertel laggende van alles wat ons in hierdie jaar aangevang het en van al ons avonture wat ons saam gehad het. Ons lê soos ons lag vir al ons wedervaringe, hoe ons uit Kamp Goldilocks ontsnap het, ook hoe ons net-net betyds uit die hande, of is dit potte van die mensvreters van mensvretereiland, ontsnap het. Net betyds die Titanic verlaat het met ons vlieënde tent, die Zorba gedans het, op verkeerde bus in Spanje beland het, hoe ek en Trommeltjies vir ons erwe langs mekaar gekoop het in die Baviaansberg. Ons lag vir die reaksie van sommige op die dinkies en toe ons die groen stokkielekkers uithaal! Daaroor moet ek liewers niks sê nie.

Ons het vir Carona Mouna gewys waar Dawid die wortels begrawe het, ‘n biblioteek gaan skoonmaak en met dit op die grootste misdaad denkbaar afgekom, wat ons natuurlik moes uitrafel. Toe Covid 19 die hele wêreld vasgegrendel het, het die Towerinne eenvoudig hulle verlustig in hulle eie wonderwêreld en hulle nie laat onderkry nie. Saam het hulle die wit koningin gehelp tot vryheid en om weer haar liefde te vind en het hulle in hulleself mekaar se goud ontdek, vandaar die Goue Vroue.

Rebusfontein het ook in hierdie jaar ‘n nuwe baadjie gekry, ons het ons huisies afgestof, nuutgemaak, selfs rondgeskuif en ons het ‘n heerlike dorpsmeent. Dan nie eers gepraat van al die diere, feetjies en wat nog alles wat daar is nie!

Die Towerinne weet hoe om saam te staan. Hulle weet hoe om ‘n avontuur te maak van die kleinste dingetjie. Geen uitdaging is vir hulle te groot nie en hulle steier nie terug vir enige gevaar nie.

Nou is hulle op Rebusfontein, reg vir die grootste, plesierigste, lekkerste Kersfees waaraan jy nog ooit kon dink. Eers het Boeta ons almal se tuine reggeruk en toe ons weer sien, het Kersvader behoorlik daar ingeval. Daar is nie ‘n ander, beter manier om dit te beskryf nie. Ingeval, ja. Nou dwaal hy daar in Rebusfontein rond, hy moes eintlik vir die res van Suid-Afrika gaan geskenke uitdeel. Hy kuier egter so lekker by ons, toe ons hom van Courier Guy vertel, was hy behoorlik in sy noppies! Dís sy antwoord!

En dís wat ek wou vertel: My nuwe beste maatjie is Courier Guy. Julle weet, Una het ons almal ingedeel vir die reëlings rondom Kersete en ek moet die kos maak. Ek en VirgoC, maar my kop het nou al seker twee weke gelede gaan stilstaan. Kosmaak? Nie nou nie!

So, met Woollies en ander spesiale eetplekke se internetbestelling en Courier Guy om dit af te lewer, is ek reg vir Kersete. Ek is nog besig om te beplan aan die spyskaart en hoop dat VirgoC vir my gaan help daarmee. Eintlik dink ek die Towerinne kan elkeen vir my ‘n voorstel gee van iets waarvoor hulle lus is, sommer hier in die kommentare en dan sal ek die bestelwerk doen en die aflewering reël. Hoe klink dit? So, dames en Boeta en Kersvader en al die diere, julle is welkom om julle versoeke in te stuur. Julle mag maar woes bestel, ‘grand’ kos, oorboord gaan, want ons gaan dit mos doen soos nog nooit tevore.

Toortsie

59 thoughts on “Ek het ‘n nuwe goeie maatjie -Rebusfontein

  1. Oeie, Toortsie, ek stem ook vir jou tunatert. My gunsteling by Woollies is ń basil en wheat slaai, ek is verslaaf daaraan! Jy moet onthou, ek verstaan as mense moeg raak vir die kombuis, so jou plan om kos te bestel is absoluut wonderlik!!! Sussie VirgoC sal dadelik vra vir wit gesnyde Albany brood, ek ook, myne moet net marmite ophê. So ons is maklik. Ook enige soppe, en ń mince vetkoek ‘on the side.’

    Liked by 1 person

      1. Haha nou praat jy. Sal daardie twaalf skape en twee lammers netjies vasbind sodat hul nie kan ontsnap nie. Sien my al in die ruimte rondjaag om hul weer op te pik. Dan is die bok ook nou groot en sy het lekker horings. Hoenders sal kom eiers lê vir ontbyt. Hul is n hele mob. Sjoe sal wraggies n sleep vuurpyl moet bou.

        Liked by 1 person

  2. Toortsie, sit tog groot ‘seblief vir Boetie aan om vir my ‘n skaaptjoppie te braai – dit moet so ampertjies verkool wees dat dit so lekker breek as ek daaraan hap – ai tog, hoe water my bek nou…en ‘n tamatie, uie en kaas-braaibroodjie ook, terwyl hy nou besig is – ek sal dit sommer self aanmekaarslaan, hy moet dit net vir my braai dat dit so goudbruin en bros is…
    (Hmmm, groen stokkielekkers??)

    Liked by 2 people

  3. Toortsie en wat van ‘n lekker trifle? Ons kan elkeen iets voorberei om by te las…ROOI Raspberry en GROEN Greengage en GEEL Pynappeljellie.Dan sponskoek van jou koerierdiens en tuisgemaakte vla en heel bo-op styfgeklopte room met fyngekapte Cherries en neute!

    Liked by 2 people

  4. Toortsie….alles wat jy bestel sal lekker wees. Ek loooovvveeee ander mense(winkels) se kos. So jy kan net kry wat jy wil…ek kla nie want ek maak dit nie! Jippie!!

    Like

Gesels saam, asseblief!