Ag, maar dis lekker om weer mens te voel! Wat is die slaap? ‘n Wondersoete ding.
Nadat ek vir ‘n paar dae net gerus het – geslaap, geëet, gelees en met my huismense gesels het, het die lewe weer begin terugvloei in my lyf. Ek gaan stap langs die see, wat ‘n voorreg, kyk die baie bote wat verbykom – op hierdie oomblik, sonder om my kop of oë te draai, sien ek drie bote, bid vir hulle, borduur, brei, kyk The Crown, sjoe!, wat ‘n plesier, doen selfs soms, net soms, my rugoefeninge. Spandeer tyd met my God.
Ek voel weer mens. Nog nie soveel mens om weer soos ‘n hopballetjie op steroïede te wees nie, maar mens, en dit is ‘n lekker gevoel. Ek doen die minimum, veral wat huiswerk aanbetref. Was net skottelgoed, niks meer nie, ek het mos borde en hoef daarom mos nie van die vloer af te eet nie, of hoe?
Terwyl ek gister so langs die see stap en op ‘n bankie sit en toelaat dat die branders sommer my siel skoonwas, kan ek nie anders as om te dink hoeveel keer hierdie selfde branders al my hart en siel moes skoonwas nie. Hoeveel hartseer ek al hier langs die strand kon wegwas. Wegwerk. Verwerk. Ek onthou dat my pa altyd gesê het dat, as die lewe hom te kwaai gedruk het, hy Koppie Alleen toe gery het en sommer net na die see gekyk het en hy weer moed gehad het. Die see. Ek wonder hoeveel mense al nuwe moed en nuwe krag gekry het van so na die see staar. Ek het dit op ‘n gereelde basis nodig. Ek het nodig om die see te hoor. Te sien. En ek is dankbaar vir elke keer wat ek die voorreg het om dit te kan doen. Dankbaar dat ek na genoeg aan die see woon om hiernatoe te kom as die behoefte daar is. Die see het ‘n manier om jou rustig te maak. Heel te maak. Skoon te maak.
Ek is nog nie weer heeltemal spiekeries nie, maar gee kans, ek sal daar kom. Dit is natuurlik ook nie dat dit sleg gaan met my nie, ek is net nog lus vir ‘n bietjie rus. ‘n Hele bietjie. Intussen, geniet dit waar julle ookal is.
Toortsie
Ag, dis alles so waar wat jy sê. Ons het dit almal nodig. Geniet jou rus terdee.
En ek hou van jou idee van net skottelgoed was. Mens eet mos inderdaad nie van die vloer af nie. 😊
LikeLike
Ek sal vloere was wanneer ons begin vassit daaraan! 🙂
LikeLike
Toortsie, ek is een van daai mense wat voel hoe die negatiewe energie uit my vloei as ek kyk na die branders, die ewige kom en gaan van al daai massa water sit en kyk. Die krag van ‘n brander wat teen ‘n rots slaan, dit stukkend slaan, die kus verander. Daarteenoor voel ek klein.
Lekker vakansie hou. Ons sal tog kom hello sê.
LikeLiked by 1 person
Ja, jy het ook die see van kleinsaf geken. 😁 Ja, kom sê hello. Gaan julle iewers kuier?
LikeLike
Durban. Plekkie genaamd Hlatini by die see
LikeLiked by 1 person
Klink heerlik!
LikeLike
Ek kom van geboorte af gereeld see toe. Alles wat jy oor d see sê is so waar. Die kleur, die beweging, die geruis, die geur, die smaak- daar is min ander dinge so pragtig, so kalmerend en so helend.
LikeLiked by 1 person
Ja jy weet.
LikeLiked by 1 person
Dis so kosbaar om by die see te kan wees! En ek is dankbaar jy raak rustig, want ons adrenalien babas kry swaar met daardie woord…RUSTIG! geniet elke oomblik
LikeLiked by 1 person
Dankie. O is jy ook ‘n adrenalienbaba? ❤️
LikeLike
Soos die engelse se terrible. Stilsit is moeilik maar nutteloos en onproduktief is chaos
LikeLiked by 1 person
Ek het nie altyd so baie adrenalien nie, hierdie jaar was maar net uitstaande.
LikeLike
Jou skrywe straal rustigheid uit, ek is bly jy het jou lewensglasie weer kon volmaak, Toortsie.❤
LikeLiked by 2 people
Dankie liefste Una. Kleinkinders kuier nou by ouma. ❤️
LikeLike
Ek dink ek moet ook see toe gaan.
LikeLiked by 1 person
Die see doen wondere aan enige mens.
LikeLiked by 1 person
Lekker rus
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLike
Hoop jy kry ook ‘n ruskansie.
LikeLike