Dans

Iemand het hierdie video op Facebook geplaas:

Dadelik het ek lus vir dans!

Ek en my man was kranige dansers. Nou nie regte egte Ballroom Dansers nie. Nee, boeredansers. Ons kon sokkie. Langarm dans. Draai en oor die baan sweef. Onder sy arm deur draai, om en om en om.

Ek was ook mal oor die lyndanse van daardie tyd, nou kan ek nie eers meer die name van die liedjies onthou nie. Maar as daardie liedjies gespeel het, was ek deel daarvan. Ag, ek het vreeslik deurmekaar geraak by YMCA, maar het dit steeds geniet.

Ek en my broer het graag die Quack Quack song gedans. Nie een van ons wederhelftes het daarvan gehou nie, dan het ons mekaar gegryp en saam uitermate laf gewees. En daar waar ons inhaak by mekaar se arms het ons behoorlik gehaak en behoorlik gedraai en gelag van oor tot oor. Ons twee het ook graag Zorba The Greek gedans, en ek vermoed ons het dit glad nie reg gedoen soos die regte Grieke dit doen nie, maar wie gee om? Op ons boeremanier het ons dit gedoen, laggende, swaaiende.

Nou dans ek nie er so lekker nie. Ek dink ons het oud geraak, raak sommer vinnig moeg. Is styf. Dalk is dit omdat ons nie meer eintlik dans nie. Ek wonder nog steeds of ons nie, wanneer ons eendag aftree en permanent op die dorp woon, tog dansklasse kan bywoon nie. Ons gewrigte kan mos maar weer geolie raak, of hoe?

Toortsie

13 thoughts on “Dans

  1. O ek is mal oor dans en dans redelik gied op m6 boeremanier.Steeds. Maar my man is n ou krok 3n sien nie meer vir meer as 1 dans kans nie. Lyndanse is vir my te ingewikkeld om te onthou. Ek wil in iemand se arms sweef oor die vloer en die passies doen soos hy( sy?( my lei. Ek dreig al jare lank om te gaan ballroom en latin American. Dalk is 2021 die jaar! Ja! Nou of nooit!

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!